Page 1 of 1

Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 2:23 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Het een van julle dalk werklike dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor? Wil graag so paar opsies in QL met hom hardloop om te kyk watse gewig koeel gaan mooi werk met hom.

Groetnis
Wouter

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 4:18 pm
by Messor
Al gelees dis 51gr H20, maar dit help niks want elke vervaardiger se volume gaan verskil.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 4:24 pm
by alecjohnson
"I'm getting 52.55 grains H2O in fired 6.5 creedmoor Lapua brass. QuickLoad gives 53.5 for Hornady brass. I suspose it varies from chamber to chamber. New lapua brass case head to shoulder is about .006" shorter than my chamber. It takes about two firings to bring it to my chamber size."

Vanaf
Forum: accurateshooter
Poster: brantfredrickson

Ek besit nie enige 6.5cal nie

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 4:28 pm
by Messor
6mm

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 4:38 pm
by alecjohnson
Dankie messor, dit mis gelees, so gewoond aan 6 en c naby mekaar as 6.5mm creedmoore te lees! Hehe

"I measured a single resized once fired case (0.0015 shoulder set-back) at 51.2gr. The unfired cases are about 0.004" short of my chamber at the 0.400" datum.''

Vanaf
Forum: accurateshooter
Poster: rardoin

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 7:26 pm
by niklaasie
Goeienaand. Het toevallig vanmiddag dopvolume gemeet.

Winchester doppe - doppe het gemiddeld 153.8 grein geweeg, en alhoewel die 10 doppe met 3 grein verskil het boontoe of ondertoe, was die dopvolume baie konstant op 53.4 grein water gemeet. Hoop dit help.

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:41 pm
by Messor
niklaasie wrote:Goeienaand. Het toevallig vanmiddag dopvolume gemeet.

Winchester doppe - doppe het gemiddeld 153.8 grein geweeg, en alhoewel die 10 doppe met 3 grein verskil het boontoe of ondertoe, was die dopvolume baie konstant op 53.4 grein water gemeet. Hoop dit help.
6mm Creedmoor Winchester doppe jy sê?

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 8:43 pm
by Messor
alecjohnson wrote:Dankie messor, dit mis gelees, so gewoond aan 6 en c naby mekaar as 6.5mm creedmoore te lees! Hehe
Moenie worry nie, nou dat Lapua die 6mm creed doppe maak gaan die 6.5 ook nie meer lank die flavor van die maand wees nie.
In Amerika gaan baie van die PRS manne oor van die 6.5 na die 6, ek glo dit gaan nie lank wees nie dan gaan dit maar hier net so gaan.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Wed Jun 27, 2018 9:20 pm
by Arnold
Messor wrote:
alecjohnson wrote:Dankie messor, dit mis gelees, so gewoond aan 6 en c naby mekaar as 6.5mm creedmoore te lees! Hehe
Moenie worry nie, nou dat Lapua die 6mm creed doppe maak gaan die 6.5 ook nie meer lank die flavor van die maand wees nie.
In Amerika gaan baie van die PRS manne oor van die 6.5 na die 6, ek glo dit gaan nie lank wees nie dan gaan dit maar hier net so gaan.
Die 6.5mm gaan nie gou uitsterf nie maar die 6mm manne het nou 'n lekker opsie met Lapua doppe

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Thu Jun 28, 2018 6:38 am
by Striker.
More manne.

Weet julle dalk wanneer ons 6mm CM Lapua doppe hier in die hande gaan kan kry?

Groete

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Thu Jun 28, 2018 9:28 am
by Wouter Roets
niklaasie wrote:Goeienaand. Het toevallig vanmiddag dopvolume gemeet.

Winchester doppe - doppe het gemiddeld 153.8 grein geweeg, en alhoewel die 10 doppe met 3 grein verskil het boontoe of ondertoe, was die dopvolume baie konstant op 53.4 grein water gemeet. Hoop dit help.

Sent from my iPad using Tapatalk
Niklaasie

Baie dankie, dit help verseker. Baie welkom ook hier by ons. Hoop jy gaan dit gate uit geniet.

Striker

Ek het ook nou al n bietjie navraag oor hulle gedoen, maar defnitiewe antwoorde is nog skraps.

Hier op die forum het Kurt van TSG genoem dat hulle wag Alpha Munition doppe gaan inbring met beide klein en groot primers in die 6mm en 6.5mm Creedmoor. Ek hoor baie goeie goed van die doppe.

So terloops wys hierdie gemete dopkapasiteit net weereens hoe n goeie ontwerp die Creedmoor reeks is. Jy sit met die 6mm CM wat se dopkapasieit gelykstaande is aan die 243 Win met n 3mm korter dop tesame met die voordeel dat beskikbare dopkapasiteit hoer is met eenders lengte gelaade rondtes. Presies wat die 6.5 CM reg kry teenoor die 260 Rem. Ek sien regtig uit na my 6mm Creedmoor.

Groetnis
Wouter

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Thu Jun 28, 2018 5:37 pm
by 6.5/284Norma
Ek kry 51.9gr H2O met 6.5 Creedmoor doppe wat afgenek is.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Fri Jun 29, 2018 12:01 pm
by Wouter Roets
6.5/284Norma wrote:Ek kry 51.9gr H2O met 6.5 Creedmoor doppe wat afgenek is.
Baie dankie. Hierdie voel vir my bietjie meer in lyn met wat n mens behoort te kry as ek na my 6.5 CM se dopkapasiteit kyk. Ek het gedink n mens sal so om en by 1gr verloor met die afnek na 6mm toe.

Manne my geweer het n 1:7.7 groefdraai. Ek weet Berger beveel n 1:7 aan vir beide hul 105 en 115gr VLD koeels. Ek wonder of die geweer hul wel sal stabiliseer hier bo. Dink dit gaan touch and go wees. Die 115gr maak baie sin in terme van node spoed so sal hulle baie graag wil skiet.

Groetnis
Wouter

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Fri Jun 29, 2018 1:02 pm
by Toyrsi
Die 105 behoort gemaklik met n 8 twist loop te skiet. Die 115 gaan dalk n probleem wees.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Fri Jun 29, 2018 7:26 pm
by Capt. Yoda
Wout jy kan n 105vld 100% uit n 1/9 twist skiet, met jou twist kan jy alles skiet wat jy hier kan koop

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Fri Jun 29, 2018 8:24 pm
by Rudie
Toyrsi wrote:Die 105 behoort gemaklik met n 8 twist loop te skiet. Die 115 gaan dalk n probleem wees.
Die Hoëveld bederf ons. Die 115 VLD werk baie goed in die SLR en die Xc wat albei 8 twist lope het.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Sat Jun 30, 2018 7:08 pm
by niklaasie
Messor wrote:
niklaasie wrote:Goeienaand. Het toevallig vanmiddag dopvolume gemeet.

Winchester doppe - doppe het gemiddeld 153.8 grein geweeg, en alhoewel die 10 doppe met 3 grein verskil het boontoe of ondertoe, was die dopvolume baie konstant op 53.4 grein water gemeet. Hoop dit help.
6mm Creedmoor Winchester doppe jy sê?
Eish, ek vra groot askies !!

Ek het van die 6,5 Creedmoor gepraat.

Ek het regtig nie eers geweet dat mens n 6 mm Creedmoor kry nie...

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:04 pm
by Messor
2 ouens in een draad, smaak my die creed smokkel met julle koppe :)

As ek Wouter was sou ek met 51gr begin het, dit sal 'n safety margin ook wees tot hy sy doppe kry en meet.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Mon Jul 02, 2018 1:59 pm
by Wouter Roets
Hallo Manne

Askuus ek het net nadat ek hier hardop gedink het gou op Berger se webtuiste gaan loer en gesien dat ek geen probleem sal he om die 115gr te stabiliseer nie, selfs by die kus. So dankie vir die raad. Selfs met 51gr se dopkapasieteit sal ek heel billike nodes met beide die 105 en 115gr kan slaan. Laasgenoemde se stats lyk net vir my n bietjie beter op die staduim. CFR moet nou net hulle verdomde allies begin roer! Ek raak nou heel opgewonde oor die roertjie.

Cappie jy en jou travante moet julself begin reg maak om die ou hond nou mooi te bigin leer om ver te kan pie. Hoop net die prostaat maak dit!

Groetnis
Wouter

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Tue Jul 03, 2018 5:57 am
by 6.5/284Norma
Na skiet met baie kalibers en gewere kan ek eerlik reken die my 6mm Creedmoor 'n fantastiese kaliber is: Akkurraat verby en lekker lig op die skouer. Ligte en swaar punte maak mooi. Jy sal nie spyt wees nie.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Tue Jul 03, 2018 8:25 am
by Ben
Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Askuus ek het net nadat ek hier hardop gedink het gou op Berger se webtuiste gaan loer en gesien dat ek geen probleem sal he om die 115gr te stabiliseer nie, selfs by die kus. So dankie vir die raad. Selfs met 51gr se dopkapasieteit sal ek heel billike nodes met beide die 105 en 115gr kan slaan. Laasgenoemde se stats lyk net vir my n bietjie beter op die staduim. CFR moet nou net hulle verdomde allies begin roer! Ek raak nou heel opgewonde oor die roertjie.

Cappie jy en jou travante moet julself begin reg maak om die ou hond nou mooi te bigin leer om ver te kan pie. Hoop net die prostaat maak dit!

Groetnis
Wouter
Wouter, vra vir Sieb hy sal jou se....ons laat jaar al in Parys begin oefen 8)

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Tue Jul 03, 2018 8:42 am
by Heinds
Ek kry 51.7gr. Het 365, N550 en N560 in hom getoets.

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Tue Jul 03, 2018 8:49 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote:Hallo Manne

Askuus ek het net nadat ek hier hardop gedink het gou op Berger se webtuiste gaan loer en gesien dat ek geen probleem sal he om die 115gr te stabiliseer nie, selfs by die kus. So dankie vir die raad. Selfs met 51gr se dopkapasieteit sal ek heel billike nodes met beide die 105 en 115gr kan slaan. Laasgenoemde se stats lyk net vir my n bietjie beter op die staduim. CFR moet nou net hulle verdomde allies begin roer! Ek raak nou heel opgewonde oor die roertjie.

Cappie jy en jou travante moet julself begin reg maak om die ou hond nou mooi te bigin leer om ver te kan pie. Hoop net die prostaat maak dit!

Groetnis
Wouter

Skree net eks seker ons kan iets reel, se somer Stef moet saam kom en sy XC in gooi

Re: Interne dopkapasiteit van die 6mm Creedmoor

Posted: Tue Jul 03, 2018 9:15 am
by Wouter Roets
Dankie Hein

Hoe was jou resutate tussen die drie? Dink nogal 560 kan mooi werk saam met die 115 greiners.

Cappie as ek vir Sully saamsleep kan ek nie waarborg dat ons skiet in enige vorm gaan oefen nie...

Mnr Norma dit is wat ek wil hoor!