Page 1 of 5
Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 9:56 am
by Stefan764
More Forumvriende
Ek begin hierdie topic oor die Barnes TSX koele oor ek die wereld se respek vir die ontwerp en werkverrigting van hierdie koeels het. Hier gaan lekker gesels word oor akkuraatheid, penetrasie, tydelike en permanente wondkanale, gewigretensie ens ens ens...
Sit asb almal wat ondervinding met hierdie TSXe (jammer ek sluit die ou Gen1 Barnese uit, but i think a new era has dawned...) se bevindinge en toetse hier op. Ek dink hierdie is (volgens bevindinge en persoonlike gevoel/opinie) die ULTIMATE koeel wat vir jagdoeleindes toegepas kan word!
Ek skop sommer af met n toets vir akkuraatheid. Hier is n gorep wat met baie, regtig baie min moeite gelaai is en wat ek dink teen hierdie spoed wonderlik gaan perform in die jagveld oor enige afstand. Daai toetse kom, stress less!!
Hiers die foto:
Die groepie is vanmore by die werk deur een van die grootste geeste in ons skietbedryf in die Republiek, oom Kassie Kasselman EN hy het hom vir my gesign ook! Die groep meet 7,02mm
Groete
Stefan Fouche
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 12:13 pm
by Lourens
Stefaans,
Dankie vir die great inisiatief om hierdie thread vir ons te begin. Die Barnes geesdriftiges gaan nog lekker hier saamkuier!! Welgedaan met daai ou groepie mater, dis puik!! Ek stem saam met jou, hierdie is die ULTIMATE koeel om mee te jag. Dit is nie net my teorie nie, ek het bewyse uit die jagveld en my eie toetse wat my tot daai gevolgtrekking gelei het.
Soos Stefaans se, stress less manne, die toets resultate kom binnekort....
Groete,
Lourens
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 1:29 pm
by Vlakvark
Nee man julle moet GSC try

Ek het twee Barnes koeels wat ek uit gehaal het uit Red deer ek sal hulle weer weeg en die info opsit
BARNES BO
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 1:42 pm
by Lourens
Laat waai gerus vlakvark, ons sien uit om die fotos en inligting te sien!
Barnes-Groete,
Lourens
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 2:59 pm
by Lourens
Ek skop sommer af met hierdie een. Hierdie koeel is herwin uit 'n blesbok wat op 100m met my .22-250 geskiet is. Koeel is 'n 53gr Barnes TSX en impaksnelheid was in die omgewing van 3000fps (ekt hulle op daai stadium teen so 3150fps uit my geweer geskiet). Bok is effens hoog geskiet maar die koeel het die rigstring getref en gebreek en vasgesteek onder die vel aan die oorkant. En jip, you guessed it, 100% gewig retensie!!
[img width=560 height=420]
http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... TSXJPG.jpg[/img]
Groete,
Lourens
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 3:26 pm
by Lourens
Sommer gou nog een. Die koeel is uit 'n groot vlakvarkbeer gehaal wat my gestorm het nadat ek hom eerste keer geskiet het. Die skoot is tussen die oe in en agter in die nek uitgehaal. Dit was op dieselfde jagtog as hierbo en die gegewens is dieselfde, weer met die .22-250. Skietafstand was point blank op omtrent 1.5m gewees. Ek sal vanaand die koeel weer weeg en sy gewig hier kom opsit. Hy het 3 blare afgegooi maar is deur die hele skedel en nek en het die vark net daar gestuit. Bravo Barnes!!!
Manne ek het die koeeltjie gaan weeg en hy het 69% gewig behou.
[img width=560 height=420]
http://i1188.photobucket.com/albums/z40 ... SX2JPG.jpg[/img]
Groete,
Lourens
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 3:46 pm
by Frederik
As kliente vir my se hulle het TTSX of TSX gelaai dan ;D ek van oor tot oor.
Daar is altyd baie bloed werk teen basiese enige spoed het hulle gesien werk vanf 1900fps tot amper 3700fps die jaar maar ek moet se die "Tipped" weergawe is pad om te gaan as jy met spoed laai. Nou 5 jagters gehad die jaar met 150gr TTSX teen 3600fps uit .300 Weatherbys en hulle het alles platgeslaan vanaf springbok tot eland. Ek sal hulle vra of hulle paar fotos vir my kan stuur van die punte.
In 2001 het ek met die generasie 1 Barnes X probleme opgetel met klient wat met 300 RUM geskiet het 180gr teen 3250 fps die punte het nie oopgemaak nie en net soos solids deurgeskiet net met die eland het die punt oopgemaak. Terug by huis toe kontak hy Barnes en hulle se hom toe die koeels word net ge waarborg om oop te maak vanaf 1800fps tot 2800fps. Ek neem aan dit is waar die tipped weergawes vandaan kom.
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 3:48 pm
by Drenalinjunkie
Ek het juis so paar weke terug n lekker lading vir my 7x64 uitgewerk.
Dis soos volg:
160gr Barnes TSX
50.2gr S365
87.0mm COL
2750fps
Dit gee my n redelike konstante groepering van minder as n duim elke keer. Ek moet net mooi skiet dan sal dit nog kleiner raak.
Gaan dit hierdie maand so bietjie "uit toets"
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 7:25 pm
by Gerard
Vlakvark,
Nee man julle moet GSC try
Dis nie nodig nie, gebruik die een dan kan jy sommer om die bos skiet, nie deur dit nie.

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 7:44 pm
by blaser
Ek dink gsc is beter as hierdie volksvreemde barnes goed dit is immers trots s a en beter tegnologie
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 7:49 pm
by JOHANNIC
Ai, da gaan ons al weer, hou by die onderwerp asb Rem

Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 7:58 pm
by blaser
Sorry maar dis my mening
Gsc kan beter ruseltate as die barnes goed gee
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 8:16 pm
by Gerard
JOHANNIC,
Jy is baie selektief. Toe Vlakvark aan my getorring het was dit goed en 'by die onderwerp'?
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 8:31 pm
by Jaco Swart
Oom Gerard.
Hierdie is n Barnes X topic en nie n GS bespreking nie. Voel vry om Barnes X sleg te se of die foute uit te wys , maar kom ons los die GS koeels hier uit.
Remington kan n GS topic oopmaak waar julle dit dan kan besreek.
Ons moet asb by die bespreking hou en nie weer begin dwaal nie.
Groetnis
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 8:41 pm
by JOHANNIC
Gerard
Vlakvark
Rem
(en die volgende ou wat vir slim ingesluk het)

Hou asb by die onderwerp
Ek wil asb meer oor Barnes weet.
Dankie Jaco
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 8:56 pm
by blaser
So nou mag barnes glad nie vergelyk word met n ander produk nie wat van swift a frame wat net so goeie produk is
Ek sal graag wil hoor hoe die twee met mekaar vergelyk
Hoe kan n produk bespreek word as dit nie vergelyk word nie of is dit net omdat dit gsc is
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 9:08 pm
by Pvdw
Manne ek sal ook graag wil hoor watter kant toe ek moet gaan.
Ek self wik en weeg tussen Barnes, GSC en Rhino vir my 223.
Ek glo die Barnes sal mooi loop maar sal tog wil hoor of iemand ander produk sal aanbeveel en hoekom??
Net 'n laaste ding.
Ek wou noudie dag 'n pakkie Barnes koop vir die 223 maar die verkoopsman het my afgeraai.
Hy s? die Barnes se groewe op die "bearing surface" maak dat hulle nie mooi in die 223 se kort nek wil laai nie, hulle laai egter mooi in die 222. Iemand al iets daarvan gehoor???
Luister graag.
Peet
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 9:16 pm
by JOHANNIC
Peet n vriend van my het al gsc in sy 223 geskiet en hulle loop soos stroop jy sal nie n fout maak nie.
Maar ek sal ook graag wil hoor wat is die storie as daar een is met die barnes

Groete johan
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 9:17 pm
by erx
Is dit 'n joke of nie?
TTSX of TSX, verskil?
Groete
erx
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 10:01 pm
by Koos Barnard
Emile
Die TTSX staan vir Tipped TSX, dis die een met die blou puntjie en die TSX het nie skerp "plastiek"puntjie op sy neusie nie.
Groetnis
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 10:06 pm
by Rfourie
Gerard wrote:
Vlakvark,
Nee man julle moet GSC try
Dis nie nodig nie, gebruik die een dan kan jy sommer om die bos skiet, nie deur dit nie.
EK dink n Barnes sonder die blou puntjie sal nogsteeds beter skiet as n GSC op sy beste! As die ou nie maniere het om hom by die post te hou nie, sal ons hom maniere leer. EK dog die mannetjie...is van die forum af?
Ek skiet liewers klippe of Impala voor GSC, net nou is my loop beskadig met die JB bore paste.
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 10:22 pm
by Gerard
SJ en SMK,
Nog manne wat selektief is. Dis nie ek wat van die topic afgedwaal het nie. Maak oop julle o? en kyk na Vlakvark se bydrae op die eerste bladsy. Ander kan torring en vermakerig wees maar ek mag nie. Vir wat moet ek dit laat verbygaan, sou julle?
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 10:42 pm
by Cobus(Cobb)
Maats,
die Barnes lyk my ook na 'n monometaal?? (het dit nog nooit gelaai of geskiet nie)...hoe verskil dit van Impala koe?ls??
Luister graag
Cheers
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Tue Nov 01, 2011 11:05 pm
by Flip Nel
Manne asb. kan ons nou die persoonlike dinge los.
Ek dink die die twee fabrikate gaan vir verskillende markte, ons het nou al gesien GSC verkies om baie vinnig geskiet te word en jy sal sien hulle is gewoonlik in die ligter koeels beskikbaar.
Met 'n toets wat in Magnum gepubliseer is het hulle gekry dat die Barnes X beter gepenetreer en gewig behou het met meer matige spoed, nie dat dit dit s? dit sal sleg doen op vinnige roere nie.
Ek voel as mens na die prakties kyk en gevoellens uitlos is altwee baie goeie koeels, beide koeels is al lank in die besigheid, en soos my Ma altyd ges?, as 'n ding goed is sal hy homself bewys, hy het nie nodig om geprys te word nie.
Ek het al 'n paar bokke met Barnes X, die oues geskiet en ek het selde iets terug gekry, meestal dwarsdeer, dit was beide in 9.3x62 en 308 W. Ek het nog net die 270 Grein Solids van GSC gebruik en kan hulle nie fout nie, hulle is dwars deur die bokke.
Re: Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!!!!!!!!
Posted: Wed Nov 02, 2011 1:43 am
by Lourens
Ai manne, toe ek en Stefaans vanoggend praat oor die post wat ons wil begin het ek voorspel dat dit weer wye reaksies sou ontlont. Ek was vinnig reg bewys toe Oom Gerard en Remingtom hul posts hier kom maak het en sodoende die bal aan die rol gesit het vir 'n debat oor watter koeel is beter as 'n ander. Manne asb, moet nie nou weer die post kom hijack en baklei oor watter koeel beter is as 'n ander nie. As julle dit wil doen is julle welkom om so post oop te maak. Ons probeer rerig een post maak wat ons toewy aan hierdie wonderlike koeel waarmee ons en duisende ander al so baie sukses gehad het. Baie ander manne het dalk weer 'n ander koeel waarmee hy groot welslae behaal.
Ek wil graag dievolgende aanspreek.
Die Barnes punt waarvan Gerard die foto geplaas het: Dit is duidelik dat die blou punt skeef is maar dit se nerens die hele pakkie sin of die hele batch sin is skeef nie, slegs sommiges. Dis ook die eerste keer dat ek so iets sien op die koeels. Soms gebeur dit dat daar so iets verby kwaliteitsbeheer glip, dit gebeur in enige maatskapy. Ek kan uit ondervinding met Barnes se dat hulle meer as bereid is om te vergoed indien 'n klient ongelukkig is. Hulle kliente diens is uitstekend. Ek het eenmaal met die eerste generasie Barnes punte 'n punt gehad wat nie oopgemaak het op n koedoebul nie. Ek het Barnes gekontak en hulle het onmiddelik met Formalito geskakel en gesorg dat ek 'n splinternuwe pakkie koeels van my keuse ontvang het.
Remington se stelling dat GSC beter tegnologie is: Het jy dit in die huisgenoot gelees?? Ek kraak nie hiermee GSC af nie, maar dit staan nerens dat dit so is nie. Dit staan ook nerens dat Barnes beter tegnologie is nie. Dus se ek die doel van hierdie post is nie om twee koeels met mekaar te vergelyk nie.
Remington se vraag oor hoekom ons koeels nie hier met mekaar kan vergelyk nie: Die naam van die post is
Barnes TSX - THE ULTIMATE BULLET!!! en nie
Barnes TSX vs the rest - the quest for the ultimate bullet nie. 
Jy is welkom om 'n aparte post te maak om koeels te vergelyk. Hierdie post is gemik op die werksverigting van Barnes koeels. Ons sal dit graag so wil hou.
Frederik se stelling dat hy smile van oor tot oor as kliente Barnes bring om te jag: Ek sou ook smile, dis gewoonlik die manne wat hulle huiswerk mooi gedoen het. Dis wonderlike koeels en ek ervaar dieselfde as jy, baie bloed en groot wondkanale met 'n maklike opvolg. Dit is 100% akkuraat dat die Gen 1 Barnes koeel nie altyd betroubaar oopgemaak het nie. Ek het meer as 500m geloop na ek 'n trofee-koedoebul 'n sitter van 'n hartskoot geskiet het voor ek hom gekry het. By herwinning het ek gemerk dat die puntjie toegebuig het en die koeel soos 'n solid reageer het. Die probleem is egter helemal uitgestryk.
PVDW se vraag oor Barnes in sy 223: Ek het net ervaring van die 53gr koeeltjie in die .22-250 en hy is dodelik. As ek jy is sal ek hom probeer en kyk wat maak hy. Dis dalk ook 'n slim plan om die 50gr een ook te toets en dan te kyk wat werk beste. Oor die groewe en die kort nek kan ek nie kommentaar lewer nie, maar soos ek gese het laai hom en kyk wat maak hy. As hy werk kan ek jou belowe jy sal nooit weer iets anders skiet nie.
COBB se vraag oor monometaal: Ja die Barnes is 'n monometaal ontwerp wat gelykmatig en beheerd omklink in 4 blare om 'n kenmerkende X te vorm as die omklink-proses voltooi is. Dit verskil van Impala in die sin dat Impala 'n soliede koeel is wat geensins oopmaak of omklink nie. Beide die Barnes en die Impala bevat egter geen lood nie.
Aan al die ander manne wat by die onderwerp hou en die res aanmoedig om dit ook te doen: Great, met julle kan mens 'n nasie bou!!
Ek wil glad nie persoonlik raak hier nie, ek wil net hard probeer dat daar hierdie keer by die onderwerp gehou word en nie kort kort afgedwaal word nie!!
Enige insette of vrae oor die werksverigting van die Barnes koeels sal baie waardeer word!
Daar is 'n hele klompie fotos en toetse wat sal volg waar die werksverigting van die Barnes Koeels mooi gewys sal word.
Stefaans kom in, Stefaans kom in....
Barnes-TSX Groete,
Lourens