Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post Reply
Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Bennie Bester »

Middag Almal
Ek is al van die boikot jare, toe ons niks geweer goed in die hande kon kry nie, deurmekaar met K98 aksies. Jy kon hulle koop vir R200! Die kwaliteit was nie altyd goed nie, maar dit is wat ons kon kry. Ek het tot vandag toe nog n 3006, 270W en 22250 wat op sulke aksies gebou is.
Die uiterlike kenmerke van K98 Mauser aksie was die "thumb hole slot" en plek vir "stripper clip". Dit was daar vir militere redes.
Ek het ook n 375 H&H wat kom van FN op n Mauser M98 aksie. Geen van bogenoemde militere goeters.
Nou tel ek n onlangse publikasie op met n artikel oor n pragtige geweer wat gebou is op n Mauser M98 aksie. Die eerste ding wat my opval is die "thumb hole slot" en "stripper clip slot"
Dit is my vraag: Wanneer is dit K98 en wanneer is dit M98? Of het ek al die jare die kat aan die stert beet. Julle insette sal waardeer word.
N.S. Dit is n pragtig geboude geweer in die artikel.

Groete
Bennie
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by THOMAST »

Bennie, ek dink die maar 'n aartappel/ertappel situasie.
Ek vermoed die K is afkorting van Karabyn en die M is afkorting van Model.
Ek is seker die kenners sal nou kom praat
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3628
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Fanta300 »

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Pappabeer »

Dit was nog nooit n K98 nie. Hulle was vernoem na die jaar van ontwerp, naamlik Model 1898, Model 1896 ensovoorts, en vandaar M98 in kort

Die Kurz aksie is afgekort as M98k. Êrens het die wêreld die pad byster geraak en Mauser Model 98 aksies, beide militêr en kommersiëel vervaardig, en vanuit verskeie fabrieke begin herdoop na K98
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Pappabeer »

Dit het natuurlik gebeur toe Brno Bruno word, en Rowland Ward, Rowland Award word.

Maar lank voor Swarovski Swarofski geword het, en so ook Leupold wat in twee gedeel is en Leupolt en Leipold geword het.

Die een aksie is ook dukker en die ander een dinner. Die selfde beweging waardeur ook n Creedmore meer as n Creedmoor
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Gawie(13mm) »

Pappabeer wrote:Dit het natuurlik gebeur toe Brno Bruno word, en Rowland Ward, Rowland Award word.

Maar lank voor Swarovski Swarofski geword het, en so ook Leupold wat in twee gedeel is en Leupolt en Leipold geword het.

Die een aksie is ook dukker en die ander een dinner. Die selfde beweging waardeur ook n Creedmore meer as n Creedmoor
Aai, die analfabete darem!!! :laugh:
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3628
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Fanta300 »

En so staan ons deur duk en din by wat ons glo is reg ++>:
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
Bennie Bester
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Thu Dec 31, 2015 11:36 am

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Bennie Bester »

Baie dankie Fanta.
So het ek vir 35 jr die kat aan die gat beet behad. Die M98 kry jy in n siviele en militere baadjie. Die probleem het seker gekom nadat die Mausers in Israel gedraai het. Na 1948 het die Israelis van die Karabiner 98k gewere opgekoop en later herloop na 7.62x51. Die meeste van die tweede handse aksies het uit Israel gekom na Suid Afrika. In die volksmond het hulle toe sommer K98 aksies geword. Selfs Musgrave het dit in hulle geweer nommers vasgele.
Of het ek weer die kat aan die stert beet.

Pappabeer dit is darem nie so erg nie en ek verstaan. Dit is hoe Besser Bester geword het.

Groete Bennie
9mmP , 12Br , 22LR, 22-250, 6mmPPC , 243W , 257 Rob, 270W, 7x64 , 308W, 3006 , 8x68S, 6.5/284, 300 WSM, 375 H&H Mag, 223Rem, 6.5X57, 338 WM, 204Ruger, 6.5Creedmoor, 9.3x62, 7mm RM, 25-06, 6XC

In a democracy a minority has no say.
Bennie Bester 1994
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 621
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Johan van Wyk »

Dewald het dit reg: die aksie is en was nog altyd `n M (vir Modell) 98, na gelang van die jaar waarin dit bekendgestel is. Die M98k (Karabiner) is die verkorte oorlogsgeweer wat net voor WO I in diens geneem is.

Daar is en was nog nooit so iets soos `n Kay-98 nie. Dis `n miskonsepsie wat in SA ontstaan het. En ja, Musgrave was in totaliteit verkeerd toe hulle ook begin Kay-98 het.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Wanneer word n Mauser K98 n Mauser M98?

Post by Capt. Yoda »

Pappabeer wrote:Dit het natuurlik gebeur toe Brno Bruno word, en Rowland Ward, Rowland Award word.

Maar lank voor Swarovski Swarofski geword het, en so ook Leupold wat in twee gedeel is en Leupolt en Leipold geword het.

Die een aksie is ook dukker en die ander een dinner. Die selfde beweging waardeur ook n Creedmore meer as n Creedmoor

++>: ++>:
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply