Howa .243

Post Reply
Matewis28
Full Member
Full Member
Posts: 132
Joined: Sun Oct 12, 2014 5:47 am

Howa .243

Post by Matewis28 »

Het die naweek bietjie my Howa gaan inskiet met 100gr S&B patrone.

Moet sê hy het van wegtrek af baie mooi groepeer en toe ek die scope eventually ingestel het was daar 6 patrone wat nie afgevuur het nie. Interressant het die eerste 3-4 patrone diep houe met die slagpen meegebring en die laaste was baie lig op die slagdoppie.

Het hom na die skiet by Safari gehad en geweersmit se als lyk 100% normaal. Met blote oog lyk dit of van die slagdoppies dieper sit as die res. Het nou pak Federals gekoop en sal kyk hoe hulle doen sodra ek weer kans kry.

Maar vir R8000 geweertjie is ek baie tevrede.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Howa .243

Post by THOMAST »

Matewis28, ek bly in Protea Hoogte. As jy wil, bring daai gevuurde doppe en die wat nie afgegaan het nie, sodat ek die datumlyn op die skouers van die doppe kan meet, dit gee dalk verklaring oor die ongevuurde patrone en slagdop diepte.
Pm my as jy sou belangstel.
Post Reply