Scope vir BSA sportsman ten

Post Reply
RevA
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Sun Feb 04, 2018 9:10 pm

Scope vir BSA sportsman ten

Post by RevA »

Goeiemôre,

Ek benodig 'n bietjie raad, ek het 'n tydjie terug 'n ou BSA Sportsman ten by 'n oom oorgekoop wat dit by die polisie wou ingee teen 'n belaglik goedkoop prys. Terwyl die geweer nie fantasties lyk nie skiet dit ongelooflik lekker.

Nou oorweeg ek om 'n teleskoop te laat opsit (my seun is nou amper op die ouderdom dat ek hom wil leer hoe om met 'n slotaksie geweer wat 'n teleskoop op het gebruik word. Die probleem kom in dat die geweer nie gebou is om 'n teleskoop te gebruik nie, die wapensmit waarna ek die geweer gevat het, het gesê hy kan 'n teleskoop opsit, maar die koste daarvan is baie na aan mooierige tweede handse 'n .22 wat reeds 'n teleskoop op het.

Nou wonder ek, het iemand al 'n BSA so laat ombou en is was dit werklik die moeite werd?
Groete Andreas
  • 6.5x55 Howa M1500
    Rossi 357 mag
    Bsa Sportsman ten .22
    22lr Burgo revolver
    6.5 Creedmoor Howa
    12 Boor Mossberg 500
User avatar
alecjohnson
Hero Member
Hero Member
Posts: 2656
Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm

Re: Scope vir BSA sportsman ten

Post by alecjohnson »

Ek het vir jou 'n scope mount vir 'n bsa wat gemaak is, met 25mm ringe, die aksie sal egter ge boor en getap moet word om te maak pas. pm my jou nommer en ons praat oor whatsapp

Groete
Alec
Post Reply