n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Posted: Fri Jul 20, 2018 7:11 am
Hi almal
Ek het gevoel ek wil my verhaal met julle deel oor my onlangse loopvervanging.
Nadat my Howa 22-250 moeg geskiet was en die 22-50 kaliber my ordentlik verly het het ek besluit om vir my 1:8 loop aan te skaf, want ek wil mos nou daai swaar punte met hulle hoe BCs skiet. So gegse so gedaan, ek het vir my n Walther Heavy Palma by Safari aangekoop (dit is al wat daar op daardie stadium beskikbaar was).
Ek het die nodige papierwerk ingehandig by Wessie my DFO en so waar as wragtag kry ek my kaartjie binne n maand, dit nadat ek amper 2 jaar gewag het vir my SLR se kaartjie. Ou Geoffrey die wapensmid het n mooi job gedoen, en met vol opgewondenheid en n lee beursie is ek skietbaan toe met my nuwe spogwapen.
Ek het n paar 75 Amaxe gelaai met progresiewe hoer ladings om te kyk wat die spoed/druk vlakke is. Jis ek skiet die eerste skoot op 25m om die scope in te stel en daar staar so lang regop gat vir my... Nou wat nou? Skiet nog ene, selfde ding. Ek vra my vriend wat ook by die skietbaan was om ook n opinie te lewer, maar soos ek in my binneste geweet het was hier iets groot fout.
Ek whatzapp die teiken vir die wapensmid, en hy se ook daars fout met my groefdraai. Sowaar! toe ek dit meet is dit n 1:10 groefdraai, jis ek was sommer bedruk. Die tyd, die geld, die effort, wat gaan ek nou maak?
Ek het eerstens met die wapensmid bevestig dat hy die regte loop opgesit het, dit was maklik want daar was net my 224 loop in voorraad gewees. Stap 2 het Safari vir die man die regte loop gegee? Inderdaad, die wapensmid het n foto geneem van die headstamp so daar was geen twyfel daaroor nie. So gewapen met n gunsmith report en 1:10 twist 22-250 is ek Stellenbosch toe om n besoek by Safari te gaan afle. Op die stadium was ek nogal bekommerd want dis n groot ketting winkel se woord teenoor myne.
Met die intrap slag het ek so bietjie morelele ondersteuning van twee mede skuts geskry wat ook in die winkel was wat my seker rustiger gemaak het, daarna het ek my storie aan Valie by die winkel vertel en hy het vir my gese gee hom net so paar minute hy wil gou n paar oproepe maak. Nadat ek my koffie geniet het het Valie weer sy verskyning gemaak, ek het gevoel soos n ou wie se vrou nou net n materinity toets gedoen het, nie seker van hoe dinge gaan uitwerk nie. Groot was my verbasing toe Valie se nee hulle sal die loop omruil en vir die wapensmidkoste betaal. Wow ek moes se ek het my gestaal vir lang uitgerekte bakleiery, maar als te vergeefs.
Met al die nogige toestemmings en permisisies het ek my nuwe roer gekry, en ja die gaatjies is nou rond.
So check maar daai groefdraai al se die headstamp als is in orde.
Ek wil ook net vir Safari dankie se vir hulle goeie diens, n mens is gou om te reageer as daar iets fout is. Maar Valie was n ster en ek wil hulle ook net n bietjie krediet gee.