Page 1 of 2
Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 10:25 am
by SmitH
More almal. Manne julle moet nou help ek wil nog n geweer aanskaf ek het n 3006 en 222 die 222is oppad na my dogter. Ek kyk na 243, 2506 en 6.5 Creedmoor kan 243 bull barrel s/s 24" loop vir R9500. 2506 dun loop R7900. Howa. Nou my vraag meeste raai my af van 243 as gevolg van die rede dat jy sukkel om hom te laat skiet en swaar op doppe is
Groete SmitH
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 10:35 am
by Geno
Koop daai .243 en Ackley hom met n lekker kort freebore reamer. Man gaan sukkel om n beter ongedierte/vlakteskiet geweer te kry.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 10:37 am
by Malan123
Stem saam Geno en wie okal gese het jy sukkel om 243 aan die gang te kry, praat . Party mense gee baie vinnig 'n kaliber die skuld. Daai 243 howas kan skiet. Kry net ordentlike doppe. As.jy lapua doppe reg hanteer gaan hulle baie lank hou, veral as jy ackley
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 11:36 am
by J le Roux
Ek is nie so seker of dit almal se koppie tee is om 'n rakgeweer nuut te koop en hom dan te laat super duper by 'n geweersmit nie.
Kom ons verstaan eers wat SmitH se planne en behoeftes vir die geweer is. Daar is wel manne wat kla oor die .243 dope se doughnuts, terwyl ek van minder klagtes oor die 25-06 en 6.5 CM hoor. Of jy doppe gaan uitgloei sal ook bepaal hoe lank die dope gaan hou.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 11:43 am
by SmitH
Omdat my 222 na my dogter gaan moet ek weer n kleiner kaliber aanskaf hy sal gebruik word om klein en med wild en jak ens te skiet
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 12:12 pm
by Toxxyc
Hoekom nie net vir haar 'n nuwe .223 of iets koop nie? Dan hou jy wat jy het, en wat werk, en laat haar toe om iets te kry wat sy wil hĂȘ? Kaliber wat sy kies, kolf wat haar pas, optic wat sy van hou, ens?
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 12:16 pm
by SmitH
Jy verstaan nie maat ek wil n nuwe gun he
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 12:20 pm
by Gian_dP
Koop n vir jou met geruste hart die 243, met n boks Lapua doppe. Paar pakkies 87gr VMAX of Bergers en jy is omtrent sukses gewaarborg.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 12:34 pm
by pwdejager
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 12:37 pm
by Matewis28
Gian_dP wrote: Mon Jan 13, 2020 12:20 pm
Koop n vir jou met geruste hart die 243, met n boks Lapua doppe. Paar pakkies 87gr VMAX of Bergers en jy is omtrent sukses gewaarborg.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Presies wat ek gedoen het net met Norma doppe. En hy het van die wegtrek af sommer met fabrieks-ammunisie op target gewees. Tans besig om silencer op te sit en dan hierdie jaar sal die Vmaxe loop!
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 2:53 pm
by Toxxyc
SmitH wrote: Mon Jan 13, 2020 12:16 pm
Jy verstaan nie maat ek wil n nuwe gun he
Haha ek verstaan! My 2c - ek sou die 6.5CM gevat het. Lekker kaliber. Ek is baie beindruk met die rondte. Min terugskop, goeie trajek, maklik om te laai, pragtige rondte. Hy tick al my boksies. Ek het nie een nie, maar sal nie omgee om een te besit nie. Soek Oom spesifiek 'n .22-kaliber rondte later ook?
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 3:01 pm
by Witpietskiet
Almal "rave" so oor die 6.5CM maar ek weet nie van 1 jakkals jagter wat met 1 nag jag nie.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 3:38 pm
by PetrusB
Witpietskiet wrote: Mon Jan 13, 2020 3:01 pm
Almal "rave" so oor die 6.5CM maar ek weet nie van 1 jakkals jagter wat met 1 nag jag nie.
hahaha lag ek nou lekker vir die waarheid.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:06 pm
by Hein M.
Geno wrote: Mon Jan 13, 2020 10:35 am
Koop daai .243 en Ackley hom met n lekker kort freebore reamer. Man gaan sukkel om n beter ongedierte/vlakteskiet geweer te kry.
Beste raad

Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:14 pm
by Geno
Witpietskiet wrote: Mon Jan 13, 2020 3:01 pm
Almal "rave" so oor die 6.5CM maar ek weet nie van 1 jakkals jagter wat met 1 nag jag nie.
Presies. Ek weet ook van geen bok oester wat met een springbokke, blesbokke ens. oes nie.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:17 pm
by tau
EK het die ,243 en 6.5 Creedmoor. Het nou die Creed verkoop. Great teiken roer en veral LA skiet, nie great jag roer nie. Te stadig en dial vir ongediertes en oes en te klein om Groot bokke ver of baie naby te skiet.
Howa .243
Lapua doppe
87gr Vmaxe 3120fps rond.
Goedkoop en pret.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:18 pm
by tau
Ek kan wel noem my ou .243 Vektor het my naar gemaak met doppe en donuts. Die Howa en Lapua's weet nog van niks.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:20 pm
by Witpietskiet
Geno wrote: Mon Jan 13, 2020 4:14 pm
Witpietskiet wrote: Mon Jan 13, 2020 3:01 pm
Almal "rave" so oor die 6.5CM maar ek weet nie van 1 jakkals jagter wat met 1 nag jag nie.
Presies. Ek weet ook van geen bok oester wat met een springbokke, blesbokke ens. oes nie.
Maar jy moet onthou 6.5CM skieters is snipers en nie jakkals-jagters of bok-oesters nie...

Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:22 pm
by Hein M.
tau wrote: Mon Jan 13, 2020 4:18 pm
Ek kan wel noem my ou .243 Vektor het my naar gemaak met
doppe en donuts. Die Howa en Lapua's weet nog van niks.
Seat daardie 87 V-Max'e dieper as die nek van die doppe? Vra net, want ek het destyds met myne net baie ligte punte geskiet... Weet dat die swaar, lang punte wat dieper seat die DN's veroorsaak...
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:26 pm
by Malan123
6.5 CM skiet is soos scooter ry. Dis lekker tot jy vriende daarvan uitvind...
Die 243 ackley sal jou nie teleur stel nie
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:32 pm
by BeesBreet
Ek het n 6.5 en kan eerlik se dit is presies wat jy nie wil he vir jou doel nie.
6mm soos die manne se sal mooi werk. 22-250 ook
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 4:56 pm
by tripodmvr
O hel, daar is die 243 en 270 weer in tel. Geen wonder daar is so baie van hulle in die Ooskaap, Vrystaat en Karoo nie.
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 5:04 pm
by tau
Malan123 wrote: Mon Jan 13, 2020 4:26 pm
6.5 CM skiet is soos scooter ry. Dis lekker tot jy vriende daarvan uitvind...
Die 243 ackley sal jou nie teleur stel nie

Net so. Groepsdruk maak dat jy hom moet verkoop.
Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 5:23 pm
by Apie
243AI Tikka Varmint
70gr Varmegeddon 0.3mm gejam
1ste 5 skote
Skoot 1
Stel af skiet 4
3550fps op node


Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe geweer koop
Posted: Mon Jan 13, 2020 5:58 pm
by Hein M.
Apie wrote: Mon Jan 13, 2020 5:23 pm
243AI Tikka Varmint
70gr Varmegeddon 0.3mm gejam
1ste 5 skote
Skoot 1
Stel af skiet 4
3550fps op node


Sent from my iPhone using Tapatalk
Baie netjies, wow
