Geweer wat lank gestoor was
Posted: Sun Jul 29, 2018 7:31 pm
Naand manne
Ek wil bietjie by julle raad vra, my swaer het die geweer wat sy oorlede pa sin was geerf, waar en hoe die geweer gestoor was weet ek nie want soos op die fotos kan jy sien is hy nie in die beste kondisie nie. Ek het vir hom gese die beste sal wees om die geweer by n geweersmid te kry om te kyk of die geweer nog veilig sal wees om te skiet en die geweer te laat oordoen indien moontlik. My vraag nou eintlik is soos op die een foto gesien kan word het die kolf ook skeef getrek. Die geweer is n ou Santa Barbara, waar sal mens n nuwe kolf vir die geweer kan kry wat bekostigbaar vir hom sal wees en nie in die grs prysklas sal wees nie? Die man trou volgende jaar maar wil ook graag bietjie gaan jag met sy eie geweer! Wat dink julle, het julle al n geweer in so toestand gesien wat gered kan word? Ek moet se die loop lyk nog heelwat goed teenoor die res van die geweer! Ek hoor graag!
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk