375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Goeiemôre,
Ek wil vir my 'n bigbore kry, dit sal primêr wees vir teikenskiet (daar is redelik gereeld bigbore skietgeleenthede in omgewing) en jag van nie-gevaarlike wild: Groot Eldande, kameelperde en dalk 'n mooi Kudu.
Watter Kaliber sou 'n goeie opsie wees vir die doeleinde? (Ek weet die bokke kan almal met kleiner kalibers geskiet word, maar my gat jeuk.)

Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Ek kies 375 H&H maklik om te hanteer en te laai en is klassiek die 375 Ruger kan alles doen wat die H&H kan doen en bietjie meer maar 375 H&H is maar ou staatmaaker.
- Askari
- Hero Member

- Posts: 728
- Joined: Wed Sep 04, 2013 9:56 am
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Geweer (kaliber) koop is maar meeste vd tyd 'n emosionele keuse... ek len my 9.3 kom al 'n lang pad en ek verruil hom vir niks. Ek het maar 'n ding vir klassieke Duitse kalibers.
Gooi lood!!!!
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
My 375 H&H is my gunsteling jaggeweer het al van springbok tot eland laat val met haar, meeste oopvisier geskiet, maar die laaste twee 'n gemsie en springbok was met teleskoop op.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Koop n lekker groot sigaar gun, iets wat met n 4 begin
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Min roere so veelsydig soos 'n .375 H&H / .375Ruger
Goed, beter, 6millimeter!
- Geno
- Administrator

- Posts: 13660
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Maar, as jy in die .400 klas wil kyk is jy welkom om 'n paar houe met my .416Ruger te vat wanneer jy weer in Bloemfontein is.
Goed, beter, 6millimeter!
-
RevA
- Full Member

- Posts: 149
- Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Ek sal baie graag.Geno wrote:Maar, as jy in die .400 klas wil kyk is jy welkom om 'n paar houe met my .416Ruger te vat wanneer jy weer in Bloemfontein is.
Groete Andreas
- 6.5x55 Howa M1500
Rossi 357 mag
Bsa Sportsman ten .22
22lr Burgo revolver
6.5 Creedmoor Howa
12 Boor Mossberg 500
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Ek is 'n groot 9.3 aanhanger, maar ongelukkig is hy nie orals wettig vir grootwild.
375 is 'n goeie kaliber, al is hy soos die 30-06 van groot kalibers.
As jy wil hê iemand moet jou meer ernstig opvat, koop 'n 416 Rigby
Onthou net die 404 se gat is groter

Ek jag alles met my 404, Bosvark, vlakvark, rooibok, bosbok, bwb, eland, waterbok, buffel, zebra, kameelperd ens ens ens
Moenie die veelseidigheid onderskat nie.
Die 416 Ruger kan ook nog deurgaan, ek is nie 'n Remington man nie......

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- OomMatt
- Full Member

- Posts: 197
- Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Ek stem , keuse van watse geweer/kaliber is maar n persoonlike ding/smaak , maar ……… ek en my 9.3 is soos boude en n panty. As daar moet gejag word van Rooibok tot Buffel (waar dit wettig is) vat ek my 9.3. As daar gespeel moet word op die baan en sommer net so onderlings kompitisie , vat ek my 9.3Askari wrote:Geweer (kaliber) koop is maar meeste vd tyd 'n emosionele keuse... ek len my 9.3 kom al 'n lang pad en ek verruil hom vir niks. Ek het maar 'n ding vir klassieke Duitse kalibers.
Maklik om te herlaai , nie veel vol draad nie , recoil niks om van te praat nie , dus gee goeie groepe op papier wanneer net speel veral na so 20+ skote
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3999
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
.416 Ruger
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
knipmes
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Ek wil nie die .375 of ander kalibers te na kom nie Elkeen het seker sy voorkeur. Die kenners het reeds soos genoem omtrent alles oor die 9,3 X 62 gese. Ek kan net bevestig.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Dagsê
As jy primêr wil teiken skiet soos genoem en nie gevaarlike wild gaan jag nie, dan glo ek, is die 9.3x62 die beste kaliber. Jy soek nie veelsydigheid nie, ook nie groter slaankrag nie want jy wil nie olifante jag nie. Die 9.3 is maklik om te laai, hy gebruik minder kruit as die ander kalibers (.375, .416, etc) en die terugskop is minder - wat ideaal is vir teikenskiet. Ek besit 'n .375 H&H en sal hom nooit ruil nie, maar as ek iets moet koop volgens die behoeftes wat jy uitgespel het, is dit vir my moeilik om enige van die groter kalibers te oorweeg.
Mooi loop

- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Hou maar net in gedagte dat sekere Big Bore shoots recoil in ag neem dmv n handicap sisteem. Hoe kleiner die koeelgewig/spoed kombinasie (energie) is hoe meer word jy gepenaliseer.
n Man wat 12 uit 15 skiet met n 9.3 gaan dalk 2de kom teen n man wat 9 uit 15 skiet met n 416 Rigby.....
n Man wat 12 uit 15 skiet met n 9.3 gaan dalk 2de kom teen n man wat 9 uit 15 skiet met n 416 Rigby.....
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Xplicitly
- Sr. Member

- Posts: 295
- Joined: Thu Apr 09, 2015 12:50 pm
Re: 375 vs 9.3x62 vs 416 Kaliber
Wil nie nou die draad ontspoor nie, maar so gepraat van Big Bore Shoots, wanneer gaan iemand my bietjie tou-wys maak? Ek het nou die roer, die scope, nou kort ek net die teiken!Smitstertjies wrote:Hou maar net in gedagte dat sekere Big Bore shoots recoil in ag neem dmv n handicap sisteem. Hoe kleiner die koeelgewig/spoed kombinasie (energie) is hoe meer word jy gepenaliseer.
n Man wat 12 uit 15 skiet met n 9.3 gaan dalk 2de kom teen n man wat 9 uit 15 skiet met n 416 Rigby.....
Okay, terug op die spoor. Ek het maar min myle op my .375 Ruger gesit (het hom nou maar net 'n paar weke), maar na ek met hom geskiet het, kyk ek maar met 'n swaar gemoed na die ou 7mm. Ek het altyd gedink die ou lady is die beste vry, maar ek moet bieg en se die jonge nooi met die breë heupe vry lekkerster....
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
.22LR CBC, .375 Ruger Howa, 7mm Rem. Mag. Steyr Mannlicher