Ek is nuut hier op die forum. Kan iemand my dalk inligting verskaf oor digitale opnemers? Verskoon as dit reeds onder bespreking is/was - kan nie so iets hier raaksien nie. Ek wil graag weet hoe dit werk, waaruit bestaan sulke toerusting, waar kry jy dit en wat kan dit ongeveer kos. Dit is seker logies om te redeneer dat as jy geluide van jou plaas kan opneem, jy meer sukses kan verwag?
Dankie, ek hoor graag van entoesiaste.
Daniel