Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek gebruik ene, en behalwe vir die feit dat hy bietjie raas (dus maar die doppe wat tumble) werk hy heel gaaf. Hy seël 100% en die verstelbare spoed asook die vorentoe/agtertoe opsie soos 'n wasmasjien is nogal oulik.
Ek het ook een. Ek dink hy was so 3 jaar terug R2000 by BJ Oberholzer. Die plat panele aan die kant het na so twee jaar begin los kom, en die deksel het later nie geseël nie. Ek het die panele toe weer met epoxy geplak en n stuk threaded bar op elkeen van die 6 kante deurgesit om die spanning op te neem. Ek moes ook n nuwe, dikker deksel uit nylon draai op die draaibank. Hoewel hy nou weer werk dink ek jy is beter af om n SA Tumbler of selfs een van die goedkoper herlaai fabrikate soos Frankfort Arsenal sin te koop