Ek is seker 'n paar van julle het al die videokie gesien van die groepe wat verbeter soos die "settings" verander word en dat die man so sy "sweetspot" vind met die nuwe knaldemper.
Nou die is 'n nuwe produk, baie nuut lyk dit my want ek sukkel my alie af om inligting te kry buiten wat op die webwerf verskein.
Sien hier
Baie min inligting maak my erg skepties nommer een, want ek sien net die resultate nie die proses nie.
Nommer twee is ek weet nie hoe die knaldemper werk/ KAN Werk nie (buiten natuurlik die knal te demp). 'n Pel het vir my gevra hoe die knaldemper werk, want ek het vir hom gese 'n knaldemper maak niks aan jou node nie, en die produk se die teenoorgestelde oor dit!?
Wat ek wel vir hom kon se is dat 'n knaldemper nie jou node verander nie, en ek weet nie hoe die produk werk nie, want volgens my kan dit nie werk soos daar gestel word nie.
Nou sal ek graag opinies en insette wil hoor, of dalk eerstehandsse ervaring? oor die nuwe "Next Level Silencer".
Ek gaan gou springmielies regkry

