Nuwe Lid

Nuwe lede, stel jouself gerus voor/
New member, please introduce yourself
Post Reply
G£orge
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Mon Oct 15, 2018 1:19 am

Nuwe Lid

Post by G£orge »

Goeie dag mense.

My naam is George Erasmus en ons Erasmusse is mal oor jag, skiet en visvang.
Ek het al n paar keer die forum tee gekom terwyl ek opsoek was na inligting oor die roere en ek moet se dat die groepie op die bol is as dit kom by raad.

Ek is afkomstig van die bosveld wereld, gebebore en groot geword naby Ellisras. Die familie het groot wildsplase gehad in die omgewing en ons het seker gemaak dat die bokke lekker vet was en biltong altyd in oormaat was.

Ek is tans a student, besig met my meesters in chemie in die vrystaat, maar is nogsteeds n gewilde jagter en hoop om meer aktief te wees by skyfskiet ook.

Ek het groot geword met n .22, .243 en 7mm Rem Mag en ons hele familie is Glock ondersteuners.

Ek het onlangs vir my a 6.5 creedmoor aangeskaf en n .22 ge-erf.

Ek hoop om van die slim manne te leer met skiet- en herlaai sake, op hoogte te bly met nuwe verwikkelinge asook n plek om my eie ondervinding te deel.

Byvoorbaat dankie vir julle tyd, aandag en kennis.

Groete
Glock 19 Gen4,
Tikka T3X CTR 6.5 Creedmoor
BRNO mod2 .22
Howa 22-250 rem
7.62x39 Diamondback AR
Howa 7mm Rem Mag
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re: Nuwe Lid

Post by Heinz Petersen »

Welkom George. So moet n bekendstelling wees. Nou weet ons amper alles van jou. :)
Ja, hier is sommer baie inligting om van te kies.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Nuwe Lid

Post by jankraay »

Heinz Petersen wrote:Welkom George. So moet n bekendstelling wees. Nou weet ons amper alles van jou. :)
Ja, hier is sommer baie inligting om van te kies.
Ek stem saam die man stel homself mooi voor.

Baie welkom George.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Nuwe Lid

Post by ruaanb »

welkom George
Post Reply