Long Range Camera System!

Post Reply
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Long Range Camera System!

Post by Original Harry »

Ek speel al lank met die idee van my eie "long range camera system" vir die gongs hier van 500 meter en verder ::) Almal het my na die Wi-Fi roete verwys en ek was net nie lus vir "high-gain" antennas by transmit- en ontvangs kant + routers + wifi access points + laptop + batterye om alles te dryf vir ses-ure nie ::) ::)

Kry toe die gedagte van die manne wat so drones vlieg en met 'n fancy bril of klein screen sien waar hulle vlieg 8) 8) Nou ek verstaan so bietjie van radios (Radio Amateur) en het begrip vir die beperkinge van radio seine maar dog toe ek gaan dit 'n shot gee ::)

Toerusting toe aangekoop:
1. Flysight Black Pearl RC801 DVR FPV Monitor - Basies die ontvanger en skerm om mee te kyk.
2. Matek UBEC DUO 4A-12 en 4A-5V - Skoon voltage regulator en power supply vir transmitter en kamera.
3.TBS Unify Pro 5G8 HV - SMA Video Transmitter - Die gadget wat die kamera beeld moet uisaai na die ontvanger toe.
4. CADDX SDR2 Mini 1200 Tvl FPV kamera.
5. Lumenier AXII 5.8 Ghz Antenna SMA (RHCP) x 2. - Antennas vir die transmitter en ontvanger.

Flysight Black Pearl RC801 Ontvanger en monitor op 'n Gorillapod.
https://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/Long%2002.jpg

Matek Power supply, TBS Unify Pro Transmitter met antenna aangeskroef en CADDX kammeratjie (Big Lighter net vir skaal)
Sommer 'n cheap 12V HDD cooling fan om die transmitter koud te hou - was ontwerp om te vlieg en op die grond moet jy hom koud waai
https://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/Long%2001.jpg

Ek gebruik 12V / 7Ah UPS batterye om die ontvang kant en transmit kant van krag te voorsien. Die Flysight Black Pearl het sy eie battery ingebou maar weereens omdat dit net vir drone flying gebruik word is die interne battery lewe te kort. Ek het die UPS battery lewe getoets en met uitsaai krag van 800mW, saam met die cooling fans is UPS battery lewe langer as 6 ure. (Ek het toets op ses ure gestop) Dieselfde met die receiver/skerm......ook langer as 6 ure.

Sondag wat verby is het ek die set-up se range gaan toets op ons aanloopbaan en hier onder die beeld met die transmitter en ontvanger 1300m vanaf mekaar verwyder (Kamera het sommer net nog los gelê en nou nie mooi opgelyn op iets nie)
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/Long%2004.jpg

Nou dat ek weet ek het die range en die plan kan werk het ek 'n ou dooie rekenaar se power supply uitgehaal en die binnekos van die power supply uit gestrip. (Het nognie 'n foto) Die bonus is dat die power supply ook nog 'n ekstra cooling fan het. (Daai transmitter chip raak geweldig warm en cooling is uiters belangrik en noodsaaklik). Al die transmitter komponente en kamera het ek in die power supply box ingebou en 'n on-off switch, LED, om te wys daar is krag, en 'n charging socket om die ding lekker plug-en-play te maak bygevoeg! Gisteraand klaar gebou en getoets op die bank en die chip bly lekker koud .............nou net mooimaak en dan die belangrikke FIELD TEST!!!!

NS: Ek weet reeds die kamera se "field of view" is te wyd (170 grade) en jy sal hom gevaarlik naby aan die gong teiken moet neersit vir goeie sig :-[
Sou ook goed werk vir 200m en verder op papier teikens om die gaatjies te sien (Hier is die afstand van die kamera na die teiken darem minder krities vir stukkend skiet)

Ek kyk nou reeds na 'n alternatiewe kamera opsie en daar is baie.............analoog veiligheids kamera met 6mm lens behoort die trick te doen!

Alles (batterye ook) behoort baie netjies in 'n Storm iM2600 case in te pas vir lekker mobilliteit!
Krag verbruik vir die transmitter is so max 1200mA en ek behoort darem 6 ure op 'n battery te kry!
Last edited by Original Harry on Thu Jan 17, 2019 12:14 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Willie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 460
Joined: Thu Dec 09, 2010 1:36 pm

Re: Long Range Camera System!

Post by Willie »

Jy het my nou voor gespring met die idee . Wat kos die komponente so ver ?
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Original Harry »

Willie, ek het vergeet om te sê "Google is your Friend" as jy soortgelykke idees op die web wil bekyk :-[

Ek het plaaslik gekoop en dink dit is so rondom R5K waarvan die "receiver/skerm" die duurste was....so R2,8K. (Prys natuurlik nog sonder die Storm Case)

Ek dink as jy na Amazon kyk kan jy heelwat spaar ;D ;D
Last edited by Original Harry on Thu Jan 17, 2019 12:15 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Long Range Camera System!

Post by Riaan Kriel »

Goue plan daai.... Glo daar is manne wat belangstel in so stelsel veral as jy op langer afstande begin ladings toets ens.
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Vleisie »

Ons het so 2 jaar terug die oefening aangepak vir 'n long range kamera, op daardie stadium het die manne ons aanbeveel om die Wifi Roete te gaan, omdat ons ñ sisteem gesoek het wat tenminste tot op 1myl(1609m) kan werk.
Waarna ons die sisteem as volg aanmekaar gesit het, 2 mikrotik routers(stuur en ontvangs) met ñ CCTV kamera(hier het ons bietjie meer spandeer as wat sekerlik nodig is, maar goeie kwaliteit beeld help) , inverter om die laptop vanaf te werk en alles word getrek deur 2 ou deep cycle battery wat ons klaar tot ons beskikking gehad het.
Op daardie stadium van die geveg het die sisteem so R5500 gekos, maar die Mikrotik routers het intussen R800/eenheid afgekom in prys, dus reken ek mens kan hierdie sisteem sekerlik onder R4000 nou anmekaar sit.
kostes van die stands nie in gereken nie.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Original Harry »

Mooi sisteem daai Vleisie ;D .........en was "the way to go" voor hierdie drone stormloop begin het ;D

My persoonlike spesifikasie was:
1. Range 1000m (Het al getoets tot 1300m en met klein helical directional antennas is ek seker sal ons 'n myl kan haal)
2. Battery leeftyd 6 ure plus.
3. Hele outonome sisteem (batterye ingesluit) moet in een Storm Case kan inpas. - Verkieslik Storm iM2600 of kleiner. (Ek gebruik 2 x Gorillapods vir drie-voete)

Sovêr voldoen ek aan al drie behalwe die sisteem is nog nie ge-field-test met 'n skiet nie :-[

Jou kamera natuurlik losvoor ;D ....en ek gaan eers 'n goedkoop CCTV 720P analoog kamera toets om wiring, field-of-view en zoom uit te sort voor ek vir iets so nice gaan ;D
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Vleisie »

Wat baie lekker van hierdie sisteem is, op die deepcycle batterye hardloop dit die hele dag, het hom al getoets van 8am tot so net na 6na, so ongeveer 12 ure en volgens die inverter se battery monitor het ons nog so 60% by die laptop oorgehad. Na ons die vertraging op die sisteem uitgefigure het, is dit baie lekker om dadelik die skote te kan sien en te call vir die man agter die roer.
Dit is nou wel nie so lekker self contained nie, maar nou gebruik ons dit net 2 of 3 keer per jaar.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
User avatar
Original Harry
Full Member
Full Member
Posts: 130
Joined: Fri May 18, 2018 9:23 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Original Harry »

Transmitter box nou klaar gemaak en soos hy lyk met kamera ingebou.......25-06 patroon net vir skaal ;)

http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20190118_075548_640x480.jpg

Transmitter box vanaf kragvoorsienings kant, on-off switch, DC input socket en flashing LED net vir snaaksigheid ;D
http://i100.photobucket.com/albums/m23/Carel_01/20190118_075536_640x480.jpg
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Long Range Camera System!

Post by Vleisie »

Daardie kyk baie netjies.
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
Post Reply