Eerste geweer vir jong jagter.

Post Reply
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Eerste geweer vir jong jagter.

Post by Frikjordaan »

In Namibi? begin die jagters en geweerskieters jonk.

Die vraag is watter bekostigbare geweer kan 'n begin jagter en geweerentoesias mee begin.
Dikker profiel loop met Terminator KD is voorvereiste, 6mm of 6.5 is gegewe.

Een opsie sou wees om goeie loop en aksie te soek en te laat pasmaak maar dit is duur, so as mens na die meer bekostigbare soort gewere kyk is dit seker Howa of Tikka of ?

Sal bly wees as manne wat al hierdie pad geloop het en baie navorsing gedoen het kan raad gee en soort en model kan aanbeveel.

Aanduiding van wat die prysklas waarvan ons praat, kan wees?

Geld is min en Ma sal moet help betaal, want teleskoop en Terminator moet mos ook bekostig word.

Wil graag begin met geweer met goeie akkuraatheidspotensiaal, sodat die kuns van akkurate herlaai en raakskiet 'n werklikheid kan word. 'n leeftyd van groot plesier l? voor.

Raad en aanbeveling sal waardeer  en aange"pass" word.
Dankie
Frik
Karasberge Namibi
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Eerste geweer vir jong jagter.

Post by Francois Marais »

Oom Frik

Hoe oud is die klong,en wat gaan hy jag??

Ekself het met n Sako Varminter in 223 Rem beginne, baie lank terug, kan goed onthou, het met hom in 1986, 1250 Springbokke in 3 maande geskiet...........

Ek het daar van hierdie nuwe Remington Tactical roere, kort lopie, hy lyk sommer of hy lus het vir skiet, in 223 kal....maar soos ek se, hang maar van n paar goete af,jy het mos my nommer, bel dan kan ons lekker gesels, nog beter, kom drink koffie....

Mooiloop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Post Reply