n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
- Leroi
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am

Hi almal
Ek het gevoel ek wil my verhaal met julle deel oor my onlangse loopvervanging.
Nadat my Howa 22-250 moeg geskiet was en die 22-50 kaliber my ordentlik verly het het ek besluit om vir my 1:8 loop aan te skaf, want ek wil mos nou daai swaar punte met hulle hoe BCs skiet. So gegse so gedaan, ek het vir my n Walther Heavy Palma by Safari aangekoop (dit is al wat daar op daardie stadium beskikbaar was).
Ek het die nodige papierwerk ingehandig by Wessie my DFO en so waar as wragtag kry ek my kaartjie binne n maand, dit nadat ek amper 2 jaar gewag het vir my SLR se kaartjie. Ou Geoffrey die wapensmid het n mooi job gedoen, en met vol opgewondenheid en n lee beursie is ek skietbaan toe met my nuwe spogwapen.
Ek het n paar 75 Amaxe gelaai met progresiewe hoer ladings om te kyk wat die spoed/druk vlakke is. Jis ek skiet die eerste skoot op 25m om die scope in te stel en daar staar so lang regop gat vir my... Nou wat nou? Skiet nog ene, selfde ding. Ek vra my vriend wat ook by die skietbaan was om ook n opinie te lewer, maar soos ek in my binneste geweet het was hier iets groot fout.
Ek whatzapp die teiken vir die wapensmid, en hy se ook daars fout met my groefdraai. Sowaar! toe ek dit meet is dit n 1:10 groefdraai, jis ek was sommer bedruk. Die tyd, die geld, die effort, wat gaan ek nou maak?
Ek het eerstens met die wapensmid bevestig dat hy die regte loop opgesit het, dit was maklik want daar was net my 224 loop in voorraad gewees. Stap 2 het Safari vir die man die regte loop gegee? Inderdaad, die wapensmid het n foto geneem van die headstamp so daar was geen twyfel daaroor nie. So gewapen met n gunsmith report en 1:10 twist 22-250 is ek Stellenbosch toe om n besoek by Safari te gaan afle. Op die stadium was ek nogal bekommerd want dis n groot ketting winkel se woord teenoor myne.
Met die intrap slag het ek so bietjie morelele ondersteuning van twee mede skuts geskry wat ook in die winkel was wat my seker rustiger gemaak het, daarna het ek my storie aan Valie by die winkel vertel en hy het vir my gese gee hom net so paar minute hy wil gou n paar oproepe maak. Nadat ek my koffie geniet het het Valie weer sy verskyning gemaak, ek het gevoel soos n ou wie se vrou nou net n materinity toets gedoen het, nie seker van hoe dinge gaan uitwerk nie. Groot was my verbasing toe Valie se nee hulle sal die loop omruil en vir die wapensmidkoste betaal. Wow ek moes se ek het my gestaal vir lang uitgerekte bakleiery, maar als te vergeefs.
Met al die nogige toestemmings en permisisies het ek my nuwe roer gekry, en ja die gaatjies is nou rond.
So check maar daai groefdraai al se die headstamp als is in orde.
Ek wil ook net vir Safari dankie se vir hulle goeie diens, n mens is gou om te reageer as daar iets fout is. Maar Valie was n ster en ek wil hulle ook net n bietjie krediet gee.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Baie geluk, bly die winkel het jou so mooi gehelp, dus hoe dit moet werk!!
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Bly dinge het goed uitgewerk!, wil graag sien hoe daai roer nou skiet!
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
baie bly sal bietjie loer wat hy doen as ek jou weer daar raak loop.
- Leroi
- Full Member

- Posts: 238
- Joined: Mon Jun 11, 2012 6:59 am
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Hi alec
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
- alecjohnson
- Hero Member

- Posts: 2656
- Joined: Tue Mar 05, 2013 10:01 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Wonderlik Leroi! Baie geluk!, hou mooi boek van skote, Ek het ook walther loop opgesit op 243, glo help die harder loop vir langer lewe net tyd sal leer!
- DawieKotze
- Hero Member

- Posts: 2075
- Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
....ook op 25 meter??Leroi wrote:Hi alec
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
Netjies man - lyk my jy het nou 'n "skieter" daar! Bly Safari het party toe gekom.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1618
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Ek is baie bly jou probleem is met relatief min moeite uitsorteer! Nou is daai roer reg vir groot sukses.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Leroi, dis nou 'n goeie Vrydag storie. Ek dink jy het die situasie reg hanteer daar by Safari ook, baie van die sukses hang af van die emosie betrokke. Soms lees ons minder suksesvolle verhale, baie wat eers hier met 'n moddergeveg begin en net in vuil lyfies opeindig.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Lekker LeroiLeroi wrote:Hi alec
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
Watter spoed behaal jy met die 75gr amax en het jy al die 75gr eldm probeer .
DD
- Johan JvR
- Hero Member

- Posts: 617
- Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Ek is baie bly als het goed uitgewerk.
Ek is nou maar net nuuskierig - maar het jy dalk met ‘n flits van agter die geweer ingekyk voor jy hom na Safari toe gevat het?
Mens sou die merke en identifikasie nog kon sien.
Ek wonder maar net.
Groete
Ek is nou maar net nuuskierig - maar het jy dalk met ‘n flits van agter die geweer ingekyk voor jy hom na Safari toe gevat het?
Mens sou die merke en identifikasie nog kon sien.
Ek wonder maar net.
Groete
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Kalmeer die bloeddrukDiesel Dog wrote:Lekker LeroiLeroi wrote:Hi alec
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
Watter spoed behaal jy met die 75gr amax en het jy al die 75gr eldm probeer .
DD
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
Hahahaha
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
Re: n Loop vervangings verhaal met n goeie einde
ruaanb wrote:Kalmeer die bloeddrukDiesel Dog wrote:Lekker LeroiLeroi wrote:Hi alec
Hiers skote 6,7,8 & 9 met die geweer
Daai "flyer" was die eerste skoot
Watter spoed behaal jy met die 75gr amax en het jy al die 75gr eldm probeer .
DD
Oppas julle in nou nou toe onder die modder
DD