Loopvervanging

Post Reply
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Loopvervanging

Post by Albert_7 »

More Manne

Ek oorweeg sterk om my .308 te convert na 'n 6.5 CM maar ek is bietjie dom met die hele proses en die koste van dit alles en hoop iemand kan van my vrae antwoord.

Ek sukkel met die volgende goed:

1. Watter brand loop koop 'n mens of is Walther, Krieger, Truvelo, Bartlein, Broughton ens. maar om te ewe?
2. Wat is die verskil tussen Heavy Palma en Heavy Varmint?
3. Verloor 'n mens enige loop lengte in die hele proses of as jy 'n 30" loop koop, eindig jy min of meer met 'n 30" loop?
4. Wat is die average geweersmit koste vir die vervanging van die loop? Dit sluit nou in om die ou een af te haal, die kamer te sny vir die nuwe een asook om die kroon te sny?

Groete
Albert
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Loopvervanging

Post by Capt. Yoda »

Albert_7 wrote:More Manne

Enige een wat jou hart begeer maar ek sou dalk by die ingevoerde lope begin
2. Wat is die verskil tussen Heavy Palma en Heavy Varmint?
Heavy varmint het gewoonlik n langer knox. Al 2 gaan op 1.25" begin en rond 0.9" eindig maar die HV gaan 0.125" vir 5 of 6" wees voor hy af taper en die HP gaan 3 of 4" 1.25" wees voor hy begin taper
3. Verloor 'n mens enige loop lengte in die hele proses of as jy 'n 30" loop koop, eindig jy min of meer met 'n 30" loop?
Hang af, jy kan op 28" of 30" eindig. Die GS en loop vervaardiger sal dit bepaal
4. Wat is die average geweersmit koste vir die vervanging van die loop? Dit sluit nou in om die ou een af te haal, die kamer te sny vir die nuwe een asook om die kroon te sny?
So R4000

Groete
Albert
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Loopvervanging

Post by Albert_7 »

Jis baie dankie vir al die inligting. Dit help my sommer baie.

Is daar enige voordeel van 'n langer/korter knox?

Is daar 'n GS in Gauteng wat iemand kan aanbeveel vir so 'n job?

Groete
Albert
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Loopvervanging

Post by Capt. Yoda »

Albert_7 wrote:Jis baie dankie vir al die inligting. Dit help my sommer baie.

Is daar enige voordeel van 'n langer/korter knox?

Is daar 'n GS in Gauteng wat iemand kan aanbeveel vir so 'n job?

Groete
Albert

Die langer knox gee jou die voordeel om genoeg vleis te he om die loop later weer oor te kamer maar ek glo nie jy sal met dit sukkel met een van die 2 profiles nie.
Jy kan Chrisjan (072 385 3238) probeer maar hy is baie besig so ek is nie seker hoe vinnig hy jou sal kan help nie.
Daar is nog n klomp goeie GS's oor die hele land en n klomp in gauteng maar ek het net ondervinding met vir Chrisjan en Isak Hatting in Bloem. Oom Gert in die NW bou ook n bul van n geweer maar ek het ongelukig nie sy nr nou by my nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Albert_7
Full Member
Full Member
Posts: 158
Joined: Sat Dec 08, 2012 10:30 am

Re: Loopvervanging

Post by Albert_7 »

Baie dankie. Sal vir Chrisjan 'n lui gee

Groete
Albert
Post Reply