Akuraatste .38 Special Snubnose

Post Reply
Johann Marais
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 266
Joined: Thu Jan 10, 2013 9:44 pm

Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by Johann Marais »

Naand manne,

Ek wil graag vir my ñ 38 Special Snubnose aanskaf. Ek wil hom aanskaf om kompetisies mee te skiet vir kompak wapens by SA Sportjag.

Ek het al met ñ Taurus geskiet en is mal oor sy veiligheid en akuraatheid (ten minste die een waarmee ek geskiet het)

Ek wil graag die eerste keer reg koop. Veiligheid,akuraatheid, gemak van skiet en betroubaarheid is waarna ek kyk.

Met dit in gedagte:

Watter snubbies het verstelbare visiere?
Watter snubbie is die akuraatse op 10m?

My deel sal ek doen.

Sal julle dalk kan help met voorstelle asseblief?

Groete

Johann
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by Ds J »

Johann, ek ploeg nou met ander se kalwers: kry vir jou n Taurus as jy nie baie wil skiet nie. Hulle kwaliteit kontrole was blykbaar baie wisselvallig.

Die ouens wat regtig verstaan van skiet beveel gewoonlik n Ruger (GP 100) of n S&W aan.

Dit gesê, my Taurus Mod 606 in 357 het al 3500+ skote deur en gaan nog goed aan.

Ek wil my verstout om te sê dat n snubbie hoogstens so akkuraat soos die aap agter die kolf is ;)
bobby
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Fri Jan 29, 2010 6:28 pm

Re: Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by bobby »

if i were buying i'd buy the ruger sp101 with the 3'' barrel and if you want to get fancy in .327 calibre but then you will have to reload cos ammo is thin on the ground.
i've got a tauras 85 with the 2'' barrel , the accuracy is fine . at 20m i'll keep the 5 shots in the -0 zoro on a idpa target . plenty guys will tell you they , snubbys, are bad but they not they plenty good for thier designed purpose and second hand price .
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Re: Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by RevA »

'n Rossi of S&W sou my voorstel wees, my vrou se stainless Rossi skiet op 5m een gat as mens jou kant bring.
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3629
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by Fanta300 »

Johann, Daar lê ‘n klompie tweede handse Snubby rewolwers by Champions in Vereeniging. Jy is welkom om met hulle te kom skiet op die binnenshuise baan dan kan jy dalk ‘n beter idee kry van wat sal werk vir jou. Laat weet my
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Akuraatste .38 Special Snubnose

Post by THOMAST »

Akuraatste .38 Special Snubnose?

Die een met 'n 6duim loop.. >:D
Post Reply