Teleskoop op ou geweer

Post Reply
User avatar
Faffa
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Jul 06, 2016 8:49 pm

Teleskoop op ou geweer

Post by Faffa »

Ek het 'n 8x57js Mauser onlangs by my oom gekry. Die geweer is meer as 100jaar oud en ek het nie veel verwag nie, maar die loop lyk nog verbasend goed en na die naweek se skiet sal ek graag 'n teleskoop wil opsit. 4x of 6x vergroting sal doen.

Ek sien die Amerikaners bemark 'n teleskoop montering vir die geweer waar daar nie gate geboor hoef te word nie. Weet iemand wie my kan help met so iets? Of moet ek maar laat gate boor?

Die geweer het 'n aantal ken tekens wat ek graag behoue sal wil laat bly, maar ek gaan dit meer en beter kan gebruik met 'n teleskoop op.

Dankbaar

Sent from my S60 using Tapatalk
VictorG
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Fri May 04, 2018 10:38 am

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by VictorG »

Plaas n paar fotos van die geweer.
BRNO 7X57 1983
Obendorf Mauser 8x57 JS 1932
Mossberg ( Springfield ) 30-06
Ivor Johnson 1930
User avatar
Faffa
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Jul 06, 2016 8:49 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Faffa »

[image]//uploads.tapatalk-cdn.com/20180801/81516a767175c9ff99bb0c5c08894fc6.jpg//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... b7a474.jpg[/IMage]//uploads.tapatalk-cdn.com/20180801/0bf23f5ac05760ea4e23dd4415c1e943.jpg[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... b822ab.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... c62a68.jpg[/IMG][IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201808 ... a4b241.jpg[/IMG]

Sent from my S60 using Tapatalk
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Andre308 »

Faffa,

As jy in daardie geweer gaan boor vir n scope, dan kan hom maar thread sny vir n silencer en n Boyds At one kolf ook opsit.

Ek verstaan die scope gaan hom meer bruikbaar maak, maar kry daai mount wat nie n geboor gaan afgee nie, en soek n scope wat ook 'oud' lyk.

Maar net my 10c
User avatar
Faffa
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Jul 06, 2016 8:49 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Faffa »

André 308 dit is vir my 'n moeilike besluit. Aan die eenkant wil ek die geweer net so hou, maar ek wil ook nie hê die outjie moet net in die kluis staan nie.
Ek het nou al uiteenlopende opinies gehoor. Waardeer jou inset

Sent from my S60 using Tapatalk
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2160
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Ds J »

Maak asb BAIE MOOI seker van die deursnee / kaliber van die loop.

Ek het n 8x57 gehad, en my loop was .318" - dit was een van die ou lope voordat die Duitsers oorgeskakel het na .323". Dit het ek uitgevind nadat ek .323"-ammunisie deur hom geskiet het.

Daar behoort n stempeltjie onder die loop, naby die aksie te wees. 7.9 is .318"; 8.2 is .323".

Jy sal die montering uit die VSA kan bestel, maar daar is soms haakplekke met hulle doeanepapierwerk, en natuurlik ons eie doeane.
Die maklikste is om n geweerwinkel te vra om dit vir jou in te bring.
Johan van Wyk
Hero Member
Hero Member
Posts: 622
Joined: Fri Jan 10, 2014 10:00 am

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Johan van Wyk »

Dit lyk soos `n klein-ring Erfurt aksie. Hulle was voor en tydens die Eerste Wereldoorlog deur die Erfurt Arsenaal vervaardig. Daar is reeds aan die geweer gewerk so daar is geen inherente versamelaarswaarde meer oor nie.

Omdat dit `n klein-ring aksie is gaan jy drukvlakke aan die lae kant moet hou. Hulle is nie so sterk soos `n groot-ring Mauser aksie nie. En ek stem saam oor die loopdeursnit. Maak mooi seker hiervan.

As jy regtig jou hart daarop het om nie gate te boor nie is dit seker so. Ek weet nie wat sulke monterings kos nie maar uit `n waarde/koste-effektiewe oogpunt sal ek mooi dinge oorweeg voor ek te veel geld aan die geweer spandeer.
User avatar
Faffa
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Jul 06, 2016 8:49 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Faffa »

Johan en Ds J dankie vir die advies. Ek is seker oor die kaliber. My oom het S&B 196gr fabriek ammunisie geskiet en vir my drie bokse gegee saam met die geweer.

Ek gaan maar slaap oor die saak en eers laat 'n geweersmid kyk of die loop regtig so goed is en hoeveel gebruik ek uit dit nog kan kry.

Sent from my S60 using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Alwin »

Johan van Wyk wrote:Dit lyk soos `n klein-ring Erfurt aksie. Hulle was voor en tydens die Eerste Wereldoorlog deur die Erfurt Arsenaal vervaardig. Daar is reeds aan die geweer gewerk so daar is geen inherente versamelaarswaarde meer oor nie.

Omdat dit `n klein-ring aksie is gaan jy drukvlakke aan die lae kant moet hou. Hulle is nie so sterk soos `n groot-ring Mauser aksie nie. En ek stem saam oor die loopdeursnit. Maak mooi seker hiervan.

As jy regtig jou hart daarop het om nie gate te boor nie is dit seker so. Ek weet nie wat sulke monterings kos nie maar uit `n waarde/koste-effektiewe oogpunt sal ek mooi dinge oorweeg voor ek te veel geld aan die geweer spandeer.
Dankie vir die identifikasie Johan, ek was nie seker nie.

Omdat die geweer nie meer oorspronklik is nie, kan jy maar daaraan laat werk. Hou net alles veilig. Onthou dat as jy gate in die voorste aksie-ring boor, dan word hy ook verder verswak. Jy gaan dalk ook sukkel om gepaste basisse te kry vir 'n klein-ring aksie.
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Hugov »

As jy sou besluit om teleskoop te monteer, sal Thor engineering jou kan help met basis vir klein-ring aksie.
Groete
H
User avatar
Faffa
Newbie
Newbie
Posts: 28
Joined: Wed Jul 06, 2016 8:49 pm

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by Faffa »

Ek sien so so iets kos 220$. Dalk nie die moeite werd nie.//uploads.tapatalk-cdn.com/20180803/6e28635019db0d1a4342313ab79f6d0d.jpg

Sent from my S60 using Tapatalk
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Teleskoop op ou geweer

Post by jdpretorius »

Faffa, ek verstaan jou semtiment en ons raak maklik semtimenteel oor ons speelgoed en dan natuurlik ook oor hulle vir ons mooi is..... het self lank gestoei met myself om 'n 223 te verkoop wat eintlik net in die kas gestaan het. Ek het toe besef die geweer is eintlik net 'n stuk gereedskap (dalk klink dit te kras) maar as hy nie werk nie (jy hom nie gebruik vir sy doel nie) dan is hy dalk net iets wat jou kluis vol maak en nie rerig waarde toe voeg nie .... behalwe natuurlik as jy 'n versamelaar is

geniet hom eerder en dalk is die semtiment dan nog sterker

Sent from my SM-G570F using Tapatalk
338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Post Reply