Page 1 of 1
Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 6:40 pm
by Pvdw
My seun werk op Graaff Reinet en het gekla dat sy geweer se kolf te laag is. Ek oortuig hom toe om mooi met Beyers te gaan gesels en raad te vra.
Lang storie kort besluit hulle sommer op nuwe kolf vir die 7x64. McMillan A6 sal die basis vorm.
Beyers gee reëlings deur en my seun moet dit laat realiseer.
Week of wat later lê die plank in die werks winkel.
My seun dog hy gaan kyk en hier en daar help maar Beyers het ander planne. Steek hy toe die jong man goed in die werk
Aand vir aand kry ek vorderings verslag daar diep uit die Karoo.
Stadig maar seker sien ek die kolf kry vorm. Vandag die laaste fotos gekry.
Beyers ek wil net dankie sê vir dit wat jy die jong man geleer het. Ek hoor somme op die foon hoe hy smile as hy van sy nuwe kolf praat. Die is ervaaring wat hy vir altyd met hom kan saam vat waat hy ookal gaan.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 6:45 pm
by Pvdw
1ste vordering.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 6:47 pm
by Pvdw
Stadig maar seker.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 6:49 pm
by Pvdw
Kolf begin form aan neem.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 6:51 pm
by Pvdw
Einde is in sig.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 7:08 pm
by KalahariKlong
Dit lyk baie smart.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 7:40 pm
by ruaanb
netjies!
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 7:43 pm
by Aceofspades
Nou is dit nie meer net 'n gesprek oor die telefoon nie, dis met die oog sien! En dis regtig smart. Jy kan trots wees op jou seun.
Kriek
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Mon May 28, 2018 7:45 pm
by .270 Man
Baie nice gedoen
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 12:03 am
by Heinz Petersen
Netjies man netjies.
Beyers, wat sy kennis oorgedra het om sy sport te bevorder, het iets gedoen wat geld nie kan koop nie.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 6:08 am
by win270
Baie goed gedoen en waardevolle ondervinding daardie!! Watter soort hout het hy gebruik? Het hy dalk boek gehou hoeveel man-ure in totaal ter sprake was? Nou moet ons die groepering sien en dan foto's wat op die jagveld gebeur.

Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 6:29 am
by Suikermuis
Netjies!!!
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 7:26 am
by matewis
Heinz Petersen wrote:Beyers, wat sy kennis oorgedra het om sy sport te bevorder, het iets gedoen wat geld nie kan koop nie.
Netso. Baie netjies en wat 'n voorreg vir die jongman
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 8:15 am
by Vergo10
Baie netjies, ook nie aldag dat jy iemand kry wat bereid is om jou so 'n lewens ervaring te gun nie...
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 8:20 am
by Born2Late
Baie mooi. Hy kan regtig trots wees.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 8:59 am
by Chevvy SS
Daardie kolf sal altyd in sy gedagtes wees solank as wat hy leef.
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 9:15 am
by Langeraat
Baie spoggerig!! Geluk aan die jong man en respek vir Beyers.
Nou... waar plaas ons bestellings...

Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 9:28 am
by andre007
Peet jy kan maar vir jnr sê daai roer gaan skiet, van Beyers se stofasie is daar maar min oor!
Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 11:19 am
by Pvdw
Ja manne, dis hoekom ek dit hier plaas. Die voorreg om so geleentheid te kry kom nie elke dag oor jong man se pad nie.
Wat die man ure betref, nie seker of hy boek gehou het nie. Sal hom vra net vir interesantheid.
As ek reg is is dit Amerikaanse okkerneut. Beyers het so gekoop dat hy die ander deel vir klieënt se kolf kon gebruik.
Langeraat ek stuur jou sy nommer

Maar moenie verbaas wees as hy jou nie hoor bel nie, ek vermoed hy gaan op die skietbaan wees!!

Re: Kolf bou. Jong man se 1ste poging.
Posted: Tue May 29, 2018 11:31 am
by Springkudu
Hy is dan baie talentvol as dit sy eerste probeerslag is. Dit lyk baie baie netjies.