Sneller probleem

Post Reply
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Sneller probleem

Post by ruaanb »

Hallo manne,

Ek het Des 2018 'n probleem begin kry met my wsm se sneller. Skoot het vanself geloop met die toe maak van die slot. Ek vervang toe die sneller met 'n Timney. Probleem was weg en so 2 naweke terug het dit weer begin kop uitsteek. Die eerste tekens was dat die slot nie heeltemal span nie wat dan daartoe lei dat slagpen die ontsteker net so liggies induik. Deur sneller vorentoe te druk of net te hou kon ek dit uitskakel.

Ek het sneller ordentlik skoon gemaak en uit geblaas voor ek die naweek wat verby is gaan skiet het. My denke was dit dat dalk veiligheid kan wees wat ek nie uitgekry het na die Karoo jag se skoonmaak nie.

Met die naweek se skiet het ek dit toe een keer gekry wat die skoot geloop het met die toe maak slag gelukkig was dit soos bo en is die ontsteker nie hard genoeg geslaan om af te gaan nie.

Geweer gaan in die volgende paar weke vir 'n geweersmid gaan kuier om hierna te loer maar wat kan die moontlike oorsake wees?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Sneller probleem

Post by Malan123 »

Ruaan, PM my gou jou nommer asb
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1618
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Sneller probleem

Post by Gian_dP »

"Sear engagement" te min of area waar slagpen met "sear" inhak is afgewerk.
Die feit dat alles eers ok was, laat my dink die area op die slagpen is die probleem.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Last edited by Gian_dP on Wed Aug 07, 2019 7:47 am, edited 1 time in total.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Sneller probleem

Post by ruaanb »

Fabrikaat is Winchester.

Dankie Gian.
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: Sneller probleem

Post by junglejulian »

Kyk ook of die slot genoeg roteer om die recoil lugs goed te sluit.soms is die gleuf waar die slot handvatsel in die kolf pas nie wyd/diep genoeg sodat die slot te volle roteer nie.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Sneller probleem

Post by tripodmvr »

Met 'n Timney behoort die "sear engagement' tog sekerlik gestel kan word. Google en kyk of dit moontlik is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3627
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Sneller probleem

Post by Fanta300 »

Stelskroefies is dalk los en draai self weens vibrasie veral as sneller klaar baie lig gestel is
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Post Reply