Ek is tevrede met my wapensmid
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Ek is tevrede met my wapensmid
Laat ons net al die goeie werk plaas wat u van u wapensmid ontvang het, as verwysing vir ander skuts en advertensie van net goeie diens....
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Gerrie Coetzee Vuurwapens in Bloemfontein het my 22-250 Rem se loop vervang op 'n Sako 85 aksie en laat Cerakote by Trueworx. Die geweer skiet, al die werk is bitter netjies gedoen.
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Ek het al 2 keer laat werk doen by Geoffrey by Wildman Cape Gate. Kan net goeie goed van hom praat!
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2130
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Trueworx. Dink nie ek hoef verder uit te brei nie.
-
Willem Grobler
- Full Member

- Posts: 154
- Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Tinus van Wyk by Formalito. Al 4 gewere by hom laat bou, restaurasie van ouer gewere en n hele paar onder herstelwerk met verloop van tyd. Baie vinnig en nooit ooit afskeepwerk nie.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 727
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Glen McGill (Oudtshoorn Gunsports)
Izak Hattingh (Trueworx)
Johan van Rensburg (W.R. Wapens, Cradock)
Izak Hattingh (Trueworx)
Johan van Rensburg (W.R. Wapens, Cradock)
Gooi lood!!!!
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Johan van Tensburg het al n paar gewere vir my gebou. Baie baie tevrede net die kwaliteit van sy werk.
-
Lapua
- Sr. Member

- Posts: 485
- Joined: Wed May 03, 2017 7:26 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Dawie Nel by Marksman Arms Pretoria. Hy bou prag gewere en is baie behulpsaam. Sy werk is netjies, en jy kry puik kliente diens.
- toelie
- Hero Member

- Posts: 928
- Joined: Mon Nov 26, 2012 9:10 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Gunworx
Wikus/Jean Lux
Randfontein
Klomp gewere al tussen ons skiet maats gebou en baie werk gedoen op klomp verskeidenheid items, kan net goed praat elke keer en die gewere skiet n koek hou.
Wikus/Jean Lux
Randfontein
Klomp gewere al tussen ons skiet maats gebou en baie werk gedoen op klomp verskeidenheid items, kan net goed praat elke keer en die gewere skiet n koek hou.
.22LR Voere
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
.22LR CZ Varmint
.22-250 CZ Varmint
.22-250 Savage Vlp
.243 Kwagga Savage Vlp
.6 XC Tikka Varmint
.25-06 Ruger Nr1
.300WM Sako
.375 Ruger Howa
.50 cal voorlaaier Buckstalker
.38 Special Rossi
.9mm Glock 17
.9mm Glock 43X
- Alberts
- Full Member

- Posts: 123
- Joined: Fri Jul 13, 2018 8:17 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Stem saam.toelie wrote:Gunworx
Wikus/Jean Lux
Randfontein
Klomp gewere al tussen ons skiet maats gebou en baie werk gedoen op klomp verskeidenheid items, kan net goed praat elke keer en die gewere skiet n koek hou.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Geoffrey Barabal by Wildman by Cape Gate lewer puik werk en is boonop 'n aangename man. Ek sal enige tyd sy werk aanbeveel. Klink my sy broer lewer ook puik werk.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1995
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Chris Kruger van Armtec. Al n paar roere van hom teruggekry. Werk is uiters netjies en die roere SKIET!!!
Met n vleisie...
Met n vleisie...
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13626
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Soos al reeds genoem, Trueworx via G&G
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
GR Gunsmithing Klerksdorp (Oom Gert Le Roes)
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
JVT172
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Tue Jun 26, 2012 9:47 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Ralph Badenhorst - Ermelo
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5027
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Nog 'n +1 vir Dawie Nel by Marksman Arms Pretoria.
My 375 weer mooi uitgesorteer met die headspace probleem.
My 375 weer mooi uitgesorteer met die headspace probleem.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3987
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Morkel & Crouse - Stellenbosch, Oom Johan het al twee gewere van my gered wat ander wapensmid lelik opgevoeter het.
Terry harrison - Hulle werk is great jy voel soms net soos kind wat uitgeskel word, geweer werk wel perfek na werk, so ek kla nie.
En dan my gunsteling Oom RW Basson in Vredendal, hy is jou pel na hy jou gehelp het en hy bou gewere wat raak skiet.
Terry harrison - Hulle werk is great jy voel soms net soos kind wat uitgeskel word, geweer werk wel perfek na werk, so ek kla nie.
En dan my gunsteling Oom RW Basson in Vredendal, hy is jou pel na hy jou gehelp het en hy bou gewere wat raak skiet.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
savage(P Coetzer)
- Hero Member

- Posts: 973
- Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Klein Hijack hier van my kant af. Ek dink as hier n draad was waar mens anoniem n geweersmid kon name en shame sou hy nogals besig wees. Ek sê juis anoniem omdat daar n paar “heilige koeie” daar buite is wat vir hul goeie vriende puik werk verrig maar vir baie average joe’s lelik indoen met sub standaard werk en in sekere gevalle sommer skandalige werk. Ok jammer, klaar gehijack.
-
Cbird
- Full Member

- Posts: 227
- Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
savage(P Coetzer) wrote: Wed Apr 29, 2020 10:16 am Klein Hijack hier van my kant af. Ek dink as hier n draad was waar mens anoniem n geweersmid kon name en shame sou hy nogals besig wees. Ek sê juis anoniem omdat daar n paar “heilige koeie” daar buite is wat vir hul goeie vriende puik werk verrig maar vir baie average joe’s lelik indoen met sub standaard werk en in sekere gevalle sommer skandalige werk. Ok jammer, klaar gehijack.
Savage dankie vir die "hijack" ons moet kan gesels. Ek stem saam met jou dat dit wel gebeur dat sekere mense verskillende dienste kry, maar dit is nie die bedoeling van hierdie onderwerp nie. Ek glo dat wapensmede sekere ervarings, talente het en dat hulle daarom sekere kalibers beter bou as ander of beter is in spesifieke dienste. Die doel van hierdie onderwerp is om ons skietgemeenskap in te lig oor elke wapensmid se spesialiteit as ek dit so kan noem, en ook soms gebruik ons 'n wapensmid in die ander kant van die land, net omdat ons nie geweet het van die een voor ons deur nie.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Ek is self baie gelukkig met oom Gert se werk en kan nie kla nie. Elke geweer van my wat deur sy hande is, is kookwater.
Aim small, miss small
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Tautau wrote: Wed Apr 29, 2020 10:00 am Morkel & Crouse - Stellenbosch, Oom Johan het al twee gewere van my gered wat ander wapensmid lelik opgevoeter het.
Terry harrison - Hulle werk is great jy voel soms net soos kind wat uitgeskel word, geweer werk wel perfek na werk, so ek kla nie.
En dan my gunsteling Oom RW Basson in Vredendal, hy is jou pel na hy jou gehelp het en hy bou gewere wat raak skiet.
RW Basson is eersteklas.
- musgrave270
- Hero Member

- Posts: 921
- Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Erik ( Maranatha Vuurwaoens) by Extreme hunting in Bfn was nog altyd net goed vir my. Die manne wie ek ken wat werk by hom laat doen het is ook baie tevrede.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Jovan de Klerk van JDK precision Upington, Ek was skepties oor Jovan nie 'n bekende naam is nie, maar ek het die man se woord gevat! hy mag maar 'n geweer bou en aksie blueprint! na my toets om te bevestig my teleskoop is stukkend het ek 7mm groep op 100m geskiet met Weaver K-4 4x32 teleskoop! sy werk is tops!
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
Het ‘n idea hy bou van die Noord kaap Bisley mane se gewerealecjohnson wrote: Wed Apr 29, 2020 10:41 pm Jovan de Klerk van JDK precision Upington, Ek was skepties oor Jovan nie 'n bekende naam is nie, maar ek het die man se woord gevat! hy mag maar 'n geweer bou en aksie blueprint! na my toets om te bevestig my teleskoop is stukkend het ek 7mm groep op 100m geskiet met Weaver K-4 4x32 teleskoop! sy werk is tops!
-
Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 835
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Ek is tevrede met my wapensmid
In my beskeie opinie dink ek mens gaan sukkel om n beter geweersmit in die land te kry as Chrisjan Diedericks. Ons mag spanmaats wees maar ek moet bieg nog ELKE geweer wat hy vir my gebou het skiet ongelooflik.
Ek het die drie verskillende groepe met drie verskillende gewere wat hy vir my gebou het in een oggend geskiet.
Ek het die drie verskillende groepe met drie verskillende gewere wat hy vir my gebou het in een oggend geskiet.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
