.223 Howa 20" Varmint

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

.223 Howa 20" Varmint

Post by Swede »

Wie het ondervinding met hierdie 1-9 20" .223 van Howa. Ek wil graag weet hoe akkuraat hy skiet met die 60-75gr koels. Is die magasyn lank genoeg om die lang koels optimaal te kan seat. Wil ook graag weet watter kombinasie kruit, primer en koel gebruik word en dan ook die spoed wat geskiet word.
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Swede »

Niemand nie?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Rudie »

Ek kan raad gee met die 22 en 24" Varmint. Hulle skiet albei die 75gr amax en 73 - 75 eld bitter mooi. Die een geweer wil niks weet van S321 nie en ek gebruik nou S335 in die 22" een.

Ons is wel in die hoëveld so dit help om die swaar pitte te stabiliseer.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: .223 Howa 20

Post by Swede »

Rudie wrote:Ek kan raad gee met die 22 en 24" Varmint. Hulle skiet albei die 75gr amax en 73 - 75 eld bitter mooi. Die een geweer wil niks weet van S321 nie en ek gebruik nou S335 in die 22" een.

Ons is wel in die hoëveld so dit help om die swaar pitte te stabiliseer.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Rudie, wat is die twist van die 24" Varmint?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Rudie
Hero Member
Hero Member
Posts: 971
Joined: Thu Dec 26, 2013 12:06 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Rudie »

Die 22 en die 24 varmint is albei 9 twist. Die 22" hou van 'n lekker jump so ek kan hom uit die magasyn skiet.

Spoed met die 75gr is 2880fps met S335 uit die 22" loop

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Swede »

Dankie!
And as thy days, so shall thy strength be
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Vlakvark »

Ek het onlangs so roer gekoop,en sommer 'n klomp rondtes aan mekaar gegooi vir 'n cull .Ongelukkig moes ek die rondtes laai voor ek nog die geweer gehad het,so ek het net aan mekaar geslaan 55g Nosler shots met 25.5g AR2206H Dit het nege skote gevat om in die bul te kom. Die volgende tien skote was twee ,vyf skoot groepe wat altwee onder .5'' was.Die TPL was 57mm B-P .Loop lengte 502mm.My spoed was baie laag 2845f/s en nie op 'n node nie.

Ek het vandag ELD M 75 en 80g koeëls gekoop.Hulle gaan definitief te lank wees vir die magasyn kas.Dit lyk wel of dit maklik gaan wees om die magasyn kas te verleng. Daar is 'n plaatjie wat uit gehaal kan word,of dit gaan werk weet ek nie.Ek sal more daarna probeer kyk. Ek moet eers gras sny,en ek het baie gras. Dan wil ek van daai 75 en 80 g koeëls laai om die naweek te skiet.As ek klaar gelaai het sal ek kyk of dit gaan werk om die plaatjie uit te haal om die magasyn kas te verleng.

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/45208086_2152633728081130_8013180811257839616_n.jpg

Van Links na regs 55g VMAX, 62g BT ,75g ELD m en 80g ELD m
http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/45166262_625197521215688_2630400704086278144_n.jpg
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Swede »

Dankie, hou ons op hoogte oor die magasyn en hoe die 75 en 80 gr koels skiet
And as thy days, so shall thy strength be
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Vlakvark »

Ok om die plaatjie te ''modify'',gaan nie werk nie die ''bolt face'' is gelyk met die plaatjie.Hier trek ek die plaatjie uit,en onder hom kan jy die ''bolt'' sien

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5008.jpg

'n geweer smit kan seker hier 'n stukkie verwyder dan sal jy die langer koeëls kan gebruik.deur die plaatjie so twee of drie mm agter toe te skuif,en ook die ''bolt stop'' so bietjie korter te maak,dan sal die ''bolt'' ver genoeg terug kan beweeg om die rondte op te tel en vorentoe te kan vat

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5013.jpg

Of jy kan hom van bo af laai,jy kan hom tussen die magasyn se lippe in knip as jy wil.een rondte op 'n slag.

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5003.jpg

Hier kan jy sien hoeveel die 80g ELD m te lank is vir die magasyn.

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5016.jpg

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5000.jpg
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Vlakvark »

Nog nie gelaai nie ,maak nog doppe skoon.Die TPL van die ammunisie gaan wees
55g VMAX base to ogive 47.99 mm base to point 58.10mm
62g B Tail base to ogive 48.90 mm base to point 59.25 mm
75g ELD m base to ogive 49.08 mm base to point 62.97 mm
80g ELD m base to ogive 49.17 mm base to point 63.05 mm

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN5021.jpg

Wel nuwe LED ligte op die herlaai tafel geïnstalleer.

http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN4992.jpg
http://i799.photobucket.com/albums/yy272/Gerhardt_Louw/Herlaai/DSCN4991.jpg

Ek het nog 'n .223 met 'n langer loop en 1/12'' twist'' loop so ek gaan die Howa laat ackley om die doppe probleem tussen die twee gewere op te los
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Arnold »

Maak die howa se boltstop korter, dan beweeg die slot tot agter soos 'n 308 se slot. Nou kan n 308 se magesynkas en voerplaat gebruik word.

Meskien kan jy by iemand n spaar magesynkas kry wat na n chassis opgradeer het ;)
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Jurgen Visser »

Ek volg die setup so bietjie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D


Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Vlakvark »

Hi Arnold

Op foto twee waar ek met die staal pennetjie wys,kan dalk 'n probleem wees.dat die dop nie hoog genoeg gaan wees dat die ''bolt'' die rondte gaan uit stoot nie. En dan gaan 'n man dalk 'n ''milling''masjien of 'n geweersmid nodig hê. Maar jou plan klink of hy mooi kan werk.

Ek self gaan nie hier karring nie.Ek gaan myne as 'n enkel skoot gebruik vir lang afstand oefening,sal sien tot waar hy wil gaan.vir ander skiet, en ''culling''werk gaan ek die 55g V en ZMAX'e gebruik. Ek gaan wel die geweer ackley.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Arnold »

Ek sien nou die feed rails is nie tot agter dieselfde nie.

Bolt stop modify en 'n center feed AICS tiepe magesyn en bottom metal sal ook kan werk.
Willem Grobler
Full Member
Full Member
Posts: 154
Joined: Mon Jul 08, 2013 2:48 pm

Re: .223 Howa 20" Varmint

Post by Willem Grobler »

Swede, ek het n Rem 700 Tactical. 20” loop 1:9 twist en het nog nie eers by 75 gn punte uitgekom nie. Ek skiet nog d heeltyd 55 gn Sierra BK, GK en Nosler BT Varmint (ek het n klomp gehad). Al 3 se “point of impact” is dieselfde en ek laai almal S321, 26gn & tpl 58.57, vps 3140. Groepering is uitstekend ek kan net dink wat hy met swaarder pille gaan maak...
Post Reply