Jaracal Reloading Data Base

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Jaracal Reloading Data Base

Post by Ralph »

Goeie Dag Manne!

Ek het ondervind dat vir my soms moeilik is om herlaai data te vind op die forum. Dit kos soms redelik tyd en daarby kan die ouens by tye ook redelik van die topic af dwaal. Ek wil dus graag 'n voorstel maak in terme van 'n data basis bou vir herlaai. Hierdie data basis moet in 'n tabel formaat wees met bestaande hofies vir inligting benodig. Ek dink byvoorbeeld aan die volgende inligting vir so 'n tabel:

Caliber
Make
Twist
Barrel length
Bullet make
Bullet weight
Seating depth
Powder Type
Powder Weight
Case make
Case length
Av. Speed
Grouping
Grouping Distance
Area/Location
Member details (?)

Hierdie hofies sal natuurlik horisontaal (accross) op die tabel wees en elke ou kan op die een of ander manier geleentheid kry om sy data te post. Natuurlik moet die persoon wat dit ge-post het ook ge-identifiseer word op die tabel met sy forum naam en dalk ook sy epos adres of iets (soos heel onder aan lys aangebring).

Ek is nie seker hoe moontlik hierdie data basis is nie maar ek sal graag wil hoor wat julle hiervan dink, veral die ouens wat na die forum omsien.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Jaracal Reloading Data Base

Post by Wouter Roets »

Hallo Ralph

Ek sien geensins om na die forum maar gee wel om vir hom. ;)

Ek verstaan presies wat jy wil beoog en hierdie is ook nie die eerste keer dat so n voorstel gemaak is nie. Die realiteite van die skietwereld is ongelukkig van so n aard dat daar net te veel veranderlikes bestaan om hierdie sinvol toe te pas. n Lading wat in my geweer met sy unieke kamer, loop demensies gepaardgaande met die Lot kryt wat ek gebruik het gaan nommer een moontlik nie in  jou spesifieke wapen kombinasie werk nie of erger gaan dit dalk lei tot gevaarlike drukvlakke. Ek raai hierdie beginsel af en stel liewer maar voor ons benader elke wapen individeul. Hier is genoeg manne op die forum wat nou al vertroud is met QL en die nodeprogram om die meeste navrae te hanteer. Ek weet dit vat bietjie langer as om net gou n lading op te kyk maar glo my dit is baie veiliger en die resultate is beter.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Ralph
Full Member
Full Member
Posts: 144
Joined: Thu Dec 16, 2010 9:03 pm

Re: Jaracal Reloading Data Base

Post by Ralph »

Hi Wouter

Ek verstaan die veiligheids aspek heeltemal en ek stem met jou saam dat wat in die een geweer werk moontlik gevaarlik vir die volgende een gaan wees. My fokus was egter daarop gemik om die "uitruil" van herlaai data meer "organised" te maak. Dit word dan reeds gedoen, onveilig of nie!

Ek het nie 'n probleem daarmee as dinge bly soos dit is.

'n Geseende jaar aan almal en mag ons hierdie jaar baie meer reguit skiet as voorheen.

Groete
Ralph
Shoot more, shoot more often!
Post Reply