HBN en hoe ons hom rol

User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

HBN en hoe ons hom rol

Post by Capt. Yoda »

Yes Manne

Na die "loop skoon maak" draat het ek paar smse en PMs gehad oor hoe ons te werk gaan met HBN en die koels en dan ook hoe ons die loop behandel so ek gaan dit hier sit dan kan enige ou maar lees en self besluit.
Die is wat ek maar by mekaar gesit het deur n klomp gesprekke met Jan Kraay en Herme van CMH so is nie ek wat slim is nie maar hier is basies hoe ek dit doen.

Ek het van Moly af oor gegaan HBN toe net omdat dit lyk of ek met HBN baie vinniger na n skoon loop weer op die regte nommers is. Of HBN beter vir my werk as Moly sal ek nog moet sien want Moly het regtig alles gedoen wat ek van dit verwag het maar omdat ek my loop elke keer silver skoon maak het dit my bq begin vang om elke keer voor n komp my loop te moet gaan "vuil" maak.

Wat jy nodig het of wat ek gebruik is die volgende
1 HBN kit van CMH. Die kit bevat n houer HBN wat jou kinders nog sal gebruik, ceramic media, plastiek houer, n plastiek lepel, in hout stokkie wat JC seker by Vereniging se mug&bean vas le en die instructions.

Dan gebruik ek ook acetone, 95% alcohol en 2 boremops per kaliber.

https://preview.ibb.co/f1rg3e/DSC_0744.jpg

https://preview.ibb.co/k2xtGz/DSC_0745.jpg

Eerste stap gooi ek al die koels in acetone sodat hulle mooi skoon is en gooi hulle dan deur n sif vir obvious reasons. Die acetone gaan weer terug in sy houer en die koels le bq op n handoek om droog te word.

Terwyl die klomp nou bq droog word sit ek ma se oond solank op 160grade, na so 15min as die oond reg is gooi ek die spul op n pan en sit dit in die oond. Nou moet die pan nie bo teen die element sit nie anders gaan dit lyk of jy n pan unicorn horings uit haal soos die foto wys. Hulle werk nog soos hul moet hulle lyk net of dit eder in n kaapse nagclub gebruik moet word, die volgendes het ek laag in die oond ver van die element af gesit en hulle lyk reg.

https://image.ibb.co/drhw3e/20181001_174341.jpg

Na 3min haal ons hulle uit en gooi hulle in die plastiek houer saam met die ceramic media en n lepel HBN poeier om in ons tumbler te tumble. Ek gebruik n Lyman vibrator maar jy kan omtrent enige tumbler gebruik. Die ceramic media moet maar net die HBN impact plate teen die koel

Voor die tyd gooi ek kla so lepel HBN saam met die media en tumble net die media en HBN vir n uur om die media reg te kry vir die koels, dit word ook so op die pamflet wat saam met die HBN kom verduidelik.
Draai maar tape om die plastiek houer se prop elke keer wat jy tumble om seker te maak die prop val nie af nie.

Nou vat jy jou houer met HBN, ceramic media en koels, draai tape om die prop en druk hom in jou tumbler en laat hom tumble vir n uur of 2.

As hulle klaar getumble het gooi jy alles uit op m plastiek sak of op jou mat as jy vir ma wil kwaad he en haal dan maar die koels uit, as alles uit mekaar is gooi weer die ceramic balle terug in jou plastiek houer en bere die houer vir volgende keer.

Die spul gaan nou so lyk, onthou die koels gaan nie so multi colour wees nie tensy jy soos ek die klomp teen die element in die oond sit nie...

https://preview.ibb.co/bMGEOe/DSC_0720.jpg

Nou vat ek die koele en gooi hulle in n ou rugby kous, die wat nie n rugby kous het nie kan maar n lap of jou ou tennis rompie vat en die klomp da op uit gooi. Skut nou die koels bq in die kous/lap sodat die los HBN wat nog op die koel is af kom, jy polish hulle nou amper. Die HBN plate basies in die koel in so jy wil nie n spierwit poeier koel he nie net n koel wat lyk of hy so n ligte wit suiker lagie op het.
Die ouens is nou lekker glad so vat maar mooi as jy nie wil he hulle moet op die grond val nie

https://preview.ibb.co/c59hbz/DSC_0722.jpg

Nou is jou koele reg om gelaai te word, as alles weer aan mekaar is lyk hy so
https://preview.ibb.co/mp0kDe/DSC_0748.jpg

Meeste ouens wat al met Moly gewerk het vra dadelik of HBN so "glad" soos Moly is. Nou dis moeilik maar ek dink Molly is bq gladder of anders gestel HBN vat bq minder kruit as Moly om weer by dieselfde spoed te kom.
In my SLR was die lading met Moly 42.9gr N160 agter n 105gr VLD en n 105vld met HBN vat 42.6gr vir basies dieselfde spoed.

Nou is ons ammo gerol maar ons het nog een stap voor ons gaan lawaai maak en dit is om ons loop gereed te kry vir die HBN koel. Vir dit gebruik ek die 95% alcohol wat ek vroer van gepraat het en die 2 moppe.

Koop n 250ml bot 95% alcohol by dischem of clicks en gooi n lepel HBN da in, as die HBN gaan le sal jy dit duidelik onder sien en dan as jy dit wil gebruik skut jy die bot goed todat dit soos melk lyk.

https://preview.ibb.co/feGQUK/DSC_0743.jpg

As jou loop skoon en droog is vat jy een boremop op jou rod en druk dit in die HBN/alcohol melk in en druk hom so nat deur jou loop, op en af en agter uit weer. Maak hom weer net en druk hom weer deur, op en af agter uit. Baie manne gebruik somer n patch wat hulle nat maak in die alcohol met bq HBN op maar die manier werk vir my beter. Ek laat die loop nou so 15min staan sodat die alcohol verdamp en die HBN in die loop los dan vat ek n ander droe mop en druk hom deur, op en af agter uit net om die ergste HBN uit te kry. Nou het jou loop n ligte lagie HBN in wat help dat jy net so fowler kort dan is die volgende skote in die groep.

Hoop dit help iemand, vra maar as iets nie duidelik is nie.

O ja die manne wat jag met die koels kyk maar net die HBN verstop die meplat bq
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Baie mooi opgesom. Ek hou van daai koele wat jy daar het. Lyk soos n klomp ou Smarties wat jou ouma 5 jaar onder in die kas gebere het en jy kry dit een jaar vir Kersfees

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Capt. Yoda »

Ek het n paar van daai perses vir jou gebere vir volgende naweek :-*
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Capt. Oblivious wrote:Ek het n paar van daai perses vir jou gebere vir volgende naweek :-*
ImageImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Gbyleveldt »

Baie dankie vir die info, ek het self begin opsoek na jou kommentaar oor HBN in n ander draad.

Soos ek die saak verstaan: Die groot issue met lope skoonmaak is dat die eerste skoot net daarna sal gagga wees omdat die carbon/copper ‘smeermiddel’ nou uitgehaal is. Volgens die skrywe op Perigrine se blad vat dit n paar fowler skote vir als om te stabiliseer, dit maak sin en is immers wat ons almal beleef in werklikheid. Dit maak ook sin dat dit hierdie eerste skote is wat die meeste stres op n loop gee omdat die wrywing baie hoog is totdat die carbon/copper/poeier ‘smeermiddel’ weer in plek is.

So, die dom vraag; sal dit nie ook werk om net die loop, direk na skoonmaak, met n HBN mop te behandel nie? Vergeet van koeels behandel, ek wonder of jy net n lagie HBN in die loop smeer voor die eerste skoot? Vandaar sal daaropvolgende skote/dryfmiddel die lubrication oorneem soos wat traditioneel gebeur?
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Gbyleveldt wrote:Baie dankie vir die info, ek het self begin opsoek na jou kommentaar oor HBN in n ander draad.

Nope dit gaan nie werk nie. Sodra die HBN uit jou loop uit is met die 1ste skoot gaan jou 2de skoot maar dieselfde wees as n skoon loop skoot.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by tripodmvr »

Gbyleveldt wrote: So, die dom vraag; sal dit nie ook werk om net die loop, direk na skoonmaak, met n HBN mop te behandel nie? Vergeet van koeels behandel, ek wonder of jy net n lagie HBN in die loop smeer voor die eerste skoot? Vandaar sal daaropvolgende skote/dryfmiddel die lubrication oorneem soos wat traditioneel gebeur?
Jan, Peregrine se betoog gaan oor loopvoorbereiding wat die wrywing met die eerste skoot verminder. Die dryfmiddel bevat grafiet wat ook dan 'n bydrae lewer. Ek het self daaroor gedink en besef dat die gesmeerde koeëls dan elke keer sorg vir smering.

Die vraag is nou, het julle GB se voorstel eksperimenteel bevestig d.w.s. slegs loopvoorbereiding met HBN en dan skiet met "skoon" koeëls, om te sien hoe dit spoed en groepering beinvloed?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Oom Marius ek het so n halwe toets gedoen en gesien dat my druk aansienlik optel soos die skoon skote deur die loop gaan oor die spoed vermeerder. Die groepe maak dan oop oor ek uit die node band uit beweeg.

Sodra die .243 se lisensie deurkom sal ek die toets ordentlik doen. Sal dan ladings dadelik begin doen met HBN en dan skoon punte deur die loop skiet om te kyk wat gebeur met die groepe.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Heinds »

'n Belangrike vraag wat ek het is het enigiemand 'n wesenlike verskil gesien in loop lewe in vergelyking met uncoated vandat hulle Hex begin gebruik het. Ek praat nie hier van Amerikaanse forums nie maar iemand hier in SA. Ek het data wat ek kan deel maar sal dit graag wil vergelyk.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Heinds wrote:'n Belangrike vraag wat ek het is het enigiemand 'n wesenlike verskil gesien in loop lewe in vergelyking met uncoated vandat hulle Hex begin gebruik het. Ek praat nie hier van Amerikaanse forums nie maar iemand hier in SA. Ek het data wat ek kan deel maar sal dit graag wil vergelyk.
Heinds ek moet se dat my 32” CM se loop wat ek van dag een af op HBN skiet nog baaaie mooi lyk. Keel lyk goed asook die lande. Ek skiet n 140 RDF teen 2955vps met N550.

Verder as dit kan ek nie se nie. Mens sal maar n kaliber moet toets van loop tot loop maar ek het nog net een loop in my lewe uitgeskiet en dit was sonder HBN.

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by JPS »

Heinds wrote:'n Belangrike vraag wat ek het is het enigiemand 'n wesenlike verskil gesien in loop lewe in vergelyking met uncoated vandat hulle Hex begin gebruik het. Ek praat nie hier van Amerikaanse forums nie maar iemand hier in SA. Ek het data wat ek kan deel maar sal dit graag wil vergelyk.
Oom Piet Breedt het so paar videos wat met borescope geneem is al deurgestuur wat toon dat dit definatief wesenlike verskil maak Ja.

Ek dink dit is dalk op die HBN draad van CMH geplaas.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Heinds »

Ek het sover 2200 skote met my 22-250 en ek Hex hom van dag 1 af. So bietjie oor 'n jaar.

So onder die omstandighede dink ek hy doen heel goed maar ons sal sien hoe ver hy gaan.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by jankraay »

Heinds wrote:Ek het sover 2200 skote met my 22-250 en ek Hex hom van dag 1 af. So bietjie oor 'n jaar.

So onder die omstandighede dink ek hy doen heel goed maar ons sal sien hoe ver hy gaan.
My 22-250 is op 1300 moeg gewees so daai is n goeie beginImage

Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by airhunter »

jankraay wrote:

n Ou hond leer moeilik nuwe truuks. Miskien verstaan ek netnie al hierdie chemiese goed nie.
Ek het altyd gedink verlies aan loop lewe begin by die lande. Die verweer van die eerste deel van die lande het te doen met die vlam wat dit "wegbrand"
Die hoeveelheid dryfmiddel wat verbrand word is die faktor.
Ek kan insien dat verlies aan wrywing n rol gaan speel maar dalk n kleiner rol as die verweer van die eerste deel van die lande deur die vlam.
Kan iemand asb vir my puntsgewys die voordele (rede) gee van waarom mens dit behoort te gebruik sodat ek n beter insig kan kry?
Ek steun maar altyd op ou manne met baie ondervinding.

https://www.youtube.com/watch?v=8tgqxasFjnM
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Capt. Yoda »

Gbyleveldt wrote:Baie dankie vir die info, ek het self begin opsoek na jou kommentaar oor HBN in n ander draad.

Soos ek die saak verstaan: Die groot issue met lope skoonmaak is dat die eerste skoot net daarna sal gagga wees omdat die carbon/copper ‘smeermiddel’ nou uitgehaal is. Volgens die skrywe op Perigrine se blad vat dit n paar fowler skote vir als om te stabiliseer, dit maak sin en is immers wat ons almal beleef in werklikheid. Dit maak ook sin dat dit hierdie eerste skote is wat die meeste stres op n loop gee omdat die wrywing baie hoog is totdat die carbon/copper/poeier ‘smeermiddel’ weer in plek is.

So, die dom vraag; sal dit nie ook werk om net die loop, direk na skoonmaak, met n HBN mop te behandel nie? Vergeet van koeels behandel, ek wonder of jy net n lagie HBN in die loop smeer voor die eerste skoot? Vandaar sal daaropvolgende skote/dryfmiddel die lubrication oorneem soos wat traditioneel gebeur?

HBN moet “geplate” word om te werk soos ons wil he dit moet werk, as jy dit net in jou loop sit en normale skoon koels skiet sal die 2de
of 3de skoot op skoon staal wees, wel staal en die carbon/coper wat neer gele is van die eerste skoot. Die HBN wat in jou koel is is die rede dat elke skoot nou na dit "op" die HBN ry, die manne het die HBN al tot saam met hulle kruit gemeng om te kyk of hulle dit nie so deur hul loop verspry kan kry nie. Met Moly kan dit dalk nog werk vir n paar skote want Moly word basies op die staal vas gebrand so jy sal n paar skote kan skiet met skoon koels voor jy nou nie meer op die Moly is nie maar teen daai tyd gaan jy ook al weer carbon en coper in jou loop neer gele het so nou gaan jou druk/spoed weer verander. Is ook hoekom jy Moly nat kan aanwend en HBN nie, HBN moet ge-impact plate word om te werk anders gaan jy dit net af vryf of dit skut af soos jy dit in jou ammo boksie rond ry. Die trick as jy dit so wil stel is om alles dieselfde te hou van skoot 1 tot 30 want ons probeer dan nou reeds om ons spoed en groep dieselfde te hou oor n hele dag se skiet
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by savage(P Coetzer) »

Ek het nou nie die hele video van die real gunsmith klaar gekyk nie maar ek dink hy mis die punt en kyk n belangrike ding mis. Hy redineer dat druk maak n loop dood. So 65 000psi uit n 6ppc en 65 000psi uit n 243 gaan dan dieselfde lewe gee. Maar dis soos om te sê 3 bar in n trekker wiel en 3 bar in n fiets wiel is dieselfde. Hy vergeet heeltemal van die volume van die gas.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Capt. Yoda »

airhunter wrote:
jankraay wrote:
Heinds wrote:Ek het sover 2200 skote met my 22-250 en ek Hex hom van dag 1 af. So bietjie oor 'n jaar.

So onder die omstandighede dink ek hy doen heel goed maar ons sal sien hoe ver hy gaan.
My 22-250 is op 1300 moeg gewees so daai is n goeie beginImage

Sent from my iPhone using Tapatalk

n Ou hond leer moeilik nuwe truuks. Miskien verstaan ek netnie al hierdie chemiese goed nie.
Ek het altyd gedink verlies aan loop lewe begin by die lande. Die verweer van die eerste deel van die lande het te doen met die vlam wat dit "wegbrand"
Die hoeveelheid dryfmiddel wat verbrand word is die faktor.
Ek kan insien dat verlies aan wrywing n rol gaan speel maar dalk n kleiner rol as die verweer van die eerste deel van die lande deur die vlam.
Kan iemand asb vir my puntsgewys die voordele (rede) gee van waarom mens dit behoort te gebruik sodat ek n beter insig kan kry?
Ek steun maar altyd op ou manne met baie ondervinding.

https://www.youtube.com/watch?v=8tgqxasFjnM

Ek gebruik HBN omdat ek wil he skoot 2 tot 30 moet dieselfde wees en as ek my loop skoon maak wil ek nie sukkel nie, loop lewe is n by saak en as ek 20% meer skote kry is dit n bonus.

Die redes hoekom dit moontlik kan bydra tot beter loop lewe is:

Die nr 1 rede hoekom jou lands weg brand is die hitte in die keel area met die vlam , HBN hou jou loop baie kouer. EK het nie eers nodig gehad om n masjien te gebruik nie ek kan dit somer met die hand voel.
Moly doen dieselfde maar ek kon duidelik die verskil voel met HBN.
Die HBN behoort ook n laag te form tussen die staal en die gas so weer dit behoort te help met die vlam en warm gas in die keel

Of dit is wie weet, David Tubb se dit werk en John Whidden se Moly is koning. Al 2 die manne is van die beste skuts in die geskiedines van skiet so wie is ons om te stry.
Ek weet wel met Moly het my lands in my SLR baie stadig weg gebrand so ek sal oor nog n paar skote kan sien of daar n verskil is elke 100 skote tussen die 2.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by LUAN »

Wat is die doel van die koeels in die oond sit? Moet hulle warm in die hbn gaan om dit te maak sit?
Ek wonder of die acetone sal werk saam koeels met plastiek punte. Ek weet dit maak sekere soorte plastiek "brittle". Sal baie hartseer wees as jou lot koeels se punte almal afval
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Capt. Yoda »

Jy hoef hulle nie in die oond te sit nie, ek en Jan doen dit maar Herme was hulle net en tumble.
Ek doen dit maar want dan weet ek hulle is mooi droog en dit is soos Jan my verduidelik het in die begin :D
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Heinds »

LUAN wrote:Wat is die doel van die koeels in die oond sit? Moet hulle warm in die hbn gaan om dit te maak sit?
Ek wonder of die acetone sal werk saam koeels met plastiek punte. Ek weet dit maak sekere soorte plastiek "brittle". Sal baie hartseer wees as jou lot koeels se punte almal afvalImage
Luan, ek vee my punte net met 'n alkohol lappie af voor die tyd en dit is basies onmiddelik daarna droog. Dit werk perfek. Jy kan dit sommer by dischem koop. Gebruik Hornady se ELD punte en die alkohol maak niks aan dit nie.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by airhunter »

Dankie. Ek dink nou ek verstaan.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Gbyleveldt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 339
Joined: Mon Nov 20, 2017 4:10 am

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Gbyleveldt »

Baie dankie vir die terugvoer op my vraag julle.
Suikermuis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 290
Joined: Thu Mar 21, 2013 9:44 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Suikermuis »

Capt. Oblivious wrote:Yes Manne

Na die "loop skoon maak" draat het ek paar smse en PMs gehad oor hoe ons te werk gaan met HBN en die koels en dan ook hoe ons die loop behandel so ek gaan dit hier sit dan kan enige ou maar lees en self besluit.
Die is wat ek maar by mekaar gesit het deur n klomp gesprekke met Jan Kraay en Herme van CMH so is nie ek wat slim is nie maar hier is basies hoe ek dit doen.

Ek het van Moly af oor gegaan HBN toe net omdat dit lyk of ek met HBN baie vinniger na n skoon loop weer op die regte nommers is. Of HBN beter vir my werk as Moly sal ek nog moet sien want Moly het regtig alles gedoen wat ek van dit verwag het maar omdat ek my loop elke keer silver skoon maak het dit my bq begin vang om elke keer voor n komp my loop te moet gaan "vuil" maak.

Wat jy nodig het of wat ek gebruik is die volgende
1 HBN kit van CMH. Die kit bevat n houer HBN wat jou kinders nog sal gebruik, ceramic media, plastiek houer, n plastiek lepel, in hout stokkie wat JC seker by Vereniging se mug&bean vas le en die instructions.

Dan gebruik ek ook acetone, 95% alcohol en 2 boremops per kaliber.

https://preview.ibb.co/f1rg3e/DSC_0744.jpg

https://preview.ibb.co/k2xtGz/DSC_0745.jpg

Eerste stap gooi ek al die koels in acetone sodat hulle mooi skoon is en gooi hulle dan deur n sif vir obvious reasons. Die acetone gaan weer terug in sy houer en die koels le bq op n handoek om droog te word.

Terwyl die klomp nou bq droog word sit ek ma se oond solank op 160grade, na so 15min as die oond reg is gooi ek die spul op n pan en sit dit in die oond. Nou moet die pan nie bo teen die element sit nie anders gaan dit lyk of jy n pan unicorn horings uit haal soos die foto wys. Hulle werk nog soos hul moet hulle lyk net of dit eder in n kaapse nagclub gebruik moet word, die volgendes het ek laag in die oond ver van die element af gesit en hulle lyk reg.

https://image.ibb.co/drhw3e/20181001_174341.jpg

Na 3min haal ons hulle uit en gooi hulle in die plastiek houer saam met die ceramic media en n lepel HBN poeier om in ons tumbler te tumble. Ek gebruik n Lyman vibrator maar jy kan omtrent enige tumbler gebruik. Die ceramic media moet maar net die HBN impact plate teen die koel

Voor die tyd gooi ek kla so lepel HBN saam met die media en tumble net die media en HBN vir n uur om die media reg te kry vir die koels, dit word ook so op die pamflet wat saam met die HBN kom verduidelik.
Draai maar tape om die plastiek houer se prop elke keer wat jy tumble om seker te maak die prop val nie af nie.

Nou vat jy jou houer met HBN, ceramic media en koels, draai tape om die prop en druk hom in jou tumbler en laat hom tumble vir n uur of 2.

As hulle klaar getumble het gooi jy alles uit op m plastiek sak of op jou mat as jy vir ma wil kwaad he en haal dan maar die koels uit, as alles uit mekaar is gooi weer die ceramic balle terug in jou plastiek houer en bere die houer vir volgende keer.

Die spul gaan nou so lyk, onthou die koels gaan nie so multi colour wees nie tensy jy soos ek die klomp teen die element in die oond sit nie...

https://preview.ibb.co/bMGEOe/DSC_0720.jpg

Nou vat ek die koele en gooi hulle in n ou rugby kous, die wat nie n rugby kous het nie kan maar n lap of jou ou tennis rompie vat en die klomp da op uit gooi. Skut nou die koels bq in die kous/lap sodat die los HBN wat nog op die koel is af kom, jy polish hulle nou amper. Die HBN plate basies in die koel in so jy wil nie n spierwit poeier koel he nie net n koel wat lyk of hy so n ligte wit suiker lagie op het.
Die ouens is nou lekker glad so vat maar mooi as jy nie wil he hulle moet op die grond val nie

https://preview.ibb.co/c59hbz/DSC_0722.jpg

Nou is jou koele reg om gelaai te word, as alles weer aan mekaar is lyk hy so
https://preview.ibb.co/mp0kDe/DSC_0748.jpg

Meeste ouens wat al met Moly gewerk het vra dadelik of HBN so "glad" soos Moly is. Nou dis moeilik maar ek dink Molly is bq gladder of anders gestel HBN vat bq minder kruit as Moly om weer by dieselfde spoed te kom.
In my SLR was die lading met Moly 42.9gr N160 agter n 105gr VLD en n 105vld met HBN vat 42.6gr vir basies dieselfde spoed.

Nou is ons ammo gerol maar ons het nog een stap voor ons gaan lawaai maak en dit is om ons loop gereed te kry vir die HBN koel. Vir dit gebruik ek die 95% alcohol wat ek vroer van gepraat het en die 2 moppe.

Koop n 250ml bot 95% alcohol by dischem of clicks en gooi n lepel HBN da in, as die HBN gaan le sal jy dit duidelik onder sien en dan as jy dit wil gebruik skut jy die bot goed todat dit soos melk lyk.

https://preview.ibb.co/feGQUK/DSC_0743.jpg

As jou loop skoon en droog is vat jy een boremop op jou rod en druk dit in die HBN/alcohol melk in en druk hom so nat deur jou loop, op en af en agter uit weer. Maak hom weer net en druk hom weer deur, op en af agter uit. Baie manne gebruik somer n patch wat hulle nat maak in die alcohol met bq HBN op maar die manier werk vir my beter. Ek laat die loop nou so 15min staan sodat die alcohol verdamp en die HBN in die loop los dan vat ek n ander droe mop en druk hom deur, op en af agter uit net om die ergste HBN uit te kry. Nou het jou loop n ligte lagie HBN in wat help dat jy net so fowler kort dan is die volgende skote in die groep.

Hoop dit help iemand, vra maar as iets nie duidelik is nie.

O ja die manne wat jag met die koels kyk maar net die HBN verstop die meplat bq
Dankie vir die verduideliking Capt, dit help baie!

Ek gebruik ook HBN, maar was onseker oor hoe skoon die punte gemaak moet word nadat hulle uit die tumbler kom. Jou verduideliking en fotos sit dit mooi uiteen.

Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Blink Stefaans
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Sun Apr 01, 2018 2:40 pm

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by Blink Stefaans »

Dagse.
Het vir my n HBN kit gekoop by Safari.
Het instruksies gevolg soos op pamflet. Het n klomp punte ingegooi uur en n half later was dienpunte pik swart.
Dit is sagte neus punte. Dink die lood het bietjie afgewerk.
Dit lyk nou of die punte ge molly is. Glad nie wat ek verwag het nie.
Nou wonder ek hoe erg gaan die loop "foul" met al daai lood op die punt en of ek gaan vrek na ek daai vleis gaan eet.
Hbn https://imgur.com/a/ayHnJXZ
Brno 223 Ackley Improved
Sako Forester L579 308
Brno 8mm-06
Glock19 G5
6.5/284Norma
Hero Member
Hero Member
Posts: 1730
Joined: Tue Sep 08, 2015 7:28 am

Re: HBN en hoe ons hom rol

Post by 6.5/284Norma »

Ek het dieselfde ding oorgekom maar met holpunte, geen lood nie.

Het uitgevind dis omdat die punte nog net wat met water.

Weet nie of dit help...
I'd rather be hunting!

Truvelo 6mm Creedmoor
Howa 6mm Creedmoor
Howa 6.5 Creedmoor
Post Reply