Windlees : langer afstande
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Windlees : langer afstande
Ek soek bietjie advies asb - die manne wat langer afstande skiet kom in asb!
Hoe maak mens om wind te lees op langer afstande? Kom ek skets die situasie:
Skiet Saterdag na n ghong toe - 545m se die RF. Dis amper windstil, maar daar is n luggie wat roer. Die probleem is dat hy by my van regs na links waai, maar by die target kan jy sien die stoffie trek van links na regs na die skoot geval het. Volgende skoot het die wind weer geswaai en waai hy andersom. Skoot daarna sien jy weer die stoffie wat reguit lug op trek.
Ek verstaan jy kan die probleem tot n groot mate beperk deur groter kalibers met n hoe BC punt te skiet. My vraag is hoe mens prakties te werk gaan om first time hits te verseker? Hoe weet julle wat die wind doen tussen jou en die target?

- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
Oefen om die kondisies te lees. Kyk na die omgewing en dan veral mirage ... so draai jou vergroting op en speel met die parralaks om te sien wat die mirage doen tussen jou en die teiken.
Dit is nie maklik nie maar ek is altyd reg met 'n tweede skoot om vinnig op te volg
Dit is nie maklik nie maar ek is altyd reg met 'n tweede skoot om vinnig op te volg
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Windlees : langer afstande
Gaan skiet bietjie saam die bisley manne daar op atlantis....
- joe rocket
- Hero Member

- Posts: 3326
- Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Re: Windlees : langer afstande
Soos Arnold sê let op na die mirage. Fish tail wind is maar moeilik. Maak n vlaggie aan jou gong stand vas. Probeer om wind te lees deur nie eerste na die vlaggie te kyk nie. Wanneer jy klaar jou besluit geneem het, kyk jy na die vlaggie. The wind is your fiend. 
GROETE
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
__________________________
Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Windlees : langer afstande
Wat Arnold noem werk lekker. Veral as jy tyd aan jou kant het. Op my eie skietbaan ( 1200m) het ek windkouse op 500m en 1km gesit. As jy jou parralaks op 500m stel sien jy die mirage soos die windkous waai. Stel hom weer op infinity dan sien jy hy waai anderkant toe op 1000m.Arnold wrote:Oefen om die kondisies te lees. Kyk na die omgewing en dan veral mirage ... so draai jou vergroting op en speel met die parralaks om te sien wat die mirage doen tussen jou en die teiken.
Dit is nie maklik nie maar ek is altyd reg met 'n tweede skoot om vinnig op te volg
Maar ja, baie keer neem ons eers die stap nadat ons n paar keer misskiet. Eintlik moet jy jouself dissiplineer om voor jy die 1ste skoot neem al die stap te neem!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
Kom lê lekker rustig op die gras, 9 Maart, en geniet die son terwyl jy probeer uitpluis wat die wind maak 
F-klas en die mense daar gaan jou die meeste baat aangesien hulle gereeld skiet en baie toegangklik is. Daar is nie baie om na te kyk behalwe die vlae en mirage nie so dit kan 'n goeie leerskool wees.

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13628
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Windlees : langer afstande
Ek kry 2 punte waar na ek kyk as ons skiet, een hier so by 300m en dan een by so 800m.
Deur daai 2 dop te hou kan ek nogals sien hoe en wanner die wind draai of van spoed verander en as jy n rukkie gele het kan jy die wind en sy verander nogals lekker time.
Een fout wat baie manne maak is om te skiet wanner die wind gaan le of hulle dink hy raak rustig, as jy die wind so time en kyk wanner hy van spoed of rigting verander skiet hom as hy op sy sterkste waai
Party keer gaan jy maar net jou gat sien in die wind maar ons probeer maar

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
pietskiet
- Full Member

- Posts: 143
- Joined: Fri Jun 26, 2009 10:28 am
Re: Windlees : langer afstande
Dankie kerels vir die flinke terugvoer!
Die mirage ding is interessant - ek sal dit probeer in kombinasie met die vlaggies.
Bietjie wind kan n ou se oggend lelik omkrap - manne langs my met die groot kalibers sukkel baie minder, maar die 243tjie se bullets skuif maar maklik heen en weer.

Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Windlees : langer afstande
Mirage op sy eie, kan vir jou lekker poetse bak as jy nuut is tot die windlees ding. Ek gebruik nog steeds waar moontlik, 'n 50cm stuk "surveyors tape" op so paar afstande tussen my en die teiken en vergelyk dan die mirage met die tape. Dis makliker om die windspoed met die tape te bepaal en dan die mirage te vergelyk en so te leer en te onthou. Van hier af is dit maar trial en error totdat jy so halwe "gutfeel"ontwikkel en natuurlik baie tyd in verskillende winde op die baan. Vir my is windlees baie soos my golf, net as ek dink ek het dit bemeester, dan val ek oor my eie voete.....
Aim small, miss small
- JBS
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm
Re: Windlees : langer afstande
Daar is maar net winde wat onleesbaar is......veral in bergagtige skietveld. Ek het baie begin baat deur slegs 2 skote van 'n skietpunt na n sekere teiken te skiet.....ongeag of hulle tref. Daai naar gevoel omdat ek so swak skiet het my die volgende kere gedryf om langer wind te "lees" voor ek die skoot skiet.
Ek dink nie dit is n nadeel om met 'n swakker BC rondte te oefen nie. Dit beklemtoon jou fout. Ek skiet nou al 9 jaar lang skote met 'n 308 en moes net wind beter leer lees/voorspel.
(Terloops 'n 308 hou in die Clarens distrik die rekord vir koue loop doodskoot op bobbejaan)
Varierende winde bly erg moeilik. Applied Ballistics (Brian Litz) het 'n vergelyking vir varieerende winde wat jou slegs baat as jy vanoggend begin uitwerk vir n laat middag skoot!
Laastens hou ek daarvan om my oefen skote op kamera vas te le en na die tyd daarna te kyk en te vergelyk met my notas. Die "vapor trail" is meestal mooi sigbaar en hang saam met die wind. Stel net die kamera agter jou op om bo-oor jou te kyk.

JBS
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13628
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Windlees : langer afstande
Waar ek en Stompe lekker reg gekom het met wind is toe ons so 3 gonge gehang het op 600m tot 1000m elke keer. Redelike groot gonge met n V kol cutout in die middel, so skiet hy n skoot en ek call wind en ek n skoot en hy call wind. As ons deur al 3 is skiet ons bq ander gewere of .22 vir n rukkie en begin dan weer, so oefen jy as die wind en kondiesies bq verander. Toe ons lekker in shape was het ons daai V “kol” se verf goed af geskiet en jy kon nie onderskei wie se skote is wie sin nie, probeer ook elke keer bq verder oefen elke keer raak dit bq makliker. Om ver te skiet as die wind stil is en jy range reg is nie te moeilik nie maar hoe verder hy gaan hoe groter raak daai fout wat jy met die wind maak.
Moeilikste wind vir my is nog een wat so draai tussen 11uur en half 12, as jy hom net te laat sien is jy in die bollie
Moeilikste wind vir my is nog een wat so draai tussen 11uur en half 12, as jy hom net te laat sien is jy in die bollie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Heinz Petersen
- Hero Member

- Posts: 1583
- Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm
Re: Windlees : langer afstande
Waar het die wind die meeste effek op n punt? Die eerste 100m of verder af op die baan
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
- Victor_
- Full Member

- Posts: 220
- Joined: Fri Jan 08, 2016 2:34 pm
Re: Windlees : langer afstande
Verder seker, waar hy spoed verloor en meer kan skuif.Heinz Petersen wrote:Waar het die wind die meeste effek op n punt? Die eerste 100m of verder af op die baan
Sent from my iPhone using Tapatalk
- JBS
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm
Re: Windlees : langer afstande
Albei is maar belangrik.Heinz Petersen wrote:Waar het die wind die meeste effek op n punt? Die eerste 100m of verder af op die baan
Die naby wind se effek op die ver afstand is groot omdat die hoek verander het.
Die ver wind laat jou stadiger punt meer uitwyk.
Bv.
n Naby wind (waai slegs op 0-100m en daarna stil) deflekteer jou punt dalk net 2,5cm op 100m maar die effek op 1000m is 25cm.
Dieselfde wind tussen 900-1000m gaan die punt 75cm laat uitwyk maar die finale effek is slegs die 75cm.
Dieselfde wind tussen 500-600m deflekteer die punt 34,6cm met n finale effek op 1000m van 58cm.
Die kombinasie van die winde maak dinge lekker interessant!
JBS
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Windlees : langer afstande
Ek dink wat ook nog nie hier genoem is nie is topografie. Ek het eendag saam met n baie ervare omie bo op n berg gele en skiet oor n vallei. Nou hy skiet n paar honderd bokke langafstand op daai plaas van hom saam met kliente elke jaar. Hy het my mooi verduidelik om die wereld voor jou soos n rivier te sien waarin water sou vloei. Gewoonlik waai die winde soos wat die water sou vloei. Dit het nogals gehelp, veral om winde deur die vallei te skat.
Last edited by Smitstertjies on Tue Feb 19, 2019 9:02 am, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
As ek nou probeer verstaan wat jy hierbo sê bedoel jy dat die wind nie net die koeël skuif nie maar ook van rigting laat verander? In ander woorde die rigting van voorwaartse momentum van die koeël word beinvloed soortgelyk aan as jy skrams 'n tak raak skiet?JBS wrote: Bv.
n Naby wind (waai slegs op 0-100m en daarna stil) deflekteer jou punt dalk net 2,5cm op 100m maar die effek op 1000m is 25cm.
Ek stem egter nie hiermee saam nie maar is oop vir oortuiging. Ek dink maar aan wind soos saamgestelde rente, hoe nader aan die teiken hoe minder beinvloed 'n ekstra deposito die finale bedrag
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Windlees : langer afstande
Wind bly maar 'n blaksim!!
- Ammion
- Hero Member

- Posts: 571
- Joined: Wed Jun 07, 2017 10:07 am
Re: Windlees : langer afstande
Die manne wat benchrest skiet het gewoonlik 4 of 5 vlaggies wat wind rigting en sterkte aandui - hoe nader die vlaggie hoe groter die invloed.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7568
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
Arnold
Is dit nie presies wat JBS se nie? Wind wat verder in die koeel se vlugbaan is het n groter invloed op die koeel as wind nader aan die skietpunt is?
Groetnis
Wout
Is dit nie presies wat JBS se nie? Wind wat verder in die koeel se vlugbaan is het n groter invloed op die koeel as wind nader aan die skietpunt is?
Groetnis
Wout
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
Soos ek sy skrywe lees is dit nie die kruks van die verduideliking nie en as dit was sou ek ook daarmee verskil. Wat ek sien is dat as die teiken op 1000m staan en daar is sleg wind tot 100m dan is die effek op 1000m 10x groter as op 100m. Die defleksie op 500m-600m word 2x groter op 1000m en die defleksie op 1000m bly dieselfde.Wouter Roets wrote:Arnold
Is dit nie presies wat JBS se nie? Wind wat verder in die koeel se vlugbaan is het n groter invloed op die koeel as wind nader aan die skietpunt is?
Groetnis
Wout
As die wind ophou waai na 100m, moet die defleksie op 1000m dan nie dieselfde absolute afstand wees as wat dit op 100m was nie?
Windskuif vs. rigting verandering
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Windlees : langer afstande
Soos ek dit nog altyd verstaan het, het die wind vandat die koeel die loop verlaat, al 'n invloed op die koeel se baan, maar weens die hoër aanvanklike spoed, is die invloed kleiner as bv by 'n 1000m waar die spoed van die koeel laer is. As mens dus in 10mph wind uit 90` skiet na 100m, 500m en 1000m sonder om enigsins te stel en as mens aanvaar die wind is vir die hele afstand konstant in spoed en rigting, gaan jou afwyking op 100m heelwat minder wees as op 1000m.
As ek egter op 1000m skiet en die windspoed daar is verskillend as die windspoed by my, stel ek eerder vir die windspoed by die teiken as by my. As die ringting verskillend is, probeer ek maak 'n gemiddeld tussen die 2 uitwerk en stel dan daarvoor.

- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Windlees : langer afstande
Ek het op hierdie artikel afgekom op Applied Ballsitics se webwerf wat beweer die eerste gedeelte het die grootste effek op windskuif juis agv die verandering soos JBS geskryf het.Arnold wrote:Soos ek sy skrywe lees is dit nie die kruks van die verduideliking nie en as dit was sou ek ook daarmee verskil. Wat ek sien is dat as die teiken op 1000m staan en daar is sleg wind tot 100m dan is die effek op 1000m 10x groter as op 100m. Die defleksie op 500m-600m word 2x groter op 1000m en die defleksie op 1000m bly dieselfde.Wouter Roets wrote:Arnold
Is dit nie presies wat JBS se nie? Wind wat verder in die koeel se vlugbaan is het n groter invloed op die koeel as wind nader aan die skietpunt is?
Groetnis
Wout
As die wind ophou waai na 100m, moet die defleksie op 1000m dan nie dieselfde absolute afstand wees as wat dit op 100m was nie?
Windskuif vs. rigting verandering
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Windlees : langer afstande
Ek gaan bietjie lees en meskien word my plat kop ook rond 
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
- JBS
- Jr. Member

- Posts: 62
- Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm
Re: Windlees : langer afstande
Hi Arnold
Die wind verander die rigting van die vlug pad en druk nie net die punt ewewydig aan die siglyn na 'n seker kant toe nie. Wanneer die wind ophou waai (of nie meer n effek op die punt in vlug het nie) is die punt reeds op 'n nuwe vlug pad wat met 'n hoek afwyk van die oorspronklike vlug lyn.
Omdat die hoek verander het en die oorblywende vlug pad 'n reguit lyn is ( a.g.v. geen verdere wind) kan die posisie van impak reglynig voorspel word.
Sodra die wind op die hele vlug pad op die punt inwerk lyk die vlug pad soos 'n eksponensiele kurwe (a.g.v. die punt/ projektiel snelheid wat verminder en die wind bly konstant).
Die vergelyking vir konstante wind oor die hele afstand is die een wat geprogrammeer word in die "APPS" op telefone.
Die voorspelling van die punt wat onderworpe is aan verskeie sterktes winde en rigtings is egter moeilik en dit is diè vergelyking van Brian Litz (Applied Ballistics) wat erg lank vat.
Ek bereken die effek van elke segment wind en sommeer dan die lot.
groetnis!
Die wind verander die rigting van die vlug pad en druk nie net die punt ewewydig aan die siglyn na 'n seker kant toe nie. Wanneer die wind ophou waai (of nie meer n effek op die punt in vlug het nie) is die punt reeds op 'n nuwe vlug pad wat met 'n hoek afwyk van die oorspronklike vlug lyn.
Omdat die hoek verander het en die oorblywende vlug pad 'n reguit lyn is ( a.g.v. geen verdere wind) kan die posisie van impak reglynig voorspel word.
Sodra die wind op die hele vlug pad op die punt inwerk lyk die vlug pad soos 'n eksponensiele kurwe (a.g.v. die punt/ projektiel snelheid wat verminder en die wind bly konstant).
Die vergelyking vir konstante wind oor die hele afstand is die een wat geprogrammeer word in die "APPS" op telefone.
Die voorspelling van die punt wat onderworpe is aan verskeie sterktes winde en rigtings is egter moeilik en dit is diè vergelyking van Brian Litz (Applied Ballistics) wat erg lank vat.
Ek bereken die effek van elke segment wind en sommeer dan die lot.
groetnis!
JBS
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Windlees : langer afstande
Baie interessant. Dit is amper soos n sethou in golf waar jy n "double break" het. Alhoewel die balletjie gewoonlik meer wegval op die einde van die set is dit tog die eerste stuk afstand van die set wat die grootste invloed op die eindresultaat het.Gian_dP wrote:Ek het op hierdie artikel afgekom op Applied Ballsitics se webwerf wat beweer die eerste gedeelte het die grootste effek op windskuif juis agv die verandering soos JBS geskryf het.Arnold wrote:Soos ek sy skrywe lees is dit nie die kruks van die verduideliking nie en as dit was sou ek ook daarmee verskil. Wat ek sien is dat as die teiken op 1000m staan en daar is sleg wind tot 100m dan is die effek op 1000m 10x groter as op 100m. Die defleksie op 500m-600m word 2x groter op 1000m en die defleksie op 1000m bly dieselfde.Wouter Roets wrote:Arnold