Sommer net 'n lekker dag!!!
Posted: Mon Nov 21, 2011 12:39 pm
Hallo Manne,
Ek het Saterdag my Toegewyde Jagter Status kursus gedoen en deel sommer net met julle die lekker tyd wat ek gehad het.
Die week het met 'n gesukkel begin want ek kon nie kruit kry nie, en moes nog ladings ontwikkel.
Gelukkig kry ek toe en begin so hier en daar spoed toets om op die node te kom.
Donderdag moes ek gou JHB toe en is eers Vrydag oggend terug met nog geen lading.
Laai toe gou nog so paar en met die eerste toets toe maak hulle mooi.
Nou ek is nie 'n goeie skut nie en was baie verlig toe ek 'n 14mm groep op 100m kry met die nulkwes en 150gr Hornady Interlocks.
Wel dit was Vrydag middag 2uur.
Toe is ek na werk terug huistoe en moes vinnig 50 rondtes laai, en hier gaan die krag af... Koplamp op en kers in die verte.
Saterdag oggen 5:30 by die werk, vat gou my mense uit en nou is dit om te gaan kursus loop.
Van 8 tot 1 sit ons in die klas en 2uur begin ons skiet.
Ek moes die eerste paar rondtes baan offisier wees, en toe ek nou al goed honger en bewerig is toe is dit my beurt om te skiet.
Nou het ek al gesien die manne trek swaar met die 150m l?, 100m sit en 50m staan, want met tye skiet jy regtig deur die gras na die vlakvark teikens.
Eerste rondte skiet ek soos my gat, en gelukkig het ek nog 2 kanse oor, 2de rondte gaan goed genoeg om deur te wees.
Toe besluit ek ek gaan nou weer gooi en dit sommer net rustig vat.
WRAGTIG!!! Daar skiet ek topscore vir die dag! 49/60. Dit het my dag gemaak, daar was net een ander ou wat dit ook kon behaal, al was dit in sy eerste rondte.
Maar dit laat 'n man sommer goed voel as als mooi loop!
En toe moes ek mos nou vir oom Bob die valplaat ook een deur die ore geen op 300m! Dit was die langste skoot in my lewe nog!
Hel maar dit was lekker!