Ek het besluit om die 143gr Hornday ELD-X punte in my Howa 6.5x55 te probeer.
Ek het oom Marius (tripodmvr) genader vir veilige begin ladings met S365 lot 88, om spoed te kan meet vir QL kalibrasie.
Vir toets doeleindes het ek as volg gelaai en spoed gemeet met 'n magnetospeed sporter asook 'n gewone chrony, 5m weg vanaf die tromp:
42gr - 2515 (MS) - 2499 (Chrony)
43gr - 2606 (MS) - 2577 (Chrony)
44gr - 2651 (MS) - 2630 (Chrony)
45gr - 2719 (MS) - 2630 (Chrony)
Oom Marius het met die data bevestig dat die 45gr lading presies op node is.
Ek het 12x rondtes met die 45gr gelaai en terug gegaan skietbaan toe.
Dit was 'n gemors van die begin af... ek kon op 100m nie eers 'n tennisbal grootte groep skiet.
Dit het my laat twyfel oor die QL resultate, maar na ek die geweer goed nagegaan het, het ek gesien die picatinny rail is los.
My rondtes was klaar so ek het maar terug gekeer huistoe om die rail vas te draai en nog rondtes te laai. Was redelik boos vir myself hieroor.
Terug op die skietbaan en dinge lyk stukke beter. Dit lyk of die lading wel op node is en die 6.5 tot sy reg gebring is !!!
Nou kan ek met 'n geruste hart begin laai en toets op langer afstande.
Gelukkig was dit nie 'n duur les nie, maar 'n goeie les nietemin - gaan altyd maar ALTYD jou gereedskap na wanneer jy herlaai en skiet !
Baie dankie oom Marius vir oom se hulp. As ek oom eendag iewers raakloop, sal ek oom 'n bier of 6 koop
6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
Netjies geskiet. Bly die resep werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
Blou Loctite vir daai rail maar gebruik min. Ek het dit ook al oorgekom en nog nooit weer probleme gehad na ek Loctite gebruik het nie. Ek het intussen al weer die rail afgehaal en het nie gesukkel om dit los te kry nie.
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
Verwys jy na Loctite 243 ?ruaanb wrote:Blou Loctite vir daai rail maar gebruik min. Ek het dit ook al oorgekom en nog nooit weer probleme gehad na ek Loctite gebruik het nie. Ek het intussen al weer die rail afgehaal en het nie gesukkel om dit los te kry nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: 6.5x55 143gr ELD-X Lading ontwikkeling
die enetjie. 20nm maak hom los.
https://www.wynns.co.za/product/nut-lock-50ml/
https://www.wynns.co.za/product/nut-lock-50ml/