Lang storie kort besluit hulle sommer op nuwe kolf vir die 7x64. McMillan A6 sal die basis vorm.
Beyers gee reëlings deur en my seun moet dit laat realiseer.
Week of wat later lê die plank in die werks winkel.
My seun dog hy gaan kyk en hier en daar help maar Beyers het ander planne. Steek hy toe die jong man goed in die werk
Aand vir aand kry ek vorderings verslag daar diep uit die Karoo.
Stadig maar seker sien ek die kolf kry vorm. Vandag die laaste fotos gekry.
Beyers ek wil net dankie sê vir dit wat jy die jong man geleer het. Ek hoor somme op die foon hoe hy smile as hy van sy nuwe kolf praat. Die is ervaaring wat hy vir altyd met hom kan saam vat waat hy ookal gaan.
