Page 1 of 1
375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 7:39 am
by RevA
Goeiemôre,
Ek wil vir my 'n bigbore kry, dit sal primêr wees vir teikenskiet (daar is redelik gereeld bigbore skietgeleenthede in omgewing) en jag van nie-gevaarlike wild: Groot Eldande, kameelperde en dalk 'n mooi Kudu.
Watter Kaliber sou 'n goeie opsie wees vir die doeleinde? (Ek weet die bokke kan almal met kleiner kalibers geskiet word, maar my gat jeuk.)
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 7:49 am
by Frederik
Ek kies 375 H&H maklik om te hanteer en te laai en is klassiek die 375 Ruger kan alles doen wat die H&H kan doen en bietjie meer maar 375 H&H is maar ou staatmaaker.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 7:55 am
by Askari
Geweer (kaliber) koop is maar meeste vd tyd 'n emosionele keuse... ek len my 9.3 kom al 'n lang pad en ek verruil hom vir niks. Ek het maar 'n ding vir klassieke Duitse kalibers.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:01 am
by alecjohnson
My 375 H&H is my gunsteling jaggeweer het al van springbok tot eland laat val met haar, meeste oopvisier geskiet, maar die laaste twee 'n gemsie en springbok was met teleskoop op.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:13 am
by Capt. Yoda
Koop n lekker groot sigaar gun, iets wat met n 4 begin
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:20 am
by Geno
Min roere so veelsydig soos 'n .375 H&H / .375Ruger
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:22 am
by Geno
Maar, as jy in die .400 klas wil kyk is jy welkom om 'n paar houe met my .416Ruger te vat wanneer jy weer in Bloemfontein is.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:27 am
by RevA
Geno wrote:Maar, as jy in die .400 klas wil kyk is jy welkom om 'n paar houe met my .416Ruger te vat wanneer jy weer in Bloemfontein is.
Ek sal baie graag.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 8:30 am
by DWB
Ek is 'n groot 9.3 aanhanger, maar ongelukkig is hy nie orals wettig vir grootwild.
375 is 'n goeie kaliber, al is hy soos die 30-06 van groot kalibers.
As jy wil hê iemand moet jou meer ernstig opvat, koop 'n 416 Rigby
Onthou net die 404 se gat is groter
Ek jag alles met my 404, Bosvark, vlakvark, rooibok, bosbok, bwb, eland, waterbok, buffel, zebra, kameelperd ens ens ens
Moenie die veelseidigheid onderskat nie.
Die 416 Ruger kan ook nog deurgaan, ek is nie 'n Remington man nie......
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 9:39 am
by OomMatt
Askari wrote:Geweer (kaliber) koop is maar meeste vd tyd 'n emosionele keuse... ek len my 9.3 kom al 'n lang pad en ek verruil hom vir niks. Ek het maar 'n ding vir klassieke Duitse kalibers.
Ek stem , keuse van watse geweer/kaliber is maar n persoonlike ding/smaak , maar ……… ek en my 9.3 is soos boude en n panty. As daar moet gejag word van Rooibok tot Buffel (waar dit wettig is) vat ek my 9.3. As daar gespeel moet word op die baan en sommer net so onderlings kompitisie , vat ek my 9.3
Maklik om te herlaai , nie veel vol draad nie , recoil niks om van te praat nie , dus gee goeie groepe op papier wanneer net speel veral na so 20+ skote
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 11:28 am
by tau
.416 Ruger
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 12:58 pm
by knipmes
Ek wil nie die .375 of ander kalibers te na kom nie Elkeen het seker sy voorkeur. Die kenners het reeds soos genoem omtrent alles oor die 9,3 X 62 gese. Ek kan net bevestig.
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 3:07 pm
by Koos Barnard
Dagsê
As jy primêr wil teiken skiet soos genoem en nie gevaarlike wild gaan jag nie, dan glo ek, is die 9.3x62 die beste kaliber. Jy soek nie veelsydigheid nie, ook nie groter slaankrag nie want jy wil nie olifante jag nie. Die 9.3 is maklik om te laai, hy gebruik minder kruit as die ander kalibers (.375, .416, etc) en die terugskop is minder - wat ideaal is vir teikenskiet. Ek besit 'n .375 H&H en sal hom nooit ruil nie, maar as ek iets moet koop volgens die behoeftes wat jy uitgespel het, is dit vir my moeilik om enige van die groter kalibers te oorweeg.
Mooi loop
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 4:06 pm
by Smitstertjies
Hou maar net in gedagte dat sekere Big Bore shoots recoil in ag neem dmv n handicap sisteem. Hoe kleiner die koeelgewig/spoed kombinasie (energie) is hoe meer word jy gepenaliseer.
n Man wat 12 uit 15 skiet met n 9.3 gaan dalk 2de kom teen n man wat 9 uit 15 skiet met n 416 Rigby.....
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Posted: Tue Aug 13, 2019 5:13 pm
by Xplicitly
Smitstertjies wrote:Hou maar net in gedagte dat sekere Big Bore shoots recoil in ag neem dmv n handicap sisteem. Hoe kleiner die koeelgewig/spoed kombinasie (energie) is hoe meer word jy gepenaliseer.
n Man wat 12 uit 15 skiet met n 9.3 gaan dalk 2de kom teen n man wat 9 uit 15 skiet met n 416 Rigby.....
Wil nie nou die draad ontspoor nie, maar so gepraat van Big Bore Shoots, wanneer gaan iemand my bietjie tou-wys maak? Ek het nou die roer, die scope, nou kort ek net die teiken!
Okay, terug op die spoor. Ek het maar min myle op my .375 Ruger gesit (het hom nou maar net 'n paar weke), maar na ek met hom geskiet het, kyk ek maar met 'n swaar gemoed na die ou 7mm. Ek het altyd gedink die ou lady is die beste vry, maar ek moet bieg en se die jonge nooi met die breë heupe vry lekkerster....
Sent from my SM-G965F using Tapatalk