'n Wapensmid by uitstek

Post Reply
User avatar
WSM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am

'n Wapensmid by uitstek

Post by WSM »

Goeiemiddag lede

Die doel van hierdie plasing is om van die merkwaardige werk van 'n besondere wapensmid te getuig...

Ek het onlangs die voorreg gehad om 'n langafstand pasmaak geweer te laat bou by Chrisjan Diedericks in Roodepoort (Foto 1). Ek het ladings begin skiet, en die doppe het baie swaar uit die geweer se kamer gekom ten spyte van uitstekende akkuraatheid (Foto 2). Dit was ook die laaste teiken wat geskiet is voordat die geweer terug is na Chrisjan vir die probleem.

Chrisjan het die geweer terug geneem en bevind dat daar 'n fout met die nuwe reamer was wat hy gebruik het om die kamer mee te sny. Hy het die teleskoop verwyder, staalwerk uit die kolf gehaal, die loop uit die aksie gedraai, die kamer herstel met 'n ander reamer, poleer en die geweer van vooraf aanmekaar gesit.


Ek het die geweer ontvang, en is baan toe met 10 patrone om te sien of die doppe nou maklik uittrek. Ek het op 100m gaan lê, nie 'n enkele kliek gestel nie (Teleskoop waas op dieselfde verstelling as voorheen) en die eerste skoot geskiet wat op foto 3 die plakker gesny het. Ek kon dit nie glo nie en vra vir my goeie vriend Jan Venter om asb 'n skoot te skiet, en daar sny sy skoot myne. (En die doppe trek 100% uit soos hy moet)


Ek was stom, die geweer was heeltemal uit mekaar gehaal, kamer is herstel, van voor af aan mekaar gesit en hy skiet op presies dieselfde plek as voorheen!! Ek weet nie met wie dit al gebeur het nie, maar in my boeke getuig dit van besondere vakmanskap, en dank ek vir Chrisjan dat ek die voorreg het 'n geweer te besit wat deur hom met sy presisie aan mekaar gesit is - dit is 'n voorreg.

Manne indien julle 'n wapensmid soek wie se werk getuig van die hoogste gehalte - Chrisjan Diedericks is eerste op my lys!

Mooi dag!
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by Capt. Yoda »

Ja Chrisjan verstaan daai werk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 994
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by Kallie Fernhout »

Middag weet jy wat fout was met eerste reamer?
User avatar
WSM
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 77
Joined: Wed Jan 15, 2014 6:26 am

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by WSM »

Kallie, die diameter was nie eenvormig oor die romp area van die dop nie.
RSA .270 WSM
RSA .300 WSM
Howa 6.5x55
Ruger Alaskan .416 Ruger
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by ruaanb »

is dit nie iets wat opgetel moet word deur die smid nie .? custom gewere is groot geld so jy wil nie met so n probleem sit nie, veral nie as julle vêr van mekaar af is nie.

moenie my kruisig nie is net my opinie.
Chrisjan

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by Chrisjan »

Baie dankie vir die mooi woorde. Dit is nie altyd spesifiek die werk wat jy uit sit nie, maar die geluk in jou kliente se hartjies wat mens inspireer om die beste moontlikke werk te lewer.


Hi Ruan, dit is 'n geldige vraag. Die enigste manier om dit op te tel is om die reamer te 3d scan voordat jy hom gebruik. Die virgin brass as dummy round vir custom freebore het ook geen indikasie gegee nie en die go-guage is heelwat kleiner op diameter.

Mens vetrou mos dat die reamer mos reg van die verskaffer af kom. Anders moet ons al die nuwe custom aksies wat ons gebruik eers stuur vir X-ray en verhardings toetse.

Met die oog en even ,n digitale angle cube sal dit moeilik wees as die vervardiger die skouers 29 instede van 30 grade geslyp het.

Ek gebruik vir 'n ruk nie meer daardie vervaardiger nie weens hulle te gereeld foute uit stuur en nie by tydsreelings hou nie.

Groete
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by Geno »

Was die roer na produksie ge toetsvuur en gevind dat die doppe sonder probleme uitkom?
Goed, beter, 6millimeter!
Chrisjan

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by Chrisjan »

Ja, ek was die dag saam op die baan met die inbreek proses. Die probleem het egter eers begin kop uitsteek met die work hardening en uitset van die doppe.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: 'n Wapensmid by uitstek

Post by ruaanb »

Dankie vir die verduideliking Chrisjan.
Post Reply