Buffalo down before the lockdown

Enige interresante verhale wat jy beleef het kan hier geplaas word.
Any interesting stories you have heard of or have experienced.
Post Reply
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Die hele storie begin in laas jaar waar my neef my bel en sê hy kyk na ñ grootkaliber geweer. Hy boer naby Mosselbaai en het nie geleenthede om van die groter goed te kan skiet nie, so ons hou maar aan praat en ek raai hom toe aan om in die 375 rigting te kyk ipv die heel groot manne aangesien hy hulle nog nie geskiet het nie. Ons spoor toe verbasend vinnig ñ pragtige Winchester Mod 70 op in 375 en hy byt toe dadelik.

Sy aansoek is in en dit sloer maar soos gewoonlik. Met al die opgewondenheid begin ons oor buffel jag praat en die man het my aan die soek en soek toe ook self. Ek kry so paar opsies vir koeie en hy kom toe op ñ uitstekende winskoop vir ñ buffel bul naby Riversdale (aan die Ladysmith kant van die berg). Hy en die boer praat en die bul is geboek.

Sy kaartjie sloer, maar toe die kaart land is hy op die vliegtuig en oppad Pretoria toe om die roer te gaan haal. Hy is toe aan die skiet en lading ontwikkel en nou moet ons datums vasmaak. Ons bespreek toe vir die Maart vakansie en ek en my gesin ry die Vrydag die 20ste sommer reg deur van hier af. 1450km vêrder. Oor die naweek is al wat mens hoor Corona, maar ons fokus net op die jag, en is toe Maandag oggend daar weg na die jagplaas. Net ek en my neef en ñ jongman van die plaas, geen PH of niks.

Gou die gewere se zero gaan bevestig en toe begin rond ry om te kyk of ons die uitskop bul kan opspoor. Ek het nie geweet wat om van die veld te verwag nie, hierdie is harde wêreld, fynbos en proteas, hier en daar doring bome en vleilande vol riete, skielik besef ons hierdie gaan nie net maklik wees nie. So groot soos ñ buffel is so maklik verdwyn hulle ook. Berge en dale, klipperige grond en fynbos al 1000ha van die wildskamp. Ons spandeer seker 5 ure en spoor die buffel trop op, maar nie dié bul nie. Volgende oggend help almal soek, want die tyd is min en mens beweeg stadig op die plaas weens die klippe. Die boer fluister in my oor van die lockdown wat aangekondig is en ek word senuweeagtig, maar jag jag ons. Ons het ñ hele stuk waar hy gereeld gesien is op die voet deurgekam maar niks gekry. Later die dag het hulle hom gesien en ons is in daai rigting. Ons het toe weer op die voet begin soek in die area, en gewaar toe op ñ stadium 2 horing punte waar die man lê onder ñ bos. Die wind was gunstig, en ons bekruip stadig nader, op 50m is die manne reg en ek sê toe nee kom nader. Ons beweeg toe stadig tot op 30m. Ek bulk toe om die bul te probeer wakker kry, maar dit werk nie, toe breek ek ñ stukkie tak af en gooi dit na hom, hy speel toe saam en spring op en draai na ons en staar na ons nes ñ buffel kan! Daar is toe ñ gebrande boom stomp voor sy hart area en ek probeer nog planne maak toe die skoot klap! Die buffel val soos ñ sak patats en ek dog toe op ñ bladskoot is dit moeilikheid! Ek skree kom en skiet weer. Neef hol toe voor en by hom gekom sê ek toe skiet weer! Deur die rug. Hy wou nog stry toe sê ek skiet! Hy skiet toe nog ñ skoot deur die ruggraat.

Dis toe dat ek hom vra waar sit sy eerste skoot en hy my inlig dat hy hom in die kop net bo die neus geskiet het! Dit na ek die heeltyd vir hom sê net bang ouens skiet buffels in die brein met die eerste skoot ;D

Welgedaan neef, was ñ voorreg vir ons eerste jag saam!

Ons het die volgende oggend vroeg moes laai en terug Mosselbaai toe, waar ek toe weer my bakkie gelaai en terug gery het huistoe. Was darem Donderdag net betyds voor die lockdown.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by DWB on Sun Apr 05, 2020 6:48 am, edited 2 times in total.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Lategan1 »

Dankie vir deel en mooi storie. 🎯

Ek stap enige tyd saam met daai neef v jou! Uitstekende keuse roer.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Lategan ek het darem my 404 byderhand gehad, dis dalk hoekom hy so half wintie gevoel het ;) ;) ;)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
wynis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 422
Joined: Mon Oct 01, 2018 7:31 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by wynis »

Mooi so manne!


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Smitstertjies »

Lekker Deon!


Sent from my iPhone using Tapatalk
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2940
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Lategan1 »

Ja nee, ek stap ook windmaker met my 375 langs ‘n 404🤓

Lekker om te weet hy is naby!!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by tripodmvr »

Daardie is toe 'n regte ruggraat skoot. Baie geluk aan julle manne.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Frederik »

Dankie vir die deel Deon.
User avatar
Blitzzz
Hero Member
Hero Member
Posts: 572
Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Blitzzz »

Goeie neef wat jy het... goeie mense die van Zyl’s.

Klink of julle dit geniet het en dankie vir die deel.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Blitzzz ek is bly om te hoor hy gedra homself darem ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by ruaanb »

Welgedaan!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5020
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Frederik »

Ja nee kyk daardie Winnie het mooi huis gekry my vriend is hartseer maar die fondse het sy seun gehelp vir 'n VSA rugby toer.
JY kan sien dardie bul het mooi Addo gene met die horings wat nie drop nie en lekker harde boss prag bul vir daardie area.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Nico de Jager »

Baie mooi! Jy was naby my gewees!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Jis Nico, as die tyd nie so min was nie het ek kom groet! Aan julle gedink toe ek daar deur ry :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
PVZ
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Apr 05, 2020 1:09 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by PVZ »

Dankie neef en almal! Dit was ‘n lorrie vrag se pret!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Welkom hier!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7545
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Wouter Roets »

Geluk Manne! Welgedaan!
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by Mellies »

Eeeendag....

Met n vleisie...
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Mellies, maak seker jy hwt die regte geweer en wees reg! Kanse kom verby! Ek het ook wragtig gedink ek sal dit nooit kan doen nie, en nou wil ek nie ophou nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3940
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by tau »

Baie geluk!!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
PVZ
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Apr 05, 2020 1:09 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by PVZ »

0248B1A7-A658-402D-AFD6-EA8F2E639079.jpeg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Smart!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
william007
Hero Member
Hero Member
Posts: 775
Joined: Mon Feb 24, 2014 2:02 pm

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by william007 »

Baie geluk et die Buf.
Baie mooi .
Nou het die goga gebyt.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6968
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffalo down before the lockdown

Post by DWB »

Hahahahaha William,

Meeste manne weet nie hoe hard daai gogga kan byt nie!

Die ergste is so paar minute na die eerste een geval het wil jy dit dadelik weer doen!!!!!!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Post Reply