Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post Reply
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by 30-06 »

'n Stel ou en nuwer doppe het n 'n tumbling oefening gemeng geraak.

Ek is nie nou seker wat is nuut en wat is oud nie.
Ek het hulle op looks geskei maar twyfel in my poging.
Die ou stel het al baie geskiet en ek vermoed die primer pockets wil al begin rek.

Is daar enigsins 'n manier om die doppe sinvol te probeer klas.
Hoor graag wat julle dink.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by airhunter »

As jy die oues baie geskiet en getrim is, sou die gewig nie vir jou aandui nie?

Ek raai maar.

Behalwe as dit PMPs is. Hulle weeg wat hulle wil. >:+ :laugh:
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by tripodmvr »

Ek sou nie my kop daaroor breek as dit vir jag is nie. Hitte behandel die nek en skouer van elk en dan is hulle reg na 'n sarsie deur die matrys. Tensy jy die doppe straf met hoë druk wat die slagdopgate laat rek, is die nekke wat bars gewoonlik die einde van 'n dop. Dit kan jy beperk met behoorlike en gereelde uitgloei. Selfs na elke skiet as jy vir jou doppe omgee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2220
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by Ds J »

Kyk na die voetstukke van die doppe. Die grafering behoort baie vlakker te wees op die ou doppe.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by 30-06 »

Dankie vir die raad.
Ek sal die gewig check. En ook die grafering. Dit maak dalk meeste sin.
Ouer doppe is meer gesny maar nie in dieselfe vehouding nie. Druk is laag. Ek glo daar is van die pockets wat begin rek.
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by Vlakvark »

As die ou doppe al baie geskiet is kan jy ook voel of dar nie 'n ring binne die doppe is,waar hulle gewoonlik 'head separation '' kry nie.
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by Eugene »

My raad sal wees om hulle te probeer sorteer as jy die primer indruk. Die ouer doppe behoort met minder druk in te gaan en die nuwes met meer druk. Al manier waaraan ek kan dink....
Aim small, miss small
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by win270 »

Vra ook bietjie vir Kaspaas op hierdie forum. Dalk het hy 'n metode wat betroubaar is in hierdie geval.
30-06
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by 30-06 »

Dankie ek sal vir Kaspaas pm.
Harambe
Hero Member
Hero Member
Posts: 681
Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by Harambe »

'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
Of so iets
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by tripodmvr »

Kyk na my voorstel bo en jy hoef nie Rennies vir sooibrand of Prozac vir die stres te gebruik nie. As jy doppe tot 20x kan herlaai gaan 1 na 3 herlaaie min verskil maak.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1895
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by Ratel »

Harambe wrote:'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
LMGA. Ja veral so aan die begin van die naweek is dit belangrik. ++>:
Maak 'n verskil
AJ Botha
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 400
Joined: Mon May 17, 2010 5:39 pm

Re: Is daar 'n manier om ou en nuwe doppe uit te ken?

Post by AJ Botha »

Ratel wrote:
Harambe wrote:'n Ou dop is warm en het nie meer gas in nie. 'n Nuwe dop het gas en ysblokkies in.
LMGA. Ja veral so aan die begin van die naweek is dit belangrik. ++>:
Dit laat my dink aan iets wat ek hier op die forum op iemand se signature gelees het...

Dit is amper naweek, gooi 'n enkel, maak net dubbelseker...
Post Reply