Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek loer so nou en dan in by van die nuwe en klein geweer winkels om hulle pryse te kyk en kry gewoonlik
baie goeie diens. Was gister ook weer by die wapen winkel in die groot Mica - Amper Alles, en hulle pryse is oor die algemeen beter as bv. S&O of DS, op die goed waar na ek gekyk het, en diens was goed.
Ongelukkig lyk dit nie of die kleiner plekkies die aftrek kry wat groot plekke het nie.... ja hulle het nie voorraad keuse van die groot plekke nie.
Een ding wat well vir my uit staan is dat kleiner winkels met geweer smede op die perseel beter doen.
Ek het maar seker 'n sagte plekkie vir die "underdog" wat die guts het om sy passie te volg en ook 'n lewe probeer maak
Sent from my SM-G570F using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Daar is deesdae nogals 'n hele klomp "kleiner" winkels vir ons jagters en skieters in Pretoria.
Ek ondersteun hulle beslis baie makliker as die groot winkel(s).
Dan ook vir Geno by G&G Varminting en van die ander plekke wat nie rerig 'n winkel het nie, maar wel voorraad hou of inkry op bestelling.

30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Hansieslim
- Hero Member

- Posts: 1373
- Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Mooi gestel. Ek ondersteun jou siening.jdpretorius wrote: Ek het maar seker 'n sagte plekkie vir die "underdog" wat die guts het om sy passie te volg en ook 'n lewe probeer maak
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek hoop manne deel wat hulle van die kleiner winkels verwag sodat hulle WIL terug gaan.
As ons as verbruiker immers nie sê wat skort nie gaan daai ou nooit lewer wat jy soek nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
As ons as verbruiker immers nie sê wat skort nie gaan daai ou nooit lewer wat jy soek nie
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
JD, in beginsel deel ek jou siening. Die Amerikaners praat van n “Mop & Pop store”. Ek ondersteun hulle graag, seinde ek baie keer ammunisie vir my versameling so raakloop (klein dorpies tipies) en komponente vir skaars ou wapens.
Ek het egter n spesmaas dat die klein winkels in Pretoria uithaal en wys wat diens en voorraad betref. Ongelukkig is sommige klein winkeltjiies die enigste een in die kontrei, en het hulle n treurige houding wat diens en voorraad betref. Ek het nie hoop vir iemand wat nou nog sê die “nuwe wet” maak hulle as handelaars dood nie.
So in kort. Ek probeer lokaal ondersteun, sowel as aanlyn ouens op die forum, maar ek gaan nie sommer meer betaal as wat R100 Postnet n produk by my kan kry nie.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1987
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Netso.heywillie wrote:Daar is deesdae nogals 'n hele klomp "kleiner" winkels vir ons jagters en skieters in Pretoria.
Ek ondersteun hulle beslis baie makliker as die groot winkel(s).
Dan ook vir Geno by G&G Varminting en van die ander plekke wat nie rerig 'n winkel het nie, maar wel voorraad hou of inkry op bestelling.
Koop (amper) alles plaaslik en vermy swak diens van veral groter winkels. Maar ek moet noem dat DS in Pta bitter goeie diens het.
Met n vleisie...
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Dit voel vir my die kleiner winkels/besighede soek net sekere deals, ek het die week met 3 persone kontak gemaak en op hede nog GEEN terugvoering ontvang. Gister rustig in my braaikamer gesit ek ‘n lekker bestelling geplaas by 247Hunter.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
was ook verbaas om amper al die S&O staf by die nuwe DS winkel te sien, diens is goed en winkel is indukwekkend maar aan die duurder kant.
Ja nee kyk as ek afskeep diens by 'n plek kry gaan ek nie terug uit eerste keuse nie maar uit noodsaak uit.
Vir my is goeie kundigheid in die winkel belangrik en moet my asb nie hanteer of ek een of ander aap is nie al vra ek 'n simpel vraag in sy/jou opinie
N goeie web blad met al hul prudukte en pryse as ook melding van vooraad is ook vir my belangrik sodat ek nie onnodig ry vir iets wat nie op die rakke is nie.... hier is S&O dalk voor baie ander winkels
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Ja nee kyk as ek afskeep diens by 'n plek kry gaan ek nie terug uit eerste keuse nie maar uit noodsaak uit.
Vir my is goeie kundigheid in die winkel belangrik en moet my asb nie hanteer of ek een of ander aap is nie al vra ek 'n simpel vraag in sy/jou opinie
N goeie web blad met al hul prudukte en pryse as ook melding van vooraad is ook vir my belangrik sodat ek nie onnodig ry vir iets wat nie op die rakke is nie.... hier is S&O dalk voor baie ander winkels
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek stem oor DS. Behalwe toe ek gister daar was. Ek is in die mark vir n teleskoop. Ek moet rondkyk en vra raad waar ek kan. Gister vra ek die man of ek na n FFP teleskoop kan kyk. Ek kyk so bietjie deur hom en na hom - 1ste keer wat ek ooit deur FFP teleskoop kyk. Ek maak n opmerking en sê sjoe die kruishaar is omtrent dun. Daai man haak heel arogant af en vra vir wat vra ek dan om na die teleskoop te kyk. Ek het my moer ordentelik gestrip vir hom. Maar in die verlede vandat hy oopgemaak het was die manne en dames waarmee ek deel baie goed.Mellies wrote:Netso.heywillie wrote:Daar is deesdae nogals 'n hele klomp "kleiner" winkels vir ons jagters en skieters in Pretoria.
Ek ondersteun hulle beslis baie makliker as die groot winkel(s).
Dan ook vir Geno by G&G Varminting en van die ander plekke wat nie rerig 'n winkel het nie, maar wel voorraad hou of inkry op bestelling.
Koop (amper) alles plaaslik en vermy swak diens van veral groter winkels. Maar ek moet noem dat DS in Pta bitter goeie diens het.
Met n vleisie...
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
daai nonsens krap my so om dat ek daai man 'n bek vol sal gee, om draai en uit loop sonder om 'n blou sent te spandeerJoe13 wrote:Ek stem oor DS. Behalwe toe ek gister daar was. Ek is in die mark vir n teleskoop. Ek moet rondkyk en vra raad waar ek kan. Gister vra ek die man of ek na n FFP teleskoop kan kyk. Ek kyk so bietjie deur hom en na hom - 1ste keer wat ek ooit deur FFP teleskoop kyk. Ek maak n opmerking en sê sjoe die kruishaar is omtrent dun. Daai man haak heel arogant af en vra vir wat vra ek dan om na die teleskoop te kyk. Ek het my moer ordentelik gestrip vir hom. Maar in die verlede vandat hy oopgemaak het was die manne en dames waarmee ek deel baie goed.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3079
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Diens is vir my #1. Ek sal sal R500 meer vir 'n R10000 item betaal as ek weet die ouens by wie ek hom koop is vriendelik, of ten minste behulpsaam. Ek kyk mos eendag na 'n Norinco Type 56. Of wel, ek VRA of ek gou die ding kan beloer. Seg die oubaas vir my "nee wat, ek het klaar cowboys en crooks in die army gespeel". Toe los ek dit maar. Stap ek toe later by Wildman in en die ou gee sommer die geweer vir my aan sonder dat ek eers vra. As WIldman nie in elk geval 'n beter prys gehad het nie, sou ek hom in elk geval eerder daar loop koop.
Of so iets
-
JDEls
- Full Member

- Posts: 215
- Joined: Wed Apr 20, 2016 1:37 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek probeer ook liewer die kleiner winkels in PTA ondersteun, ek geniet veral VLT.
Ek sal baie graag meer gebruik wil maak van die klein handelaars maar ongelukkig val baie van hulle onder die S&O monopoly, dan kos dit heelwat meer om die produk by hulle te koop as by S&O self.
My grootste aankope is maar aanlyn by die manne wat voorraad inbring en versprei.

- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
G&G, Multech en Central Arms Klerksdorp kry my stem. Manne is deel van die skiet gemeenskap en skiet self so jy praat elke keer met iemand wat weet waarvan hulle praat. Hulle diens is uitstekend en dit is altyd n plesier om met hulle te praat.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Joe13
- Hero Member

- Posts: 704
- Joined: Sat May 16, 2015 10:41 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek wil net byvoeg, hy stry toe met my en sê daar bestaan net 1 Vortex Viper PST. Ek sê nee, daar is 'n gen 1&2. Hyt niks verder gesê nie.jdpretorius wrote:daai nonsens krap my so om dat ek daai man 'n bek vol sal gee, om draai en uit loop sonder om 'n blou sent te spandeerJoe13 wrote:Ek stem oor DS. Behalwe toe ek gister daar was. Ek is in die mark vir n teleskoop. Ek moet rondkyk en vra raad waar ek kan. Gister vra ek die man of ek na n FFP teleskoop kan kyk. Ek kyk so bietjie deur hom en na hom - 1ste keer wat ek ooit deur FFP teleskoop kyk. Ek maak n opmerking en sê sjoe die kruishaar is omtrent dun. Daai man haak heel arogant af en vra vir wat vra ek dan om na die teleskoop te kyk. Ek het my moer ordentelik gestrip vir hom. Maar in die verlede vandat hy oopgemaak het was die manne en dames waarmee ek deel baie goed.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Johann...
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
Musgrave 30-06
Mauser .22 LR
12br Laurona O/U
CZ 75 P07 G2
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
aap kop daai.
Na regte moet mens seker met die bestuur of eienaar daar oor praat maar jou ervaring is seker maar tiepies van die groter winkel groeppe wat se staf mos reeds 'n salaris verdien en nie wil versraan dat die domkop voor hom sorg dat hy more nog werk het
Ongelukkig is jy of is jy nie 'n verkoops man nie en om goeie staf te kry is meeste van die tyd 'n gesukkel
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Na regte moet mens seker met die bestuur of eienaar daar oor praat maar jou ervaring is seker maar tiepies van die groter winkel groeppe wat se staf mos reeds 'n salaris verdien en nie wil versraan dat die domkop voor hom sorg dat hy more nog werk het
Ongelukkig is jy of is jy nie 'n verkoops man nie en om goeie staf te kry is meeste van die tyd 'n gesukkel
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
- Springkudu
- Hero Member

- Posts: 757
- Joined: Wed May 18, 2016 8:17 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Twee van die drie wat jy noem is juis wie ek gekontak het met geen terugvoer tot nou. Miskien is ek net bad luck.jankraay wrote:G&G, Multech en Central Arms Klerksdorp kry my stem. Manne is deel van die skiet gemeenskap en skiet self so jy praat elke keer met iemand wat weet waarvan hulle praat. Hulle diens is uitstekend en dit is altyd n plesier om met hulle te praat.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
6.5 Creedmoor Howa 24"
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
BRNO ZG47 30-06
.22 (Pending)
CZ75 PO7
- jankraay
- Hero Member

- Posts: 1898
- Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Jitte dis jammer om te hoor. Tot dusver het ek nog geen probleme gehad nie...kom ons hou duim vas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Springkudu wrote:Twee van die drie wat jy noem is juis wie ek gekontak het met geen terugvoer tot nou. Miskien is ek net bad luck.jankraay wrote:G&G, Multech en Central Arms Klerksdorp kry my stem. Manne is deel van die skiet gemeenskap en skiet self so jy praat elke keer met iemand wat weet waarvan hulle praat. Hulle diens is uitstekend en dit is altyd n plesier om met hulle te praat.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Indien my besigheid een van hulle is, vra ek om verskoning.
Ek lees nie altyd PM's op die forum nie, en die PM's verdwyn na n sekere aantal in die inbox.
Beste is om my direk op my selfoon te kontak per sms, whatsapp of oproep. +27825354100
2de beste is e-pos. geno@ggvarminting.co.za
Groete
Goed, beter, 6millimeter!
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1214
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Het Vrydag middag met Geno gepraat oor whatsapp oor 'n spesifieke item, het sy bank details gestuur en die pakkie is by my Postnet vanoggend.jankraay wrote:Jitte dis jammer om te hoor. Tot dusver het ek nog geen probleme gehad nie...kom ons hou duim vas.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Soos hy self gesê het - Sy diens is so vinnig soos sy jakkals gunne
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1880
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Die probleem is as ek by die groot wapen winkels instap raak ek so weggevoer dat ek sommer die heel dag in die winkel sal bly en my kredietkaart sal misbruik.
Ek dink wat 'n besoek aan die kleiner wapen winkels 'n lekker ervaring maak is dat die atmosfeer in die winkel heeltemaal verskil. Ek geniet dit veral om by Camdix te koop en hulle pryse is gewoonlik beter as baie van die groter winkels. Nog 'n plek wat ek deesdae geniet is Orpen wapens buite Rustenburg. Die jonge manne wat by oom Ozzie leer het almal 'n passie vir wat hulle doen.

Maak 'n verskil
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Defk verwag mens iemand moet n besigheid deur PMs op n forum hardloop, jy kan mos nie heeltyd voor jou rekenaar of self jou foon sit en kyk of iemand jou gaan PM nie, dan is daar nog n kans dat die PM nooit eers by jou uit kom nie.Geno wrote:Springkudu wrote:Twee van die drie wat jy noem is juis wie ek gekontak het met geen terugvoer tot nou. Miskien is ek net bad luck.jankraay wrote:G&G, Multech en Central Arms Klerksdorp kry my stem. Manne is deel van die skiet gemeenskap en skiet self so jy praat elke keer met iemand wat weet waarvan hulle praat. Hulle diens is uitstekend en dit is altyd n plesier om met hulle te praat.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
Indien my besigheid een van hulle is, vra ek om verskoning.
Ek lees nie altyd PM's op die forum nie, en die PM's verdwyn na n sekere aantal in die inbox.
Beste is om my direk op my selfoon te kontak per sms, whatsapp of oproep. +27825354100
2de beste is e-pos. geno@ggvarminting.co.za
Groete
Ek ken al 3 die eienaars van daai besighede en ek het al paar goed by hulle almal gekoop en nog nooit het ek een gebel of gesms en langer as 30min gewag vir n reply op n sms of laat hulle my terug bel as hul besig was nie. Al 3 stuur gewoonlik die goed nog voor ek betaal het en soos Jan se dit is mense wat ons sport ook ondersteun
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Ek ondersteun self graag die 3 plekke. Met Geno wik en weeg ek soms nog, dan word die pakkie al afgelewer en die prys is reg. Callie laai sommer na ure vir my die pakkie af as hy weet ek is haastig en by FJ het ek nog net altyd goeie diens gekry.Springkudu wrote:Twee van die drie wat jy noem is juis wie ek gekontak het met geen terugvoer tot nou. Miskien is ek net bad luck.jankraay wrote:G&G, Multech en Central Arms Klerksdorp kry my stem. Manne is deel van die skiet gemeenskap en skiet self so jy praat elke keer met iemand wat weet waarvan hulle praat. Hulle diens is uitstekend en dit is altyd n plesier om met hulle te praat.
Mens moet ook maar ignedagte hou dat die manne ook maar afhanklik is van verskaffers en ek weet uit ondervinding hoe die mense hulle kan rondneuk. Ek was al by FJ in die winkel terwyl hy die verskaffer skakel en dan sê hulle "ons bel oor 5min terug" en 45min later nog steeds niks nie.... En ongelukkig as jy haastig is vir iets, dan het mens mos nie geduld nie....
Aim small, miss small
- jdpretorius
- Hero Member

- Posts: 2470
- Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Die kleiner handelaars suig seker maar gereel aan die agter speed en ek't wardeering daar voor. Ek verwag net dat as hul belowe hulle bel my terug voor die einde van die dag dat hulle dit doen. Die ouer klein winkels worry net ongelukkig party keer nie en is soms sommer net bot, terwyl dit voel of die nuwwe manne darrem 'n effort in sit en gesels ook sommer lekker met 'n ou as jy daar gaan kuier. Ek wens die ander plekke wil daai ook weer ontdou en dat kliente diens en vriedelikheid eintlik niks kos nie. Dan voel 'n ou ook mos sommer tuis en gaan kuier graag weer.
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Groete, Johan
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Ondersteun ons die kleiner geweer winkels ?
Seg ek ook mos. Ek het hierdie een klient wat ek absoluut verpes, maar ek sal altyd vriendelik met hulle wees want hul geld is die regte kleur. En dis my maatstaf vir kliente waarvan ek NIE hou nie.
Of so iets