Page 1 of 2

Help asb met identifisering van mis

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:12 am
by ChristoK
Middag manne,

Is hierdie mis op die foto Jakkalsmis?

https://i.imgur.com/0oUzQ11.jpg

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:24 am
by Malan123
Christo, dit lyk soos jakkals ja. Met so baie op 1 hoop is jy heel moontlik baie naby aan 'n teelgat

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:28 am
by ChristoK
Malan123 wrote:Christo, dit lyk soos jakkals ja. Met so baie op 1 hoop is jy heel moontlik baie naby aan 'n teelgat
Dis 70m van my huis af in my wildskamp.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:32 am
by Malan123
Dis baie moontlik. Ek het laas jaar stelletjie op my grasperk geskiet. Die mis lyk dun op die foto dis hoekom ek se dit kan moontlik naby teelgat wees (kleintjies).

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:34 am
by Joe13
Is daar geen spoor nie?

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:42 am
by ChristoK
Joe13 wrote:Is daar geen spoor nie?
Nee die tarentale en bokke loop heeltyd oor die spore want dis in 'n paadtjie.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 11:49 am
by naas222
Kan jy haar of been in mis sien...?
Lyk maar bietjie kalsium vry..
Mmmmmmmm


Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 12:12 pm
by ChristoK
Ek het gou nog 'n foto gaan neem van naby:

https://i.imgur.com/XevtqSI.jpg

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 12:15 pm
by naas222
Watse sade is daai... boer jy tamaties??? ;)


Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 12:26 pm
by JohanvB
lyk vir my na k.a.k.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 12:42 pm
by saswart
Ystervark dalk?

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 1:35 pm
by Omnia
Manne ek het nou mooi gekyk dis defnitief "plural kaks" met ander word se ander naam , feases met ander woorde !!!!

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 1:44 pm
by ChristoK
Omnia wrote:Manne ek het nou mooi gekyk dis defnitief "plural kaks" met ander word se ander naam , feases met ander woorde !!!!
Haha, ek het nou maar 'n trailcam daar opgesit dat ons agter die kap van die byl kan kom.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 1:45 pm
by ChristoK
saswart wrote:Ystervark dalk?
Hier is baie buite die wildkamp maar daar is niks gate onderdeur my draad nie, die onderste 900m is jakkalsdraad met elektrisiteit.

Ons check die draad elke oggend, dit kan dalk wees dat daar nou al vir 3 jaar een hier binne bly? Dis hoe lank terug ek die heining gespan het.

Ek het al 'n paar plekke gesien waar iets probeer uitgrou van binne af maar dan klits die draad hom voor hy verder as 5cm diep vorder.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 1:52 pm
by FHM
ChristoK wrote:
Omnia wrote:Manne ek het nou mooi gekyk dis defnitief "plural kaks" met ander word se ander naam , feases met ander woorde !!!!
Haha, ek het nou maar 'n trailcam daar opgesit dat ons agter die kap van die byl kan kom.
Ok ek se muishond...kom ons kyk...

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 1:56 pm
by ChristoK
Hierdie fred hieronder laat my dink dis dalk 'n ystervark, ek hoop dit is so want ek is nie lus om daai jakkals te soek nie, die kamp is net 50ha maar kan nogsteeds lang storie word.

https://jaracal.com/viewtopic.php?f=57&t=43136

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 2:10 pm
by Lamtjop
Grysmuishond en muskejaatkat maak so latriene. Laasgenoemde hou van bessies en vrugte so kyk maar vir pitte/sade.

Re: Help asb met mis identifisering

Posted: Tue Oct 30, 2018 3:05 pm
by ChristoK
Lamtjop wrote:Grysmuishond en muskejaatkat maak so latriene. Laasgenoemde hou van bessies en vrugte so kyk maar vir pitte/sade.
Hulle is volop hierso, hoop die trailcam sĂȘ ook dis Muskeljaatkat.

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 6:22 am
by naas222
En?

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 9:05 am
by ChristoK
naas222 wrote:En?

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Die sondebok het nie gisteraand sy verskyning gemaak nie, maar die kamera het ander besoekers gehad.


https://i.imgur.com/sMHCyh4.jpg
https://i.imgur.com/jY0hKBo.jpg
https://i.imgur.com/xX73CRU.jpg
https://i.imgur.com/Dr3HfWK.jpg

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 9:47 am
by FHM
Ja nee Christo, ek dink nie dis sy stront wat ons probeer ID nie... ++>:

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 9:48 am
by Apie
ChristoK wrote:
naas222 wrote:En?

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Die sondebok het nie gisteraand sy verskyning gemaak nie, maar die kamera het ander besoekers gehad.


https://i.imgur.com/sMHCyh4.jpg
https://i.imgur.com/jY0hKBo.jpg
https://i.imgur.com/xX73CRU.jpg
https://i.imgur.com/Dr3HfWK.jpg

Lyk of hy selfies kom neem het


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 9:48 am
by naas222
My geld op nie n jakals nie ;) ;)

Sent from my SM-J105F using Tapatalk

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Wed Oct 31, 2018 10:09 am
by Joe13
Hoop jy kry hom, ek is nuuskierig om te sien.

Re: Help asb met identifisering van mis

Posted: Fri Nov 02, 2018 6:19 pm
by naas222
En hy nogie week kom stempel afdruk nie??

Sent from my SM-J105F using Tapatalk