Page 1 of 1
'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 6:55 pm
by Blink Stefaans
Dagse manne.
Het n vraag tov bc en punt gewig gewig.
As twee punte dieselfde bc het en word teen dieselfde spoed geskiet, maar een weeg 100gr meer.
Gaan hulle presies dieselfde trajek en wind drift he of gaan die swaarder punt beter in die wind vaar?
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 7:59 pm
by Pumarais
Ek sal sê teoreties ja! Ek weet nie of iemand dit al getoets het nie! Wat sê die ballistic apps?
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 8:16 pm
by alecjohnson
As hulle selfde bc en het gaan hul spoed dieselfde afneem. Dus oral waar die wind die projektiel beïnvloed spandeer beide selfde tyd in die area. Nou die een met ekstra gewig gaan net verder val oor selfde afstand.
Edit: Dus vaar die swaarder projektiel slegter want hy val verder maar windskuif is presies dieselfde.
Sent from my POT-LX1 using Tapatalk
'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 9:24 pm
by Hein (Haan)
As die bc dieselfde is en dieselfde spoed sal altwee se trajek dieselfde wees.
Gravitasie het dieselfde uitwerking op enige gewig voorwerp en word net beinvloed deur lug weerstand maw bc, so as die bc dieselfde is sal hulle ewe veel val ook.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 9:25 pm
by Smith223
alecjohnson wrote:As hulle selfde bc en het gaan hul spoed dieselfde afneem. Dus oral waar die wind die projektiel beïnvloed spandeer beide selfde tyd in die area. Nou die een met ekstra gewig gaan net verder val oor selfde afstand.
Edit: Dus vaar die swaarder projektiel slegter want hy val verder maar windskuif is presies dieselfde.
Sent from my POT-LX1 using Tapatalk
Dit is nie korrek nie. BC is ‘n poging om die veranderlikes van punte te non-dimensionaliseer. Dit is egter nie heeltemal dimensieloos nie. Indien 2punte dieslfde BC het en teen dieselfde spoed gelanseer word sal die trajek identies wees. Die vorm , diameter, gewig en aerodinamika is klaar in ag geneem waneer BC bepaal is.
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 9:47 pm
by JPS
Toets op AB
140gn 6.5 koeel. 1.2 duim lank 0.3 g7 bc, 3000fps
156gn 6.5 koeel, 1.7 duim lank 0.3 g7 bz, 3000fps
Op 1000y wen die ligter koeel die swaarder koel in wind drift en hoogte verstelling
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 10:08 pm
by Smith223
JPS wrote:Toets op AB
140gn 6.5 koeel. 1.2 duim lank 0.3 g7 bc, 3000fps
156gn 6.5 koeel, 1.7 duim lank 0.3 g7 bz, 3000fps
Op 1000y wen die ligter koeel die swaarder koel in wind drift en hoogte verstelling
Die verskil wat jy sien agv die bg insette is tewyte aan spin drift. Indien jy dit afsit is die trajekte weer identies
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 10:29 pm
by JPS
Spin drift is ‘n realiteit van enige koeel wat geskiet word.
Swaarder koeel van selfde kaliber is oor algemeen (nie altyd nie) langer. Dus sal die ligter koeel eintlik teen populere geloof beter vaar.
Maar die realiteit is dat swaarder koeels van selfde kaliber oor die algemeen (kom ons vat 140hn vs.156 eol koeel) die swaarder langer koeel het ‘n beter bc. En hieroor skuif wind die swaarder koeel in praktyk minder.
Re: 'n BC vraag
Posted: Fri Sep 27, 2019 10:54 pm
by Smith223
JPS wrote:Spin drift is ‘n realiteit van enige koeel wat geskiet word.
Swaarder koeel van selfde kaliber is oor algemeen (nie altyd nie) langer. Dus sal die ligter koeel eintlik teen populere geloof beter vaar.
Maar die realiteit is dat swaarder koeels van selfde kaliber oor die algemeen (kom ons vat 140hn vs.156 eol koeel) die swaarder langer koeel het ‘n beter bc. En hieroor skuif wind die swaarder koeel in praktyk minder.
Met daardie feit en die realiteit stry ek nie.
Dus hang dit maar af van die spesifieke toepassing, want soos jy tereg sê het langer/swaarder koeëls gewoonlik 'n beter BC in werklikheid wat hulle die oorhand gee.
Re: 'n BC vraag
Posted: Sat Sep 28, 2019 7:55 am
by snakker
Het ook al hieroor gedink... Selfde spoed en selfde BC behoort selfde trajek te gee. MAAR as daar dwarswind by kom gaan die swaarder punt minder sywaarts drift... Dink aan 'n hoe min 'n groot skip deur 'n stroom gedruk/beïnvloed sal word teenoor 'n ligter bootjie
Sent from my Redmi 4A using Tapatalk
Re: 'n BC vraag
Posted: Sat Sep 28, 2019 9:24 am
by Andre308
Koels van verskillende kalibers teen die selfde spoed, met die selfde BC, en die selfde 'Stability factor', skiet volgens Stelok presies die selfde.
Dit lyk wel in praktyk dat die swaarder koel minder defleksie toon as die ligter koel in n rukwind situasie.
Wat ook van baie nut is, is die 'multiple BC' wat Hornady gee vir hulle koele. Daar is dit baie interessant dat die 6.5 147gr ELD M n hoër BC het as die .30 208gr ELD M, maar soos die spoed afneem verloor die 208gr koel minder van sy BC teenoor die 147gr.
Ongelukkig is hierdie bespreeking werklike 'rocket science', en ek sukkel maar om by te hou as van die dinge verduidelik word

Re: 'n BC vraag
Posted: Sat Sep 28, 2019 1:53 pm
by Capt. Yoda
Ja nee
Re: 'n BC vraag
Posted: Sat Sep 28, 2019 2:10 pm
by jankraay
Capt. Oblivious wrote:Ja nee
Ja....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 'n BC vraag
Posted: Sat Sep 28, 2019 4:10 pm
by Gawie(13mm)
jankraay wrote:Capt. Oblivious wrote:Ja nee
Ja....
Sent from my iPhone using Tapatalk
Miskien.....?