Waarde van .22 Anschutz geweer

Post Reply
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

Goeie dag
Kan iemand asb help.

Ek besit n .22 LR Anschuts mod 1420 wat my pa vir my in 1968 gegee het. Ek besit ook nog die oorspronklike lisensie wat destyds deur die Magistraat uitgereik is Die geweer is nog in n goeie toestand en skiet akkuraat. Groenewalt & Hics in Pretoria het baie jare gelede die groefdraad vir n knaldemper gesny. Ek het ook later n nuwe 5 skoot magasyn gekoop aangesien die oorspronklike een se "voetplaatjie" gebreek het Verder is die geweer in n oorspronklike toestand
Dankie
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Hennie Dreyer
Full Member
Full Member
Posts: 212
Joined: Sat Aug 10, 2013 8:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by Hennie Dreyer »

Ek mors dalk jou tyd met die post want ek kan jou nie antwoord op die vraag wat jy vra nie, maaaaaar....

Dis 'n baie lelike geweer en ek spesialiseer daarin om eienaars van sulke goed te verlos :angel:

Ek sal jou baie graag wil help en die outjie oorneem by jou >:+ >:D :laugh:
Hennie
.308 CZ 550 Lux
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

Dankie Hennie

Gewere is seker soos "kuns" Beauty is in the eye of the beholder Wat is jy bereid om vir so n lelike geweer te betaal?

Groete
bsaaiman
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:41 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by bsaaiman »

Hi Knipmes,

Ek het soortgelyke .22 wat ek vir R3000 aangekoop het.

Groete,

B.
Last edited by bsaaiman on Mon May 28, 2018 1:15 pm, edited 1 time in total.
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

bsaaiman : Dankie vir jou inligting Ek waardeer dit
Groete
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by Louis Kriel »

Lekkerste .22 geweer wat ek ooit besit het. Myne so 8 jaar terug verkoop vir R2500. Hy het net een swak plek en dis daai magasyn vloer plaatjie. Extractor sukkel ook as die koele vol was is.
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

Middag Louis
Ek stem saam met jou oor die "lekker" geweer Ek het self heelwat tarrentale, fisante, duikers, steenbokkies en klipspringers met die geweer geskiet Ek is nou net te oud en nie meer gesond genoeg om die geweertjie te geniet nie. Die probleem wat jy gehad het met die uittrekkers het ek opgelos deur die was met n tandestokkie en tandeborsel te verwyder

Groete
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by BeesBreet »

Ek het R4000 vir myne betaal. Ek vermoed dit was te veel.

By n kennis gekoop

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1875
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by Alwin »

'n Tweedehandse Brno gaan nou vir R4000 en meer. Die Anschutz behoort so R6000 werd te wees, miskien meer in baie goeie toestand.
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

Dankie vir die moeite met die advies oor die waarde

Die geweer is nog in n goeie toestand Ek sal dit adverteer vir R6500 met die Bushnell Scope Chief 3-9 X 40 + knaldemper ingesluit
Groete
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by BeesBreet »

knipmes wrote:Dankie vir die moeite met die advies oor die waarde

Die geweer is nog in n goeie toestand Ek sal dit adverteer vir R6500 met die Bushnell Scope Chief 3-9 X 40 + knaldemper ingesluit
Groete
Vir daai hele pakket lyk jou prys baie goed.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Waarde van .22 Anschutz geweer

Post by knipmes »

Dankie vir almal wat probeer help het

Die geweer is verkoop
Post Reply