Sako Finnwolf

Post Reply
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Sako Finnwolf

Post by B Five »

Hoeveel van julle het al een van hierdie ouens teegekom en wat dink julle van hulle?
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by 243Songdaug »

Het al 'n paar van hulle onder hande gehad. 243 en 308. Die 243 eienaar is baie lief vir sy wapen, sy sneller is baie lig, die aksie mooi glad en om die kroon te span is die wapen baie akkuraat.

Dan die 308s. Mooi gewere maar die eienaars kan nie gekoopte PMP ammunisie skiet nie. Die 1 geweer se doppe bly vassit terwyl 'n 2de wapen nie so erg gebuk gaan onder die probleem nie. Deur te herlaai soos die 2de eienaar is die probleem uit geskakel.

As jy ooit die wapen se aksie uitmekaar wil haal, moet jy asseblief seker maak wat waar inkom, presies hoe om dit inpas en dan moet jy natuurlik die "special tool" ook hê - 'n ekstra pennetjie. Die cams/ratte moet presies inkam anders kan jy 'n paar uur spandeer deur die aksie te strip en aanmekaar te sit. As die cams uit is verseg die aksie om te sluit. Geduld is die wagwoord. Mev Google het ook nog nooit 1 van die gestrip nie, so jys op jou eie.

Lieflike wapens egter. Die 243 se eienaar is so lief vir sy geweer dat hy die geweer versier het deur baie mooi grafeer werk op die wapen te laat aanbring - dit lyk baie duursaam.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sako Finnwolf

Post by Pappabeer »

.243 praat waar. Dit was bekand dat baie van hulle nie Musgrave/ PMP ammunisie eject het ha hullle geskiet het nie, beide .243 en .308.

Hier by ons is die lever-actions gewild onder die bosvark jagters, en ek ken een man met n .308 wat al hard gewerk het, en wel mooi funksioneer. Hy herlaai egter ook self.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by Capt. Yoda »

B Five, klink my jy weet van ene wat te koop is erens?
Is dit n 308?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Sako Finnwolf

Post by B Five »

Is daar enige versamelaars/ spesiale waarde aan die ouens?
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13585
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by Capt. Yoda »

Ek weet nie van versamelaars waarde nie maar die is nie n geweer wat jy hier in SA somer op enige plek sien nie, ek is seker DR Beer sal meer met dit kan help. n A1 single shot 6PPC is meer in lyn met n versamel stuk maar ek glo jy sal manne kry wat so lever action soek. As ek een teen n goeie prys kan kry sal ek ook n 308 in my kluis he, druk hom propvol 200gr Aframe vir die bos
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by tau »

My pel het ook een by sy oupa gekry. Nadat ek die geweer gesien het moes ek een kry en het orals gesoek na een.

Ek het 'n splinter nuwe een in .308 gehad en later verkoop.

Die geweer kan net baie ligte ladings hanteer anders sit die doppe vas. Vir doppe werk dinner wand Amerikaanse fabrikate die beste. Enige PMP of Weermag ammo sit so vas jy gaan geweersmit 6/10 keer moet besoek om hom te verwyder.

Dit is 'n bitter ligte geweer en hy dra great, ongelukkig vir my is die Lever action meer as die tipe Lever action nie 'n goeie bosveld jag wapen nie. As jy 'n kudu sien en saggies soos met jou slotaskie 'n rondte wil kamer raas die lever actione redelik meer en om hom skoon te maak moet jy die magasyn verwyder en aksie cycle wat weer raas. Die akkuraatheid is wisselvallig aangesien jy gestop word met hoe maklik doppe uiykom eerder as hoe naby jy aan node is.

Ek het PPU en Federal doppe ,S&B 150gr, CCI200 en 40.3gr S 355 as ek reg onthou gelaai wat goed genoeg gewerk het.

Ek het die wapen verkoop en 'n .375 Ruger Alaskan met die geld gekoop, so die waarde was nog daar.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sako Finnwolf

Post by Pappabeer »

tau wrote:
Ek het die wapen verkoop en 'n .375 Ruger Alaskan met die geld gekoop, so die waarde was nog daar.
Dis seker die beste ruil in die geskiedenis van moderne wapens
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by tau »

Pappabeer wrote:
tau wrote:
Ek het die wapen verkoop en 'n .375 Ruger Alaskan met die geld gekoop, so die waarde was nog daar.
Dis seker die beste ruil in die geskiedenis van moderne wapens
Ek wou dit nie so kras stel nie, maar die verskil in verrigting was redelik groot.

EK dink wel ons wat nie met die Lever Action groot raak nie is redelik in 'n slotaksie in geoefen. Ek kan met my Rem 700 'n patroon van bo af in stood sonder om die aksie helemal terug te trek en sonder geluid. Terwyl jy bekruip moet jy dalk oor 'n rots of oor 'n sloot en jy moet die wapen veilig maak. Met jou slot aksie trek jy hom stadig terug en vang die rondte. Met 'n leveraction is dit elkekeer een helse ritual.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
B Five
Full Member
Full Member
Posts: 211
Joined: Mon Jan 22, 2018 7:34 am

Re: Sako Finnwolf

Post by B Five »

So ek neem aan dat pappabeer nie vreeslik van hulle gehou het nie.
Dit is nogal vir my n geweer met mmoi lyne.
Ek gaan definitief nie so iets as n bosgeweer beskou nie, meer n soort van voorsit springbokgeweer.
Vir my is n bosgeweer maar n slotaksie, verkieslik iets op n controlled feed aksie....
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3964
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Sako Finnwolf

Post by tau »

B Five wrote:So ek neem aan dat pappabeer nie vreeslik van hulle gehou het nie.
Dit is nogal vir my n geweer met mmoi lyne.
Ek gaan definitief nie so iets as n bosgeweer beskou nie, meer n soort van voorsit springbokgeweer.
Vir my is n bosgeweer maar n slotaksie, verkieslik iets op n controlled feed aksie....
Baie mooi geweertjie wat bitter lig is.

En die hammerforged loop maak mens so opgewonde.
Die magasyn beperk ook TPL MAX so dit terg ook dan nog saam met die aksie wat nie wil oop as spoed te hoog is om regte lading te kry.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: Sako Finnwolf

Post by Pappabeer »

B Five wrote:So ek neem aan dat pappabeer nie vreeslik van hulle gehou het nie.
Dit is nogal vir my n geweer met mmoi lyne.
Ek gaan definitief nie so iets as n bosgeweer beskou nie, meer n soort van voorsit springbokgeweer.
Vir my is n bosgeweer maar n slotaksie, verkieslik iets op n controlled feed aksie....
Nee, ek is nie kwaad vir n Finnwolf nie, dis soos n ou Mauser M66 of 96 straightpull aksie. Dis maar n patent met baie potensiële hiccups, en ek hou nie daarvan om staat te moet maak op n skoonmaakstok om mee doppe te extract nie.

Daar teenoor is die Ruger Alaskan n bul van n geweer, ek het self een in .416 Ruger. Kom ons sê maar dis soos om n Alfa romeo met n cruiser te vergelyk
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
Post Reply