Page 1 of 1
Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Wed Oct 24, 2018 4:43 pm
by 30-06
'n Stel ou en nuwer doppe het n 'n tumbling oefening gemeng geraak.
Ek is nie nou seker wat is nuut en wat is oud nie.
Ek het hulle op looks geskei maar twyfel in my poging.
Die ou stel het al baie geskiet en ek vermoed die primer pockets wil al begin rek.
Is daar enigsins 'n manier om die doppe sinvol te probeer klas.
Hoor graag wat julle dink.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Wed Oct 24, 2018 4:50 pm
by airhunter
As jy die oues baie geskiet en getrim is, sou die gewig nie vir jou aandui nie?
Ek raai maar.
Behalwe as dit PMPs is. Hulle weeg wat hulle wil.

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Wed Oct 24, 2018 5:59 pm
by tripodmvr
Ek sou nie my kop daaroor breek as dit vir jag is nie. Hitte behandel die nek en skouer van elk en dan is hulle reg na 'n sarsie deur die matrys. Tensy jy die doppe straf met hoƫ druk wat die slagdopgate laat rek, is die nekke wat bars gewoonlik die einde van 'n dop. Dit kan jy beperk met behoorlike en gereelde uitgloei. Selfs na elke skiet as jy vir jou doppe omgee.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Wed Oct 24, 2018 9:17 pm
by Ds J
Kyk na die voetstukke van die doppe. Die grafering behoort baie vlakker te wees op die ou doppe.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Wed Oct 24, 2018 10:09 pm
by 30-06
Dankie vir die raad.
Ek sal die gewig check. En ook die grafering. Dit maak dalk meeste sin.
Ouer doppe is meer gesny maar nie in dieselfe vehouding nie. Druk is laag. Ek glo daar is van die pockets wat begin rek.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Thu Oct 25, 2018 3:05 pm
by Vlakvark
As die ou doppe al baie geskiet is kan jy ook voel of dar nie 'n ring binne die doppe is,waar hulle gewoonlik 'head separation '' kry nie.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Thu Oct 25, 2018 3:14 pm
by Eugene
My raad sal wees om hulle te probeer sorteer as jy die primer indruk. Die ouer doppe behoort met minder druk in te gaan en die nuwes met meer druk. Al manier waaraan ek kan dink....
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Thu Oct 25, 2018 5:41 pm
by win270
Vra ook bietjie vir Kaspaas op hierdie forum. Dalk het hy 'n metode wat betroubaar is in hierdie geval.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Fri Oct 26, 2018 8:15 am
by 30-06
Dankie ek sal vir Kaspaas pm.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Fri Oct 26, 2018 12:14 pm
by Harambe
'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Fri Oct 26, 2018 12:21 pm
by tripodmvr
Kyk na my voorstel bo en jy hoef nie Rennies vir sooibrand of Prozac vir die stres te gebruik nie. As jy doppe tot 20x kan herlaai gaan 1 na 3 herlaaie min verskil maak.
Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Fri Oct 26, 2018 12:32 pm
by Ratel
Harambe wrote:'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
LMGA. Ja veral so aan die begin van die naweek is dit belangrik.

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?
Posted: Fri Oct 26, 2018 2:09 pm
by AJ Botha
Ratel wrote:Harambe wrote:'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
LMGA. Ja veral so aan die begin van die naweek is dit belangrik.

Dit laat my dink aan iets wat ek hier op die forum op iemand se signature gelees het...
Dit is amper naweek, gooi 'n enkel, maak net dubbelseker...