'n Wapensmid by uitstek
Posted: Tue Nov 27, 2018 2:17 pm
Goeiemiddag lede
Die doel van hierdie plasing is om van die merkwaardige werk van 'n besondere wapensmid te getuig...
Ek het onlangs die voorreg gehad om 'n langafstand pasmaak geweer te laat bou by Chrisjan Diedericks in Roodepoort (Foto 1). Ek het ladings begin skiet, en die doppe het baie swaar uit die geweer se kamer gekom ten spyte van uitstekende akkuraatheid (Foto 2). Dit was ook die laaste teiken wat geskiet is voordat die geweer terug is na Chrisjan vir die probleem.
Chrisjan het die geweer terug geneem en bevind dat daar 'n fout met die nuwe reamer was wat hy gebruik het om die kamer mee te sny. Hy het die teleskoop verwyder, staalwerk uit die kolf gehaal, die loop uit die aksie gedraai, die kamer herstel met 'n ander reamer, poleer en die geweer van vooraf aanmekaar gesit.
Ek het die geweer ontvang, en is baan toe met 10 patrone om te sien of die doppe nou maklik uittrek. Ek het op 100m gaan lê, nie 'n enkele kliek gestel nie (Teleskoop waas op dieselfde verstelling as voorheen) en die eerste skoot geskiet wat op foto 3 die plakker gesny het. Ek kon dit nie glo nie en vra vir my goeie vriend Jan Venter om asb 'n skoot te skiet, en daar sny sy skoot myne. (En die doppe trek 100% uit soos hy moet)
Ek was stom, die geweer was heeltemal uit mekaar gehaal, kamer is herstel, van voor af aan mekaar gesit en hy skiet op presies dieselfde plek as voorheen!! Ek weet nie met wie dit al gebeur het nie, maar in my boeke getuig dit van besondere vakmanskap, en dank ek vir Chrisjan dat ek die voorreg het 'n geweer te besit wat deur hom met sy presisie aan mekaar gesit is - dit is 'n voorreg.
Manne indien julle 'n wapensmid soek wie se werk getuig van die hoogste gehalte - Chrisjan Diedericks is eerste op my lys!
Mooi dag!