Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het gewonder om 'n rangefinder te koop en gedog ek sal R3000 opsy sit...
Kan 'n man iets oordentliks koop in daai prysklas?? Dis seker ook maar 'n ding wat 'n ou net eenkeer wil koop..
(moet maklik met 1 hand kan werk, eks mos bietjie kruppel )
Ek luister graag na almal se insette
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Cobb
As net goed wil range wat naby is, is die R3000 genoeg maar as jy 'n geweerjagter is gaan jy baie frustrasies h?. Glo my, ek het met baie van die goed gespeel en die meeste van die in die R3000 range nie so lekker op kleiner bokke nie. daar is ook nie altyd 'n berg of boom of iets dergeliks groot naby waarteen jy kan range nie. As ek jy is byt ek vas totdat ek meer geld kan wegsit en koop dan Leica se CRF1600. Hierdie dingetjie is een van die bestes op die mark (in my o? die beste). Het hom nou die dag met Swarovski se rangefinder/verkyker getoets en hy gooi hou vir hou saam met die Swarovski. Is net baie, baie kleiner en baie, baie goedkoper en die goed van Leupold, Bushnell en Nikon kan glad nie kers vashou by hom nie. Hy is ook baie beter as die rangefinder wat Leic in hul verkyker inbou. Ek weet want ek het so een ook.
Groetnis
Van al die goedkoper rangefinders is daar niks wat die Nikon klop nie. Die Nikon 1000 kos seker so in die omgewing van R 3600.00 by S & O. Ek het so een gehad, en alhoewel hy nie saam my Leica 1600 kan range nie, sit hy al die ander goedkoperes ore aan en kan hy meeste bokke range binne normale skietafstande tot so 350m.
Ek moet die stukkie ten gunste van Leopoldt rangefinders vertel.
Op 27 Desember doen ek 'n dag skiet vir jakkals wat iewers elders op die forum vertel is. Na ek klaar is het ek al my goed in sakke gesteek en bakkie toe gestap. Alles mos mooi by die huis ook gebere. Maar laas week begin ek almal skuld gee want my rangefinder is soek. Hy is nie in my goodies box nie. Vanoggend ry ek weer daar waar ek laas geskiet het en dink so by myself, klim op na die voorsit plek en gaan kyk of hy nie dalk daar agtergebly het nie. Kry die 22-250 doppie maar niks anders. Ek weet nou hy is weg. Klim in die bakkie en ry seker nie 300m en daar le hy in die pad, sakkie verblyk, rangefinder lekker vol grond van natreen en nog 'n "birddropping" ook op hom.
Haal hom uit en kyk deur hom, druk die knop en hy range perfek na 2? maande in die elemente. Sekerlik my geskenk van bo dat niemand daai pad gebruik het die laaste tyd nie, anders was hy regtig weg.
Dit moet 'n paar punte beteken vir Leopoldt rangefinders.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Cobb
Luister na goeie raad. Ek stem saam met Koos Barnard.
Ek sal my geweer vergeet maar my verkyker en rangefinder is altyd saam met my as ek jag. Ek het die 900m Leica en is baie tevrede. (Sal die nuwe 1600 verkies)
Ek het leer afstand skat vir boogjag (3D Bowhunter) en die rangefinder altyd gebruik vir korreksies om my skat 100% reg te kry tot 60 Yards.
My eerste een was 'n Bushnell yardage pro en my tweede een 'n Nikon550. Altwee het gebreuk want hulle bere plek is in my bakkie. Die grondpad eis sy tol. Ek verniel nie toerusting nie maar my moet sy werk doen.
Wat ek van die Nikon gehou het is dat hy klein was en in my hempsak mooi pas. Hy het maklik deur skadunet gerange as ek uit die hide gejag het. My Leica kan dit nie doen nie.
Die leica het egter 'n plus punt. Sy rectical is rooi en verlig. As ek in die aand ver skote vat sal ek altyd seker maak van die afstand. Met die Nikon en Bushnell moes ek altyd in die lug opkyk om die afstand te sien omrede dit nie verlig was nie.
Spaar 'n maand of twee langer en geniet jou Leica vir 10 jaar en meer.
'n Goeie rangefinder, verkyker en kamera is 'n MOET vir enige jagter.
Groete
Zack
Manne
Jy moet darem partykeer vir jou self kan lag.My vriend het een van hierdie Leica rangefinder verkyker kombinansies ek vat die ding en kyk deur hom druk die knoppie omte range en boggerall ek dog my hell die ding werk nie of ek het hom sopas gebreek.Toe sal ek agterkom hy range net deur die regterkantse lens en ek is blind in my regter oog . So manne met die een oog hy werk maar nie vir ons ouens nie
Beretta
Geno
Jy is weer skerp vandag nog nooit so daar an gedink nie of miskien kan twee ouens met een oog dieselde tyd deur hom kyk mits dit links en regs is en dieselfde teiken is .
Beretta
Wil miskien verklaring gee hoekom Nikon en Leica se name genoem word as die beter presteerders. Hulle is albei jare lank bekend vir hul opmeet instrumente waar eerstens die infrarooi en later die laser vir akkurate afstandmeting gebruik is. Hulle kon dus voortbou op bewese tegnologie.
Cobus om weer terug te kom na jou prysklas. Ek het 2 rangefinders by Nikom gekry om te toets met een van ons jak jag kursusse. Hulle het my die 550 en 1000as geleen. Beide gee dieselfde lesing tot waar ek kon meet. Ons was in Parys en die veld is maar redelik vol bome so 300-400m is maar skaars gewees. Ek en meeste van die ander manne kon wel duidelik die helderheids verskil in die 2 sien.
Ek het toe die 1000as aangeskaf en ek is vir eers tevrede vir die geld wat ek spandeer het R4000 was my max en ek glo ek het daarvoor reg gekoop. Ek sal egter nie die 550 koop nou dat ek deur beide gekyk het nie.
Peet
Last edited by Pvdw on Sat Mar 17, 2012 7:25 pm, edited 1 time in total.
Dankie vir almal se replies..
Peet, ek het so 2 naweke terug met my swaer se Nikon 550 Pro staff gespeel...vir my OK gelyk maar het niks gehad om hom mee te kon vergelyk nie, so dis vir my 'n "rubber ruler" effek..
'n ander gawe forum lid het 'n Vector optics, maar ek wonder hy nie te klein vir my hand is nie..??
Wat van Rudolph optics se Rangefinder?, het iemand al met hom gespeel?wat is sy prys?
|Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Ek het n Nikon monarch gold 1200 rangefinder, was baie tevrede,kon gemaklik groot goed op 1100 meter range, tot hy per ongeluk van die bakkie afgeval het, nou werk hy nie meer nie en Nikon se hy moet terug na USA om weer gekalibreer te word, dit kan nie in SA gedoen word nie.
Peet, skuus,ek het jou nou verloor...van watter RANGER praat jy nou?
Cobus
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
ek wil ook begin kyk na 1. maar, ek verstaan nie? wat is die verskil tussen die nikko stirling, en die duures? is dit akkuraatheid? ek soek net 1 wat vir my kan se of dit 100, 150, 200 og 250 is, naastenby. dan sal die RSA vir die res sorg. dis vir jakkalsjag. ek soek 1 wat tot 400m kan lees. as hy se 400, maar dis 380, gaan dit nie veel verskil aan my maak nie. dis anyway beter as wat ek kan skat. en in die nag het ek nie 'n idee of ek 150 of 250 is nie. is dit regtig nodig om so duur te gaan? of praat ek nou bollie?
Cassie
Die goedkoper rangefinders kan nie klein objekte soos 'n jakkals akkuraat meet nie. Dis nie 'n geval van dat jy 380 kry as die werklike afstand 410m is nie. Jy kry met die goedkoop goed glad geen lesing op klein diere oor 200m nie of as die ligtoestande nie na wense is nie. Baie mense het van die goedkoop goed gekoop net om te besef hulle kan nie eintlik verder as 200m range op klein diere nie. Ook op rangefinder onvriendelike oppervlakte gee goedkoop produkte geen lesing nie waar die dures jou 'n lesing gee. As jy geld het om in die water te gooi, koop een van die goedkoop rangefinders. (Of as jy regtig lus is vir sukkel gaan koop 'n tweedehandse petrol grassnyer).
Mooi loop
more manne
ek hoor wat jy se. dis net, ek wil die ding net gebruik om randjies te meet as ek op staanplek kom. glad nie om 'n jakkals self te meet. maar, daar gaan seker die keer kom wat ek iets wil range. ek vra maar net vir interesantheid. moet in elkgeval wag vir die wol tjek...
Cassie, al randjies wat jy gaan meet met die cheepies, is die Randjies wat jy in die water gaan gooi. Koop eenmaal en koop klaar. As ek dit gedoen het van die begin af, het ek n paar Randjies gespaar