Sabatti lope

Post Reply
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Sabatti lope

Post by Armand Steenkamp »

Dagse vrinne, hoop dinge loop beter en beter in die nuwe jaar. Ek het besluit om my 6.5x55 Ackley Howa n langer loop op te sit. Ek kan nou n 28duim Sabatti loop vir n baie goeie prys kry. Dink julle dis die gamble bert? Ek het nie baie vertroue in die sabatti lope na vorige gesprekke po die forum nie. Maar die prys is van so n aard dat ek hom moet oorweeg. Is daar dalk al iemand wat n sabatti loop op laat sit het ? En is julle tevrede ? Daar is tog n paar sabattis wat mooi skiet? Of moet ek maar net langer spaar en n Whalter opsit?
Groetnis
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sabatti lope

Post by Arnold »

Werk mooi uit wat die toertjie jou gaan kos en besluit dan (nie net die loop se prys nie). Ek is seker daar is mense wat sukses met die lope het maar is jy regtig bereid om moontlik weer te sukkel soos jy met die Savage gesukkel het?

Watse lengte soek jy? As 26" lank genoeg is kan jy ook na die Kooperasie se Walther lope kyk wat self nie sleg geprys is nie. As jy egter met 'n visstok wil skiet het Safari lekker lang Walther lope :)
6.5 Cartridges Compared.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Sabatti lope

Post by Maroelas »

Arnold wrote:
6.5 Cartridges Compared.jpg
Het iemand nie hierdie tabel vir die 6mm kalibers nie?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Sabatti lope

Post by Arnold »

Maroelas wrote:
Arnold wrote:
6.5 Cartridges Compared.jpg
Het iemand nie hierdie tabel vir die 6mm kalibers nie?
Maroelas, kyk regs onder in klein skrif ... hierdie het ek bymekaar gesit toe ek moes besluit op 'n 6.5 kaliber.

Met wat ek oor die jare geleer het het ek dit onlangs ook vir 6mm gedoen maar sommer in my kop om te besluit op 'n dop. Met die vergelyking is daar egter 'n paar behoeftes aangespreek wat reeds baie doppe vinnig uitskakel en op my lys het die 6x47 en 6 Creedmoor agter gebly. Met die effe meer dopkapasiteit het die creedmoor effe meer spoed.

Met die koeels wat ook die heeltyd ontwikkel en verbeter is dit moeilik om 'n omvattende tabel op te stel en daarby het ons nou minder Somchem en meer internationale poeiers tot ons beskikking.
Post Reply