Nuwe - Rooker & Kook

Gebruik van masjinerie, metodes om vleis op te sny , vleis meule, vleis saag, vleis verwerkings messe-slagmesse , stop van wors, ens. kan in die afdeling aanspreek word. The How To on working with meat and game.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

Ek kyk al baie lank na die Amerikaners se manier van stadig rook en gaarmaak vir bv stukke soos borsstuk/brisket wat vir 8 ure gerook en bak word. Ek het uiteindelik my "Offset smoker" gekry. Dit was deur 'n man hier gebou as 'n toets produk en ons werk nou aan 'n paar verbeteringe.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by THOMAST »

Ek bring my knipmes..
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13507
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Capt. Yoda »

Carl wrote:Ek kyk al baie lank na die Amerikaners se manier van stadig rook en gaarmaak vir bv stukke soos borsstuk/brisket wat vir 8 ure gerook en bak word. Ek het uiteindelik my "Offset smoker" gekry. Dit was deur 'n man hier gebou as 'n toets produk en ons werk nou aan 'n paar verbeteringe.

en hoe proe hy? Ek wil ook vir my so smoker kry elke keer as ek n program kyk waar hulle die vleis so rook
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

Capt. Oblivious wrote: en hoe proe hy? Ek wil ook vir my so smoker kry elke keer as ek n program kyk waar hulle die vleis so rook
Ek het 2 goed al getoets. 1 Hoenner en die Varkpensie. Ek hou daarvan, genoeg rook smaak en dan is die vleis baie sappig. Die masjien het nog nie sy temperatuur meter op nie - maar ek skat hy loop so op 250-300F. Ek meet nou die vleis temperatuur om te bepaal of dit gaar is.

Ek gaan die naweek vir Moedersdag 2 briskets doen soos die Yanks. Dan gaan die kaf geskei word.

Ek sal planne en idees hier kom uitruil. Ons het begin met 'n ou LEE gas silinder - 38kg. Ek dink op hierdie stadium dis die beste basis en ook wat hulle in die VSA gebruik.

As jy wil laat jou mond water - gaan kyk na die manne se werk!! Hulle mag maar sweiss $$$
https://millscale.co/
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Daneel
Full Member
Full Member
Posts: 222
Joined: Mon May 21, 2012 4:13 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Daneel »

Carl Daai ding kan verslaawend raak.

Ons het een gebou vir die werk om me te speel en nou doen ek dit "part time as n sideline" met n kos waaintjie om jag geld te maak.
Ek rook elke week vark en brisket in daai ding en dit bly maar lekker.
As ek mag n tip gee, as jou brisket al so 6 -8 uur lank gerook het dan draai jy hom toe met Tinfoil en sit hom weer in, hy loop nog so twee of drie uur in die rooker dan val daai ding uit mekaar.

Geniet dit, dis blerrie lekker om so te speel met vleis rook.

Daneel
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by KalahariKlong »

Dit lyk omtrent lekker.
Weet iemand waar ek dalk so roker kan kry?
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by JJV »

KalahariKlong wrote:Dit lyk omtrent lekker.
Weet iemand waar ek dalk so roker kan kry?
Gaan kyk ook op FB en soek vir SA BBQ Smokers, hulle het paar lekker maar nogals duur rokers.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

KalahariKlong wrote:Dit lyk omtrent lekker.
Weet iemand waar ek dalk so roker kan kry?
Builders het https://www.builders.co.za/Garden-%26-O ... /c/Smokers
Die Megamaster een voel effe sag as jy die groot drom met 'n gas silinder een vergelyk. Daar was nou die dag 'n spesiale aanbod op die een van R7000 weet nie of dit nog aan is nie.
Dan bou Sant Annas ook - http://santaannas.co.za/ Jy moet hulle vra wat kos die goed nou. Hulle was duur.

As jy bietjie wag kan die man in Rustenburg vir jou een bou. As die R&D klaar is.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 887
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by KalahariKlong »

Carl wrote:
KalahariKlong wrote:Dit lyk omtrent lekker.
Weet iemand waar ek dalk so roker kan kry?
Builders het https://www.builders.co.za/Garden-%26-O ... /c/Smokers
Die Megamaster een voel effe sag as jy die groot drom met 'n gas silinder een vergelyk. Daar was nou die dag 'n spesiale aanbod op die een van R7000 weet nie of dit nog aan is nie.
Dan bou Sant Annas ook - http://santaannas.co.za/ Jy moet hulle vra wat kos die goed nou. Hulle was duur.

As jy bietjie wag kan die man in Rustenburg vir jou een bou. As die R&D klaar is.
Dankie Carl, eks darm nie te haastig nie.
toxicsox
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by toxicsox »

Watse hout gebruik julle om mee te rook.

Begin julle die vuur met Charcoal en add dan ander hout of saagsels?

Ons braai hout is mos damn bitter - soos sekelbos.
Wat is my opsies en waar de moer koop ek dit :-)
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Boesman10 »

Daar is 'n ou in Swellendam wat hulle ook maak maar sy pryse sit ook in die R7k - R8k omgewing. Hy noem homself Big G Customised Braaishop en jy kan hom op Vleisboek opspoor.

Die een probleem met daardie smoker van jou is dat dit skep 'n hotspot in die area waar die vuurboks se skoorsteen in die rooker inkom. Die temperatuuur op die verste punt onder die skoorsteen is dan weer kouer. Die modifikasie om dit reg te maak noem hulle "Reverse Offset Smoker". Basies sit jy 'n staal plaat oor die lengte van die onderkant van die rooker. Die plaat is net bo die opening van die vuurboks. Die plaat het gate in so dit help dan om die hitte en rook te versprei. Die skoorsteen skuif dan na dieselfde kant toe as die vuurboks so die rook (en hitte) trek onder die plaat deur en dan bo-oor die vleis en dan uit op linkerkant van die rooker.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Harambe »

toxicsox wrote:Watse hout gebruik julle om mee te rook.

Begin julle die vuur met Charcoal en add dan ander hout of saagsels?

Ons braai hout is mos damn bitter - soos sekelbos.
Wat is my opsies en waar de moer koop ek dit :-)
Charcoal is reg. Jy week dan jou hout stukkies in water en dan gooi jy dit bo-op die kole. Ek persoonlik gebruik saagsels want dis wat hier rondom my beskikbaar is. LK's het sulke pakkies met saagsels wat van wynvate gemaak is. gee so lekker soetwyn smakie. Ek neem aan dis baie soos wat Cherry hout so maak. Ek kry dit sommer by Spar of Builder's Warehouse. Of dalk selfs party Mica's.

Terloops, jy kan net so lekker in 'n Weber rook.

https://www.youtube.com/watch?v=6ehH4php-3A

Of so iets
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Gian_dP »

Harambe wrote:
toxicsox wrote:Watse hout gebruik julle om mee te rook.

Begin julle die vuur met Charcoal en add dan ander hout of saagsels?

Ons braai hout is mos damn bitter - soos sekelbos.
Wat is my opsies en waar de moer koop ek dit :-)
Charcoal is reg. Jy week dan jou hout stukkies in water en dan gooi jy dit bo-op die kole. Ek persoonlik gebruik saagsels want dis wat hier rondom my beskikbaar is. LK's het sulke pakkies met saagsels wat van wynvate gemaak is. gee so lekker soetwyn smakie. Ek neem aan dis baie soos wat Cherry hout so maak. Ek kry dit sommer by Spar of Builder's Warehouse. Of dalk selfs party Mica's.

Terloops, jy kan net so lekker in 'n Weber rook

Ek het twee weke gelede n brisket met die "snake" etode gaar gemaak.
06h00 tot 13h30, laaste twee ure in foelie toegedraai.

Was HEERLIK!
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190507/b8bcad73a4a76a421297050bf4cf1d53.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190507/50d902815c0a5c9441be3945e556ee88.jpg

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Methos »

Dit lyk lekker man!

Ek het so tydjie terug vir my die outjie gebou.

viewtopic.php?f=181&t=68448

Ek begin my vuur met houtskool en dan gooi ek of wingerd stompies of kersie hout of eikehout op (Enige vrugteboom hout werk goed. Ook olyf). Vir my gaan die saagsels te vinnig.

Ek het vir my 'n sak van 20 kg hickory saagsels gekoop maar ek gebruik dit met die koue roker om kaas en sout en knoffel te rook.

Ek het aan die einde van ons jag seisoen 2 jong wild boars opgegooi en hulle vir 9 ure laat loop. Was vrek lekker.

'n Ding wat ek verskriklik graag wil hê is die: https://www.ebay.com/p/MEATER-33-Feet-O ... 5006004361

Dis 'n wireless termometer was met blueteeth connect aan jou telefoon sodat jy die tempratuur van jou vleis kan kontroleer. Jy kan hom selfs stel dat hy jou 'n roep as die vleis sy teiken temperatuur bereik.

Geniet dit en probeer bietjie pulled pork tacos! Dit is nou iets om oor huis toe te skryf. Ook burnt ends. Ribs is ook baie lekker. Brisket is ook koning. (In fact alles is lekker ;))
Gaan kyk ook gerus oor die verskillende streke se bbq souse wat gemaak word. Probeer hulle almal - dis vrek lekker en baie interessant!

Cheers
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by andre007 »

n Vraag oor die 'snake' metode. Brikette gee n snaakse reuk af voor dit grys en reg is. Gee daai reek van die rokende brikette nie n snaakse smaak aan die vleis nie?

Ek wag altyd tot die brikette grys is en gooi dan my 'wood chips' oor. Werk goed vir my
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Methos »

Andre

Ek wonder dieselfde. Selfs wanneer ek 'n lang rook doen met 'n brisket of ribs of vark skouer - as die kole begin dood gaan haal ek die vleis af van die braai en gooi dan nuwes op en laat hom eers brand en wanneer hy mooi loop en nie meer rook nie sit ek weer vleis terug. Ek het al hoender geëet wat op kole gebraai is wat nog nie mooi aan die brand was nie en dis nie 'n lekker smaak nie...
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

andre007 wrote:n Vraag oor die 'snake' metode. Brikette gee n snaakse reuk af voor dit grys en reg is. Gee daai reek van die rokende brikette nie n snaakse smaak aan die vleis nie?

Ek wag altyd tot die brikette grys is en gooi dan my 'wood chips' oor. Werk goed vir my
Andre, Jaracallers braai nie met brikette nie. Keep it Real. ;D

Methos, dankie ek gaan die Taco ding ook doen. Jy moet ook gereeld kom inloer en idees gee ek weet jy braai al lank daar in Frankryk.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Hansieslim »

Lyk na n lekker projek . Kan jy dalk nog asb n paar fotos hier plaas of vir my Whatsapp asb - 082 804 52 agt twee.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

Hansieslim wrote:Lyk na n lekker projek . Kan jy dalk nog asb n paar fotos hier plaas of vir my Whatsapp asb - 082 804 52 agt twee.
Ek sal, sodra die nuwe een arriveer. Dan kan ons gesels oor die verbeteringe.

Ek het verlede naweek die borstuk/brisket gedoen. Dit was goed gewees, nie bitter smaak vir my en gaste nie. En ek het net sekelbos gebruik. Ek kon nog langer gebak het, dan was die vleis sagter.
* Indien jy voel jy het genoeg gerook maak toe in aluminium foelie.
* Droeë vleis trek nie rook in nie. Gebruik water spuit bottel om so nou en dan die vleis nat te maak.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by andre007 »

Carl wrote:
andre007 wrote:n Vraag oor die 'snake' metode. Brikette gee n snaakse reuk af voor dit grys en reg is. Gee daai reek van die rokende brikette nie n snaakse smaak aan die vleis nie?

Ek wag altyd tot die brikette grys is en gooi dan my 'wood chips' oor. Werk goed vir my
Andre, Jaracallers braai nie met brikette nie. Keep it Real. ;D

Methos, dankie ek gaan die Taco ding ook doen. Jy moet ook gereeld kom inloer en idees gee ek weet jy braai al lank daar in Frankryk.
Carl. Ek stem, ek het n kwaai vrou, sy noodsaak soms die gebruik van brikette om die 'inname' te verminder
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Gian_dP
Hero Member
Hero Member
Posts: 1616
Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Gian_dP »

andre007 wrote:n Vraag oor die 'snake' metode. Brikette gee n snaakse reuk af voor dit grys en reg is. Gee daai reek van die rokende brikette nie n snaakse smaak aan die vleis nie?

Ek wag altyd tot die brikette grys is en gooi dan my 'wood chips' oor. Werk goed vir my
Jy steek so 6 brikkette aan, los hulle tot hulle grys is. Die Weber word solank warm terwyl kole regkom. Ek dink die hitte en lugvloei binne in die weber help die "aansteek" van die volgende brikket in die slang sonder dat dit enige, of baie min, van sy eie "rook" maak. Die paar briskets wat ek al geproe het, het glad nie die brikketrook "smaak" gehad nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4790
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Carl »

andre007 wrote:
Carl wrote: Carl. Ek stem, ek het n kwaai vrou, sy noodsaak soms die gebruik van brikette om die 'inname' te verminder
;D ;D ;D Ek moes lank dink oor daai een! Kyk as jy wil minder drink moet jy mieliestronke vat. Daai kole brand so vinnig uit as jy kombuis toe om die vleis te gaan haal is dit te laat. Wat nog van tyd om ys by te gooi!
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Harambe »

Gian_dP wrote:
andre007 wrote:n Vraag oor die 'snake' metode. Brikette gee n snaakse reuk af voor dit grys en reg is. Gee daai reek van die rokende brikette nie n snaakse smaak aan die vleis nie?

Ek wag altyd tot die brikette grys is en gooi dan my 'wood chips' oor. Werk goed vir my
Jy steek so 6 brikkette aan, los hulle tot hulle grys is. Die Weber word solank warm terwyl kole regkom. Ek dink die hitte en lugvloei binne in die weber help die "aansteek" van die volgende brikket in die slang sonder dat dit enige, of baie min, van sy eie "rook" maak. Die paar briskets wat ek al geproe het, het glad nie die brikketrook "smaak" gehad nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Mens kan natuurlik altyd houtskool gebruik as dit jou laat beter voel. Maar ek het nog nooit 'n snaakse klankie in my brisket of hoender gekry nie.
Of so iets
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by musgrave270 »

Carl wrote:
Hansieslim wrote:Lyk na n lekker projek . Kan jy dalk nog asb n paar fotos hier plaas of vir my Whatsapp asb - 082 804 52 agt twee.
Ek sal, sodra die nuwe een arriveer. Dan kan ons gesels oor die verbeteringe.

Ek het verlede naweek die borstuk/brisket gedoen. Dit was goed gewees, nie bitter smaak vir my en gaste nie. En ek het net sekelbos gebruik. Ek kon nog langer gebak het, dan was die vleis sagter.
* Indien jy voel jy het genoeg gerook maak toe in aluminium foelie.
* Droeë vleis trek nie rook in nie. Gebruik water spuit bottel om so nou en dan die vleis nat te maak.
Dag Carl

Ek weet die is nou n ou draad maar het jy toe jou nuwe roker gekry?

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1343
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Nuwe - Rooker & Kook

Post by Toxxyc »

Ooh lekker! Nog 'n hobby van my. Ek rook en kook sommer in my Weber. Het al verskeie 12-uur cooks gedoen. Mees onlangse rook en kook was 'n vark Picanha steak, heel. Ek het die vleis in sout, peper en so paar heel naeltjies gerol en in 'n roomysbak in die yskas gesit. Daar het ek hom gelos vir so 10 dae, en hom elke oggend en aand omgedraai (onderstebo gedraai).

Na die 10 dae het ek hom afgewas (ordentlik afgewas) en na 'n Weber braai sessie het ek die Weber se onderste vent so 70% toegemaak, 'n klein bietjie Hickory houtstukkie op die oorblywende kole gegooi en die vleis opgesit.

Die vleis was nie bo die kole nie, maar aan die koue kant van die Weber. Deksel op, boonste vent halfpad oop en hom daar gelos. Die oorblywendy kole het nog so 4 ure later hitte gegee, maar ek het hom toe sommer oornag gelos (ek is lui).

Volgende oggend is die picanha uitgehaal en gesny. Menere, amper vetvrye bacon soos jy nie sal glo nie. Omdat die vetinhoud so laag is braai dit ook baie vinnig crispy in die pan. 10/10, sal dit weer doen!

Image
Post Reply