Maak van Oepsies
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Maak van Oepsies
Ek is nou nie seker of Oepsies die regte naam is nie, maar ek praat van die dun (so kwart duim) stukkies droewors wat sonder dermpie is.
Ek kan nie verduidelik hoekom nie, maar my kinders hou vol dis lekkerder as droewors, en ek wil amper saamstem (ek sal dit nie hard-op erken nie).
Ek het dit nog nooit self gemaak nie, en sal jul advies waardeer.
Ek gebruik Crown se Safari drywors speserye, het jul ander voorstelle?
Hoeveel % brisket saam met wildsvleis? (kg vet per kg wild)
Stopper se tuit grootte?
Die goedjies moet seker op 'n sif le om droog te word??
Indien iemand bereid is, deel asb. sommer jul resepte en metode.
Groete
Johan

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1343
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Maak van Oepsies
Ek het al met left-over droëwors "mince" gewone droë "patties" gemaak. Ek het nie 'n sif gebruik nie. Ek het hulle net met my hand gevorm en platgedruk op 'n gewone skoon plat stuk plastiek ('n roomysbak se deksel werk lekker). Dit sit vas, maar dis OK. Na 24 uur voor 'n waaier het ek net 'n eierspaan gevat en hom van die deksel afgesteek (soos 'n eier wat amper-amper vasgebrand het), omgedraai en nog 24 uur gelos. Het goed gewerk. 2 dae toe is hulle droog genoeg vir my. Ek reken nog 2 dae sou hulle op "crispy" gehad het.J le Roux wrote:Ek is nou nie seker of Oepsies die regte naam is nie, maar ek praat van die dun (so kwart duim) stukkies droewors wat sonder dermpie is.
Ek kan nie verduidelik hoekom nie, maar my kinders hou vol dis lekkerder as droewors, en ek wil amper saamstem (ek sal dit nie hard-op erken nie).
Ek het dit nog nooit self gemaak nie, en sal jul advies waardeer.
Ek gebruik Crown se Safari drywors speserye, het jul ander voorstelle?
Hoeveel % brisket saam met wildsvleis? (kg vet per kg wild)
Stopper se tuit grootte?
Die goedjies moet seker op 'n sif le om droog te word??
Indien iemand bereid is, deel asb. sommer jul resepte en metode.
Groete
Johan
- win270
- Hero Member

- Posts: 2104
- Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am
Re: Maak van Oepsies
Interessant . . . ek ken weer "Oepsies" as daardie klein sosaties wat o.a. spek en bietjie vrugte ook in het - my kleindogter is weer baie lief daarvoor. Weet iemand waar die betrokke naam vandaan kom?
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Maak van Oepsies
die kan mos ook werk.
https://www.youtube.com/watch?v=UaTcToUwQO4
https://www.youtube.com/watch?v=UaTcToUwQO4
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Maak van Oepsies
Julle mag nie na ruaanb se youtube link kyk nie,
dit gaan AL die aandag van my post se vraag aflei.
PS, kyk maar...
PS, kyk maar...
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Maak van Oepsies
sorry net gedink dit is 'n maklike manier om dit te maak. 
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Maak van Oepsies
Ek het dit nog nooit gemaak nie maar ek sou dink jy sit die worsmengsel in die wors stopper en dan vat jy houtbord of ding om dit op te vang en draai hom stadig en druk die wors in reguit ry uit. Dan sny jy hom in 5 of 10 cm stukkies en rol hom op 'n sif uit en sit voor 'n fan. As jy hom dan wil plat druk kan jy dit ook dan doen. As hy droog is kan jy hom in klein stukkies sny.
Ek maak oor 2 weke weer wors vir on Augustus maand vakansie. Gaan die een probeer en ook die pattie idee. Moet net sif gaan koop.

- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: Maak van Oepsies
Magier Ruaan jou video het my noou behoorlik honger.
Methos Ek is nie seker ek weet wat jy daar sien as poepsies nie, maar ek het al dermlose droëwors gemaak deur 'n kuiken ogiesdraad te vat, dit op 'n houtraam gespan. dan is daar 'n stukkie tuinslang opgekoppel aan worsstopper en toe druk ons die maalvleis uit op ogiesdraad en laat dit droogword. die stukkie tuinslang het ek weggegooi want ek kon dit nie skoonkry nie, sal vir volgende keer eerder silikon buis probeer.
Methos Ek is nie seker ek weet wat jy daar sien as poepsies nie, maar ek het al dermlose droëwors gemaak deur 'n kuiken ogiesdraad te vat, dit op 'n houtraam gespan. dan is daar 'n stukkie tuinslang opgekoppel aan worsstopper en toe druk ons die maalvleis uit op ogiesdraad en laat dit droogword. die stukkie tuinslang het ek weggegooi want ek kon dit nie skoonkry nie, sal vir volgende keer eerder silikon buis probeer.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Maak van Oepsies
Alec, daai wat jy maak is wat ek wil probeer, dankie.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Maak van Oepsies
Dis hy daai Methos, dankie.