Sneller probleem
Posted: Wed Aug 07, 2019 7:09 am
Hallo manne,
Ek het Des 2018 'n probleem begin kry met my wsm se sneller. Skoot het vanself geloop met die toe maak van die slot. Ek vervang toe die sneller met 'n Timney. Probleem was weg en so 2 naweke terug het dit weer begin kop uitsteek. Die eerste tekens was dat die slot nie heeltemal span nie wat dan daartoe lei dat slagpen die ontsteker net so liggies induik. Deur sneller vorentoe te druk of net te hou kon ek dit uitskakel.
Ek het sneller ordentlik skoon gemaak en uit geblaas voor ek die naweek wat verby is gaan skiet het. My denke was dit dat dalk veiligheid kan wees wat ek nie uitgekry het na die Karoo jag se skoonmaak nie.
Met die naweek se skiet het ek dit toe een keer gekry wat die skoot geloop het met die toe maak slag gelukkig was dit soos bo en is die ontsteker nie hard genoeg geslaan om af te gaan nie.
Geweer gaan in die volgende paar weke vir 'n geweersmid gaan kuier om hierna te loer maar wat kan die moontlike oorsake wees?