Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post Reply
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by DieLem »

More Almal

Ek wil graag uitvind of daar 2 aparte dokumente is wat ek moet indien vir my lisensie aansoek.
Dis my 1ste aansoek so ek moet nog bevoegd verklaar word.Ek het 'n checklist by die polisie gaan afhaal om seker te maak ek het alles in my dokument, maar is nou nie seker of dit net vir die lisensie aansoek is nie.Is daar 'n aparte checklist of iets vir die bevoegdheid of is dit deel van die lisensie aansoek checklist.

Groete

Lem
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by Danie01 »

Lem

Mens moet appart vir jou bevoegdheid aansoek doen. Of kom ek stel dit so, jy moet eers bevoegd wees voordat jy kan aansoek doen vir 'n lisensie. Ek weet baie ouens stuur hul  bevoegdheid en sommer terselfdetyd vir lisensie ook, maar dit steeds twee verskillende dokumente en bevoegdheid moet eers goedgekeur word. Dit nie noodwendig vinniger om altwee gelyk te stuur nie. Ek het myne appart gestuur en'n pel van my het altwee saam gestuur, tog het ek my lisensie 'n hele jaar voor hom gekry, dit was ook toe die lisensies so 'n gesukkel was!

Die polisie behoort vir jou presies te se wat jy moet doen.

Groete
Danie
User avatar
Vosman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 356
Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am

Re: Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by Vosman »

Lem.
Ja, dit is aparte dokomente wat jy kan saam instuur. Ek het dit so gedoen en het my bevoegdheid na sowat 2maande gekry en my lisensie kaartjie 'n 6 weke daarna. 3 1/2 maande van begin tot einde. Onthou net dat jy eers jou bevoegdheid moet doen by 'n geakrediteerde instansie vir die sertifikaat wat jy moet instuur saam met jou bevoegdheid aansoek van die polisie.

Groetnis!
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Re: Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by DieLem »

More More

Dankie vir die terugvoering.

Waar kan ek die dokumente kry wat ek als moet indien vir my bevoegdheid.Ek het klaar my bevoegdheid gedoen by proshot so ek wil weet wat moet ek alles indien vir die bevoegdheid aansoek.

Groete

Lem
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by Danie01 »

Saam met die bevoegdheid moet jy net alles wat op vorm is invul, met afskrifte van jou ID, bevoegheid sertifikaat, ens en dan ook ID foto's, wat poliesman nodig gaan he asook geld om aansoek in te dien. Ek dink nie daar is enige motiverings ens nodig vir bevoegdheid nie. Vra die polisieman waar jy aansoekvorms gaan haal het wat jy nog benodig, hy sal presies weet.

Groete
Danie01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1596
Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am

Re: Bevoegdheid en lisensie aansoek indien

Post by Danie01 »

Moet seker n paspoort gebruik en as jy nie 'n paspoort het nie, moet 'n mens seker aansoek doen vir nuwe ID en dit gaan seker 'n tydjie vat.
Post Reply