308 na 243
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
308 na 243
Ek glo hier is seker iemand wat dit al gedoen het. Ek wil my graag my Sako L579 308 se loop vervang met n 243 loop?
Wat moet ek als in ag neem? Sal vir my n eerste wees om ‘n loop te vervang.
Ek het reeds n 30-06 wat n barshou skiet en die outjie staan net in die kluis. Ek sal ‘n 243 baie meer gebruik.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 na 243
Doppe is dieselfde en daarom behoort dit tegnies maklik te wees. Die kaliberwysiging moet deur die CFR gaan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: 308 na 243
Jy kan dit ook oorweeg om die 308 te verkoop en dan n 243 te koop. Dit kan dalk goedkoper wees.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: 308 na 243
Dankie julle.
Het dit oorweeg, maar weet nie of ek weer n Sako sal kan koop nie. Die ander trek pleister is dat ek my eie loop lengte, profiel en twist rate kan kies. En, die geweer was nuut gekoop deur my oupa. So ek sal hom seker moet hou.
Is dit die moeite werd om n loop op n L579 aksie te sit? Sal hy n 26/28” loop kan dra?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Het dit oorweeg, maar weet nie of ek weer n Sako sal kan koop nie. Die ander trek pleister is dat ek my eie loop lengte, profiel en twist rate kan kies. En, die geweer was nuut gekoop deur my oupa. So ek sal hom seker moet hou.
Is dit die moeite werd om n loop op n L579 aksie te sit? Sal hy n 26/28” loop kan dra?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 308 na 243
Blitzzz ja doen dit jy sal nie speit wees nie, besluit eers watter koeël jy wil skiet, dan kies jy daarvolgens loop.
Kan ek jou aanraai om dadelik na 243 AI te gaan, kan hom laai nes 243 net laer druk kry nie die dounut probleem nie of jy kan hoër spoed kry, en jou doppe trim jy ook baie min.
myne het ek gebou met 32duim loop maar lelike toolmerk het my gedwing om af te kom na 29.6 duim, daai geweer skiet 'n barshou.
Hoor maar by wapensmid oor aksie sterkte, maar kan nie sien dat dit 'n probleem gaan wees nie.

Forester
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Wed Aug 28, 2013 8:51 am
Re: 308 na 243
Ek het 'n 28" medium palma loop op 'n L579 aksie geskroef - skiet soos 'n droom.
Jou enigste probleem gaan waarskynlik die kolf wees, indien jy 'n dikker loop profiel wil opsit, gaan daar nie genoeg hout op die kolf wees nie en gaan jy dit dus moet vervang. Kolwe word ongelukkig nie algemeen vir die L579 aksie gemaak nie, ek het toe die roete gestap om 'n kolf te laat bou.

Wynand
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
470NE; 404Jeff; 375H&H; 300WM; 30-06; 308; 6XC; .22LR; 12br x3; 40S&W; 9mmP
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: 308 na 243
Dankie vir die motivering, nou kry ek sommer nuwe lus vir die proses. Ek sal seker die 243AI roete gaan.
Watse twist sal julle voorstel vir die 87gn Vmax?
En soos ek verstaan moet ek twee prosesse deur die CFO vat, die kaliber verandering en ook die loop vervanging. Kan ek albei in een proses afhandel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Watse twist sal julle voorstel vir die 87gn Vmax?
En soos ek verstaan moet ek twee prosesse deur die CFO vat, die kaliber verandering en ook die loop vervanging. Kan ek albei in een proses afhandel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 na 243
As jy 'n lang loop wil kry sal 'n 1 in 7,5 groefdraai dit moontlik maak om tot 115gr DTAC koele te skiet. Dit en die 243AI behoort mooi saam te loop. Onthou dan dat die ander 6mm's ook gebruik kan word as hulle dopgrootte reg is vir die slotkop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: 308 na 243
As dit nie spesifiek 'n 243 hoef te wees nie het jy BAIE opsies! Wat presies wil jy met die geweer doen?
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 308 na 243
As jy net met 87gr vmax wil skiet en spoed jaag gaan jy 'n 1:10 moet kry, my loop is 1:8 en ek kan nou nie hoër as 3390fps node kry nie, want dan spin die koeël te vinnig (Vmax 87gr kan nie meer as 310000 rpm hanteer nieBlitzzz wrote:Dankie vir die motivering, nou kry ek sommer nuwe lus vir die proses. Ek sal seker die 243AI roete gaan.
Watse twist sal julle voorstel vir die 87gn Vmax?
En soos ek verstaan moet ek twee prosesse deur die CFO vat, die kaliber verandering en ook die loop vervanging. Kan ek albei in een proses afhandel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
met 30 duim loop AI sal jy so 3500fps kan kry met 87gr vmax
Jy kan maar rondspeel hier is die vereenvoudigte formule: rpm = fps x 720 / draai in duim
- Finder20
- Sr. Member

- Posts: 466
- Joined: Tue Jun 27, 2017 8:30 am
Re: 308 na 243
Middag en hoe werk mens uit wat is die maximum rpm van n spesifieke koel?alecjohnson wrote:As jy net met 87gr vmax wil skiet en spoed jaag gaan jy 'n 1:10 moet kry, my loop is 1:8 en ek kan nou nie hoër as 3390fps node kry nie, want dan spin die koeël te vinnig (Vmax 87gr kan nie meer as 310000 rpm hanteer nieBlitzzz wrote:Dankie vir die motivering, nou kry ek sommer nuwe lus vir die proses. Ek sal seker die 243AI roete gaan.
Watse twist sal julle voorstel vir die 87gn Vmax?
En soos ek verstaan moet ek twee prosesse deur die CFO vat, die kaliber verandering en ook die loop vervanging. Kan ek albei in een proses afhandel?
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
met 30 duim loop AI sal jy so 3500fps kan kry met 87gr vmax
Jy kan maar rondspeel hier is die vereenvoudigte formule: rpm = fps x 720 / draai in duim
Luister graag..
Veteran - British Army - Brigade Recce Force
22LR CZ 452 Lux Modified
6.5 Creedmoor Howa Varmint APW Carbon X
308 Howa Varmint KRG Whiskey-3
300 PRC Howa Varmint APW Carbon X
375 H&H Bergara B14 Timber
9mm Para Glock 17 GEN 5
22LR CZ 452 Lux Modified
6.5 Creedmoor Howa Varmint APW Carbon X
308 Howa Varmint KRG Whiskey-3
300 PRC Howa Varmint APW Carbon X
375 H&H Bergara B14 Timber
9mm Para Glock 17 GEN 5
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 308 na 243
Jy kontak die vervaardiger, ek het vir hornady 'n epos gestuur en 'n dag later 'n antwoord gehad.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: 308 na 243
Lekker om so almal se verskillende sieninge te lees. Waardeer elkeen.
Ek verstaan daar is verskeie 6mm opsies. Ek het op n stadium aan die 6dasher gedink. Enigste rede hoekom ek wil hou by n 243 is oor die beskikbare brass in die toekoms. Ek sal verkies om tussen 26 - 28 duim loop te settel. Wil nie met te lang loop sukkel nie. Ek is nie te groot op spoed jaag nie, maar n geweer wat lekker plat skiet maak dinge net lekker.
Doel van die geweer sal meestal vir springbok jag en baan werk wees. Ek stel my versameling van gewere op sodat daar twee vir dieselfde doel is. Een vir beide my en die laaitie. Die geweer sal seker saam die 6.5CM werk.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ek verstaan daar is verskeie 6mm opsies. Ek het op n stadium aan die 6dasher gedink. Enigste rede hoekom ek wil hou by n 243 is oor die beskikbare brass in die toekoms. Ek sal verkies om tussen 26 - 28 duim loop te settel. Wil nie met te lang loop sukkel nie. Ek is nie te groot op spoed jaag nie, maar n geweer wat lekker plat skiet maak dinge net lekker.
Doel van die geweer sal meestal vir springbok jag en baan werk wees. Ek stel my versameling van gewere op sodat daar twee vir dieselfde doel is. Een vir beide my en die laaitie. Die geweer sal seker saam die 6.5CM werk.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
-
figjam
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu May 07, 2015 3:59 pm
Re: 308 na 243
Blitzz hier is manne met lekker 6mm's op hierdie forum. Ek wil self eendag 'n custom 6mm bou, jy's gelukkig om reeds 'n lekker aksie te hê.
Ek stem, kyk na beskikbare brass en dies vir die kaliber. Dasher is ook 'n goeie roep. Maar kyk ook na die BrA en die Brx of selfs 'n gewone BR. Fireforming gaan maar dieselfde wees. Hierdie kalibers het weer wel 'n bietjie minder spoed, maar het weer oor algemeen langer looplewe en gebruik minder kruit. In die vinniger klas is dit 6mm Creedmoor, XC, SLR, 243AI.
As ek self so kyk na die goed, weet ek ook maar nie, watter een noodwendig "beter" is nie. Kyk watter komponente jy in die hande kan kry en kry solank 'n idee van die punt wat jy wil skiet. As jy net 'n 87vmax wil skiet, baat dit nie juis om 'n 1:8 twist 6mm te kry nie.
Capt. Oblivious het goeie kennis van die verskillende 6mm's (so ook 'n paar ander manne), ek is seker hulle sal nou nou goeie raad kan gee!

Alwin
- Hero Member

- Posts: 1875
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: 308 na 243
Hornady 87gn V-Max loop baie lekker uit 'n 1:10" loop.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 na 243
Kyk maar net as jy die dashers en daai tiepe BR “improved” doppe wil doen laat jou aksie die patrone voer.... as jy nou nie een een wil skiet nie. Meeste ouens sal met n ander magasyn reg kom maar jy gaan nie daai ospie he nie. Meeste gunsmiths sal seker kan werk aan die voer probleem as daar wel een is en baie aksies voer hulle glad maar ek weet van n paar wat bq sukkel met n dasher dop
As dit ek was en maklik te werk wil gaan met n bq groter dop sou dit tussen die creed en die ai wees veral as jy nie regtig n geweer bou om klein te skiet nie, nou nie laat daai 2 nie kan klein skiet nie.As jy regtig wil klein skiet kan jy basies enige iets bou waar jy met n 6br dop begin

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: 308 na 243
Dankie Cappie.
Keuse staan nou tussen die 243AI en die Dasher. Sal nog informasie bymekaar maak en besluit neem.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Keuse staan nou tussen die 243AI en die Dasher. Sal nog informasie bymekaar maak en besluit neem.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 na 243
Kyk na n normale 6BR ook, jy gaan nie so baie spoed verloor teen die Dasher met 87gr koels nie en hulle is dodelik akuraat. As jy verder as 600m met swaar koels wou skiet sou ek se Dasher maar vir normale werk veral met n 87gr koel sou ek die 6BR doen. Koop jou doppe van die rak af, laai en skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: 308 na 243
Dasher doppe ook nou beskikbaar.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 na 243
As daai alpha doppe hier land is die dasher verseker n maklike opsie maar dink dit gaan nog n jaar of 3 wees voor ons dit sien
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Blitzzz
- Hero Member

- Posts: 572
- Joined: Thu Feb 02, 2017 2:46 pm
Re: 308 na 243
Ek het redelik gaan lees en krap en raak vinning verlief op die 6br. My doel is nie om swaar vinnige koels te skiet nie, maar meer ligte akkurate koels.
Sien Lapua het 6br Norma doppe, dis mos wat ek soek? Nou nog soek vir dies dan is die groen lig daar.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Sien Lapua het 6br Norma doppe, dis mos wat ek soek? Nou nog soek vir dies dan is die groen lig daar.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Tikka 6.5 Creedmoor
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
Brno 7 x 57 Mauser
Howa 243 AI
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 na 243
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
264 Win Mag
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Wed Jun 15, 2016 11:02 pm
Re: 308 na 243
Jy kan kyk na die 6mm Creedmoor ook, dis 'n baie lekker kaliber as jy die regte twist loop opsit en 105grein punte skiet
-
Ysterkat
- Full Member

- Posts: 226
- Joined: Wed Jan 16, 2013 8:01 am
Re: 308 na 243
Hoekom noem niemand die regte 6mm se naam nie, 6XC