Nuwe Lid
Posted: Mon Oct 15, 2018 3:02 pm
Goeie dag mense.
My naam is George Erasmus en ons Erasmusse is mal oor jag, skiet en visvang.
Ek het al n paar keer die forum tee gekom terwyl ek opsoek was na inligting oor die roere en ek moet se dat die groepie op die bol is as dit kom by raad.
Ek is afkomstig van die bosveld wereld, gebebore en groot geword naby Ellisras. Die familie het groot wildsplase gehad in die omgewing en ons het seker gemaak dat die bokke lekker vet was en biltong altyd in oormaat was.
Ek is tans a student, besig met my meesters in chemie in die vrystaat, maar is nogsteeds n gewilde jagter en hoop om meer aktief te wees by skyfskiet ook.
Ek het groot geword met n .22, .243 en 7mm Rem Mag en ons hele familie is Glock ondersteuners.
Ek het onlangs vir my a 6.5 creedmoor aangeskaf en n .22 ge-erf.
Ek hoop om van die slim manne te leer met skiet- en herlaai sake, op hoogte te bly met nuwe verwikkelinge asook n plek om my eie ondervinding te deel.
Byvoorbaat dankie vir julle tyd, aandag en kennis.
Groete