Goeie Dag almal
Ek wil graag hoor of daar al manne n nuwe loop op hulle 300 win mag gesit het en wat hulle opgesit het?
Dit Sal die eerste keer wees wat ek n ander loop op n geweer sit en sal graag wil weet wat is die moet en moet nie met so iets.
Sal graag n 26" of 28" op die geweer wil sit maar hoor graag van julle.
Dankie JJ
Sent from my EML-L09 using Tapatalk
300 win mag ander loop
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 300 win mag ander loop
Waarvoor gaan jy die geweer gebruik?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 300 win mag ander loop
Soos Malam vra sal jou aplikasie n groot rol speel in die tiepe loop wat jy wil op sit,lengte gewig en twist.
As jy met hom van een plek af of van n bakkie af swaar/lang koels wil skiet kan jy basies n 28" heavy varmint met n 1/10 of self n 1/9 twist op sit. As hy wil stap en jag gaan so lang swaar loop lastig raak, gewig kan jy me werk deur n ander profiel te gebruik maar die lengte sal grootliks bepaal word deur wat jy met hom wil doen. As net "standaard" jag koels in 180gr klas wil skiet sal n 1/11 twist wat meer bekombaar is ook werk

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: 300 win mag ander loop
JJ,
Ek het n 27.5”, 1:10 heavy varmint tru flite ultra match op my 300WM. Ek gebruik hom 90% van die tyd vir kudus in berge. Ja hy is swaar, maar dit is nie asof elke minuut n straf is nie. Ek sorg dat ek vooraf gewoond is aan die roer se massa en redelik fiks is.
Stuur vir BSniperEM n pm. Hys ook in PE en het dieselfde opset.
Ek sou persoonlik nie ligter gaan as light palma nie. Vir n jagroer dink ek dit is n goeie balans.
Met n vleisie...

JJ777
- Newbie

- Posts: 23
- Joined: Sun Jun 03, 2018 7:26 pm
Re: 300 win mag ander loop
Baie dankie vir al die raad. Die swaarder geweer sal nie pla nie ek sal hoofsaaklik jag met hom maar as ek n paar gonge en papier wil skiet moet hy sy maak kan maak.
Huidiglik het hy standaard 24" dun loop op en moet se ek sukkel van begin af het al amper 700 - 900 skote geskiet en het al alles onder die son gedoen maar kry net nie die geweer gegroepeer nie. So eks verby die punt van gatvol wees.
Kry mens gewere wat net n "dud" is?
Mellies ek dink daai is n goeie opset Sal ook na so iets dalk kyk. Sal met Bsniper ook praat baie dankie.
Sent from my EML-L09 using Tapatalk
Huidiglik het hy standaard 24" dun loop op en moet se ek sukkel van begin af het al amper 700 - 900 skote geskiet en het al alles onder die son gedoen maar kry net nie die geweer gegroepeer nie. So eks verby die punt van gatvol wees.
Kry mens gewere wat net n "dud" is?
Mellies ek dink daai is n goeie opset Sal ook na so iets dalk kyk. Sal met Bsniper ook praat baie dankie.
Sent from my EML-L09 using Tapatalk
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 300 win mag ander loop
As jy se jy het al alles probeer, wat beteken dit? miskien kan ons jou help voor jy baie geld op 'n loop spandeer. Stuur bietjie detail oor die geweer en jou metode van lading ontwikkeling
-
Gbyleveldt
- Sr. Member

- Posts: 339
- Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am
Re: 300 win mag ander loop
Ek het self al n lang frustrerende pad geloop met ‘n dunloop 308 en lading ontwikkeling gedoen dat dit by my ore uitkom; selfs ander kolf opgesit. Party dae doen hy .8 MOA, ander dae doen hy amper 2 MOA. Silencer opgesit en kry nou .4 MOA en partykeer beter, so ek het vrede gemaak met dit. Dit is my bosgeweer so wou nie dik loop opsit nie; soos hy nou is met silencer is hy ‘n plesier om heel dag deur die bos te loop en akkuraat genoeg vir my doeleindes.
Dalk oorweeg om silencer op te sit?
Dalk oorweeg om silencer op te sit?
-
Malan123
- Hero Member

- Posts: 2128
- Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Re: 300 win mag ander loop
Dis nou reeds hoekom ek vra. Loop verander is laaste opsie. Daar is baie ander goed wat mens voor die tyd kan uitskakel. Ek het al ouens gesien wat uit die vuis uit lading ontwikkeling doen en dan se die roer wil nie skiet nie - ek se nie dit is die geval hier nie. Dan het ek ook al gesien manne skiet sub moa, maar is nie gelukkig nie en se die roer wil nie skiet nie. Met meer inligting kan ons dalk help om 'n ander probleem uit te skakel.
Silencer gaan verseker help met recoil beheer en dit sal akkuraatheid beinvloed, maar gaan nie 'n 5moa geweer noodwendig na sub moa bring nie. 300 skop maar lekker en dis ook nie enige ou wat sy recoil effektief kan hanteer nie
As jy se jy sukkel van die begin af kan dit moontlik 'n dud wees, of jy doen iets verkeerd.
herlaai jy self?
het jy ladder toets gedoen of QL gebruik of albei?
Het jy al verskillende punte gebruik?
Watter doppe?
Die lys gaan aan. Met genoeg inligting kan ons jou dalk so paar rand spaar op 'n loop.