Page 1 of 1

Barnard Aksies

Posted: Wed Oct 12, 2011 4:02 pm
by BLOK
Wonder net wie ken of het van die aksies. Was vandag by Armtec waar ek een gesien het en hulle lyk baie stewig en of hulle baie goed behoort te werk om van die presiese gewere te bou. Boonop kom hulle met n sneller wat seepglad is en single en double stage kan stel.

Blok

Re: Barnard Aksies

Posted: Wed Oct 12, 2011 5:23 pm
by Machann
Baie goeie aksie. Gaan kyk maar op 6mmbr.com custom actions. Net jammer oor hulle pryse hier invergelyking met wat jy hulle in VSA kan kry en uit NZ behoort daar nie daai $250 uitvoer permit koste te wees. Ook een gesoek tot uitgevind het oor pryse. :'(

Re: Barnard Aksies

Posted: Wed Oct 12, 2011 5:35 pm
by BLOK
Kyk R12000 is nie min vir n aksie nie maar daai aksie is so na aan volmaak as wat ek dink mens kan kom. Soos jy se ons hier aan die onderpunt kou weerens die ou bene

Re: Barnard Aksies

Posted: Wed Oct 12, 2011 8:06 pm
by Machann
Laas was hulle R16000 of dalk was dit net vir die een onm Lapua op te bou. Ja soos jy se ou bene ongelukkig maar ons het darem die wild en geleenthede. Hoef darem nie hele jaar in tree stand te sit en wag vir n takbok maar so lekker gewees het as ons bietjie goedkoper kon weg kom. Laat ons verder ons geldsake beplan ;)?...

Re: Barnard Aksies

Posted: Thu Oct 13, 2011 9:27 am
by BLOK
Ludwig

Watter aksie het jy toe gevat die Remington en het jou kolf al gekom

Re: Barnard Aksies

Posted: Thu Oct 13, 2011 10:21 am
by BLOK
Ludwig

Hoe maak jy met die lisensie in so geval. Ek onthou ons het by die kursus gepraat van howa koop en dan strip maar gewonder. Registreer jy vir die 308, of hou jy hom ongelisensieerd en laat kap net die ou nommer toe met n nuwe nommer

Re: Barnard Aksies

Posted: Thu Oct 13, 2011 10:42 am
by BLOK
Dit sal jammer wees om die loop te vernietig. Daar is nie n manier om die nommer net oor te dra nie

Re: Barnard Aksies

Posted: Thu Oct 13, 2011 10:57 am
by BLOK
Sal maar self my asem ophou anders is dit n klomp geld en tyd wat gemors is. Sal maar kyk hoe loop jou lisensie voor ek dan met my 6.5x47 begin doen.

Re: Barnard Aksies

Posted: Thu Oct 13, 2011 11:09 am
by BLOK
;D ;D ;D ;D

Ek hou van hoe jy redeneer